Refleksie
My Genade! Maar ek was nogal lanklaas hier. Daar is so baie dinge wat tans deur my ou kop gaan dat ek nie eers weet of ek dit gaan regkry om alles hier op die skerm vas te lê nie. Die afgelope paar weke was lekker vir my. Seker bloot omdat daar iets is wat ek na toe werk. Maar voor ek verder hieroor tik wil ek eers van een gedagte ontslae raak, die eintlike een hoekom ek besluit het om iets te tik op my blog.
Die afgelope ruk was ek maar net weer van een ding weer sterk oortuig. Geen mens is imuun (hoop dis reg gespel) en bestand teen diefstal nie. Maark nou nie saak hoe hard 'n mens probeer nie, jy kan die beste sekeriteitsstelsels hê, die beste versekering maar dat 'n dief jou wel gaanterf is 'n gewewe. Roof het nie 'n velkleur nie nog het dit ook nie welstandsweestand nie, nee dit los geen mens op aarde nie. Net nou die dag vertel een van my beste vriende my dat een van sy kollegas beroof is sommer van baie geld, in die opelug. "Hulle moes hom dopgehou het sê hy", en ek knik my kop bevestigend. "Dit het alles so vinnig gebeur!" Weereens maak my kop 'n bevestigende teken. Later die middag skiet daar egter 'n heel ander gedagte by my op. Sommer een waarvan ek al meer-male-sonder-tal eintlik al 'n groot slagoffer was. Ek dink baie diefstalle gebeur, nie omdat 'n mens dit in die eerste plek kon verhoed het nie maar juis omdat 'n mens in 'n meer of mindere mate glad nie beheer daaroor het nie. Kom ek verduidelik wat ek bedoel. Niksvermoedens lê ek rustig die vorige Saterdag middag op my kooi, en hier kom 'n oproep...... Ek groet maar die stem aan die anderkant klink anders, verwilderd as ek die term kan gebruik... "Bertie?" Ja ek ek, "hoe verwerk 'n mens die dood van 'n vader figuur?", omgeslaan vra ek, "skuus verduidelik", "Bertie! ek het nou net gehoor my pa is dood, en ek ry oppad na my ma toe". Ek word sommer dadelik yskoud, wat sê, 'n mens aan so vraag? Watse antwoord stel 'n mens? Hoe nou gemaak. Ek geroof van 'n antwoord, en my vriend geroof van 'n Pa.
Die diefstal wat ek van praat is einlik op 'n dieper geestelike dimensie, as ek dit nou maar so kan stel (sommer net aan myself ook) dat ek beter weet wat en hoekom ek hier tik. Ek was al soveel keer die slagoffer van die Satan se roofbende-streke dat ek nie eers somtyds van die diefstalle agterkom alvorens ek nie inventaris gehou het nie. En hoe lyk my inventarislys nie gestroop nie! Die grootste skadeverlies wat ek het is dat ek toelaat dat die Satan my tyd steel, en daarmee is hy geheel en al die meester. Dit is sy tweede beste tegniek naas die leuen soos die Bybel ons leer. Hy steel tyd want as hy dit aan ons doen, dan laat hy ons toe om uit te stel, uit te stel vir môre.
En hoe stel ek nie uit nie.
Môre, Môre alles môre
lewensliefde wegbeborge!
Môre, môre sal ek gaan
vergifnis vra, dis welgedaan!
Môre, môre nog 'n keer
nog 'n terugslag, nog 'n seer!
Liewe Here gee dat môre
as in U genadeplan
nou bevestig word met woorde:
Vegifnis Here! net U kan.
*~*~*
Dit is hartseer om nou weer my eie inventarislys te aanskou, maar dankie Here dat die gedagte my in U genadepalm hou!
Dit was my kort gedagtes oor diefstal. En nou kan ek uiteindelik terug keer na nog ander dinge wat ek graag wou tik. Ek het gesê dat ek doelstellings het om voor te werk.. wel kom ek noem 'n paar:
- Ek leef en eet weer gesonder (en dit het my ook al laat beroof... hehe, die keer humoristies van liggaamsvet) Mensig! Ek sou prima gewees het as ek my kon uitloof vir my vetgehaltge!
- Ek werk weer aan my studies. Na 'n dooie punt van meer as 9 maande het ek weer begin om aan my studies aandag te gee. Ek wil nou nie ingaan op die redes hoekom dit so lank geneem het om weer aan die gang te kom nie, kom ons wwes maar net saam bly dat ek wel weer begin het. Ek sal later meer hieroor tik.
Wel.... ek dink die pos is nou uit, en ek het 'n diepe afspraak met oom Douwe Egberts. Dit is seker een van die beste inwonende vriende wat ek het. Hoop jy ondek ook die vriend (hy's nogal buitelands) maar, mensig GOEIE geselskap.
Cheers vir eers.
B

Comments
Post a Comment