Hulde aan 'n ikoon, leermeesteres en vriendin.


Die tyd het aangebreek en dit is nou so, finaal het jy die deur toegemaak en 'n tree op na 'n gevorderde trap geklim. Die as woord hieronder is nou werklikheid.

As jy die dag nie meer saam met ons werk nie, gaan ons jou vreeslik mis!

Ons gaan jou kwinkslae mis, 'n flymskerp humorsin wat net 'n geselekteerde groeppie van die mensdom het.

Ons gaan jou lag mis. Die lag wat net jy kan lag, sodat jy jou bril moet afhaal en die trane afvee.

Ons gaan jou insig mis. Jou biblioteeklaaie vol lewenswysheid.

Ons gaan jou hande mis. Die wat maar altyd te gewillig is om uit te reik, en goeie instrumente in die Here se hand te wees.

Ons gaan jou voete mis. Die voete wat nie omgee op 'n pad saam met iemand te loop nie, en saam voor kruispaaie te staan nie.

Ons gaan jou stem mis. Die stem wat vreugde, blydskap en deernis verkonding in sang, in raad en in onderrig.

Ons gaan jou oe mis. Die oe wat atyd die goeie eerste raaksien, en die mens agter die mens, die skepsel deur die Skepper.

En laastens gaan ons jou hart mis, die hart wat nie jou eie is nie, en jy op huurpag by Christus het.

Ons gaan jou siel eendag nie mis nie, want ons weet hy is net daar.... net daar anderkant.


Jou medegelowige Timoteus vriend.
Bertie

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!