Skuins voor Kerktyd


Soos die meeste van julle seker uit die Titel van hierdie, gemoedsb-euitening van my kan sien is dit nou Sondag oggend. (Die tyd, en datum gee dit ook weg)

Vanoggend is ek nie lus om kerk toe te gaan nie. Seker omdat ek weet wie preek. (My ouma wat 'n groot rol in my Christelike opvoeding gespeel het, sou gese het: "As jy fout het met die prediker, dan is daar 'n gat in jou emmer") Daar steek baie waarheid in hierdie woorde van haar.
Ek het hierdie week, 'n preek van Dr John MacArthur van die Grace Community Church in Amerika afgelaai in 4 dele van YouTube af. Ek sien met afwagtig uit om die preekdele om te skakel na MPEG en dan te verander om op my DVD speler. Ek het werklik respek vir die prediker, asook sy denk en sieningswyse rondom die verkondiging, en die uitleef van die evangelie in vandag se tyd.

Die week is een as ek terugkyk, wat baie verskillende dinge opgelewer het dit was ook een waarin my gedagtes baie rondgedwaal het. Om te begin kan 'n mens seker se dat die week een was waar ek verder aan my studies gewerk het. En om eerlik te wees voel dit asof ek wel die mylpaal gaan bereik aangesien ek reg uit die wegspringblokke weggespring het. Ek sien verder ook kans om die studie voort te sit aangesien daar soveel lig hierdie week by my opgekom het tydens die deurwerk van artikels, en navorsing op die Internet. As jy hierdie blog van my lees, vra ek mooi dat jy vir my sal bid, dat die Here my die ywer sal gee om aan te gaan. [Hier het nou mense by my opgedaag, dit is Sondag Oggend 07:55am]

Maandag Aand 18:12pm

Ek het nie gister oggend se tikwerk voorgesit nie, en gaan dit nou doen. Vandag was 'n dag van gemengde gevoelens. Die dreigende staking by die werk, werk negatief teen en in my moreel, en gemoed in. (En ek dink nie ek is die enigste persoon wat so voel nie)

Hoe kan 'n mens opspring en teenspring, en weerstand bied teen dom-astrantheid? (Ek weet nie) So kom ons laat dit met smeking voor die Here oor.

Om terug te kom na Dr John MacArthur, en sy prediking (soos ek gister wou vermeld is iets wat ek dink) daadwerlik al hoe meer dringend nodig is in Suid Afrika. Alhoewel daar alreeds sekere gemeentes gestig is onder sy vaandel, het ek een probleem met die dienste (waarvan ek een bygewoon het. Dit het niks met die teologie in die dienste te make nie, maar meer m.b.t die formaat. Ek sal later meer daaroor se) dit beteken nie, dat ek dit nie oorweeg om na een van die gemeentes in SA oor te beweeg nie.

Gaan lees gerus meer oor hom by:
http://www.gty.org/
en
http://en.wikipedia.org/wiki/John_F._MacArthur

Ek sal meer inligting oor die preek van YouTube af gee as ek dit klaar gekyk het.

More, as die Here my spaar

More beplan ek om 'n afspraak met 'n swaartekrag-druk-op-die-aarde-gewigsmetings-aparaat (ook bekend as 'n skaal), na te kom! Ek het die afgelope twee weke my bes gepoog om gesonder te eet. En ek hoop dat my poging sal begin om vrug (of is dit nou gewig) af te werp. :-)

!!!!! Ek kry nie die videos na die DVD toe oorgeskakel nie !!!!

Dit is nou [Woensdag 15:41] en ek tik nogsteeds voort.

Ek het die afspraak met die skaal nagekom en het meer as 3% van my vorige ligaamsmassa verloor. Ek werk ywerig die week voort.

Ek sukkel werklik om die preke omgeskakel te kry, en gaan hulp en raad inwin i.v.m die saak.

Ek gaan hierdie nou "post", en sal later weer die "Blog" bywerk.

Cheers vir Eers, en Chow vir Now!

B











Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!