Askuus.


Gister was ek verkeerd. Ek wil dit uit die staanspoor se! Nadat ek gister (Indien jy nie verstaan waaroor hierdie pos gaan nie gaan kyk dan na die vorige pos) se pos opgelaai het, het ek wel na ons kerk toe gegaan. En die boodskap en die diens was net vir my, net vir my hart en vir soveel ander. Die prediker was Prof. Dirk van der Merwe, en hy het oor Ps 42 gepreek.

Ek moet jammer se, en dankbaar wees. Gaan lees gerus Ps 42. Een van die kernverse vir my in Ps 42 is: 6,7a : Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom 'n loflied sing. Hy is my helper en my God!

Here dankie dat ek gister kon leer dat die verkondiging van U woord, die ingrype en inwerking van U Gees het. Dankie vir die boodskap, en dankie vir die les. Laat die gemeente aanhou bid vir die ware verkondiging van u Woord.

Amen.



Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!