Brief aan 'n vriendin.

Hello Vriendin

Ek hoop dat dit goed gaan met jou en sommer ook met julle almal. Ek sit nou hier in my ou kantoortjie vroeg op hierdie sondagmôre en wonder straks na die lewe. Ek is nie soos ek moet wees nie en voel ook nie soos ek moet nie. Ek verlang na 2004! - sjoe dit was een van my beste jare nog. ek weet dit was nie een van joune nie, maar ek het so baie bereik daardie jaar.

Dit voel of my blus uit is, en ek vasgevang sit in 'n bose kringloop van twywel, neerslagtigheid en sommer ook hande en hande vol hartseer.

Vanoggend gaan ek kerk toe, om voorsang te sing, en vir die eerste keer in 'n lang tyd, of kom ek wil amper sê vir die eerste keer wil ek nie eers gaan nie.

Hier is 'n gediggie wat ek sommer skryf: Dit omvat hoe ek tans voel

Gebed op 'n sondag

Verwornge, donker lewenspaaie
selfgekose godsverlatenheid.
Diep-gemergelde sondelaaie
seergehuilde bitterheid

Bring 'n beeld vir my na vore
geskilder met klank en hemelkore
Dat ek ook eenmaal Here weer
U koninkryk opnuut begeer

Amen
*~*~*

Nou ja, hier is ook 'n kant van my wat jy dalk nie van geweet het nie :-)

Stuur groete aan almal


Bertie
Ps: Waneer kom drink julle 'n koffetjie?

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!