Is daar 'n God? Is ons een die regte een?
Gisteraand, het ek 'n goeie gesprek op Nimbuzz gehad. (En vir die wat nie weet nie Nimbuzz is 'n kletsprogram vir jou selfoon) Ek en een van my geselsvriende het op die vraag gekom: Is ons God die regte een? Hoe weet ons die Moslems is die dalk reg nie? My antwoord aan hom was die een wat ek gewoonlik gee, nl. Ek het al gesien hoe iemand 'n demoon uitdryf in die naam van ons Here Jesus Christus. Ek het nog nooit gesien dat enige ander geloof dit doen nie. Sy tweede vraag aan my was: Hoe weet ons regtig ons is reg? Hier moes ek dink en my antwoord toe was, Ons het die Heilige Gees wat ons oortuig, geen ander godsdiens kan ooit seker wees nie, en daarom weet ons as kinders van die Here waar ons hoop en verwagting is. *~*~* Soos wat somige van julle seker kon agterkom uit my vorige "bepostings" sukkel ek op geestelike terein, en voel ek dat Paulus se woorde van: "Die goeie wat hy wil doen maar nie doen nie" al hoe meer waar raak in my lewe ook. Dit is '...