Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!












So is dit dan nou ook! Male sonder tal is ek al gevra om my eie (en dit is werklik my eie) kreatiewe kosskepping se resep te deel. En hier is dit dan, met prentjies en al. Alvorens ek die resep gee moet ek eers die gekiedenis van hierdie ou beskeie, rolletjie gee.
Ek is woon gereeld 'n lewensverryking seminaar by, (as klankhulp, groepleier, en fotograaf). Hierdie seminare word meestemal aangebied te Midway Inn (Hotel) by Middelburg. Nou as jy nog nooit 'n seminaar bygewoon het nie, het jy werklik 'n agterstand in die lewe!!! Glo my.
Gaan besoek gerus Lewensverryking Seminare se Webtuise by: http://www.lewensverryking.co.za/

Dit is werklik iets om by te woon. Jy stap deur die Genade as 'n ander mens daaruit!

Terug by die storie, die Hotel waar die seminare aangebied word is befaam, vir hulle uitnemende kookvernuf, (soos ouma dit gemaak het!) daar is glad nie 'n ligte hand as dit kom by Botter, Room, en spek ens. as bestandele nie. 'n Mens eet jou behoorlik in 'n ander bloed en bloedvetgroep in, danksy Tannie Lenie en haar span. Ek beveel die Hotel ten volle aan.

Een van tannie Lenie se gunstelinge is 'n Pampoenrol, met 'n "Lemoen tipe" sous, wat nog elke keer 'n wenner is. Na een van my vele inskepsessies, vra ek myself af: "Hoe sal ouma Stienie se Patatas nie met so 'n deegie smaak nie?" En daar is die resep gebore. My ouma het Patatas altyd so toffietameletjieagtig gekook, 'n wenner vir elke kind wat nooit Patas geeet het nie.

Ek besluit toe een Sondag om my breinkind 'n probeerslag te gee, en die resultaat ...... My suster sit laat namiddag met die bak op haar skoot en eet dit 'oorskiet' met 'n lepeltjie, krap krap op!

WENNER! Ek het die resep al 'n paar keer, 'n paar keer te veel gemaak en dit is 95% van die Kere 'n wenner. En soos wat meeste van my resepte is, is daar nie presiese tye, en mates nie. Hoekom vra ek? 'n Presiese resep wat jy maak is nie jou eie nie, 'n mens moet so ietsie van jouself bysit by elke respep, elke probeerslag! Dit maak nie net die dis uniek nie, maar ook jou eie! En as jy hom die volgende keer nie weer presies so maak nie.... SO WHAT?

Hier kom die resep dus:

Bestandele
  • +/- 125g Botter
  • 500g Geel / Karamel Suiker
  • +/- 1 Kg Patatas
  • 1 Pakkie gemmerkoekies
  • +/- 125ml Room
  • 1 Today Blaardeegrol
  • 3 t Vanielje Geursel (Opsioneel)
  • 1 t Suurlemoensap (Opsioneel)
Metode

Kook die Patatas sag, en druk verder sag.
Maak die Koekies pap in 'n bak met kookwater en meng by die patatas.

Gooi die vanielje geursel, en suurlemoensap saam met die beslag.
Rol die blaardeegrol oop.

Smeer die beslag oor die deegrol.
Sny die helfte van die botter in stukkies in sit ewekansig op die beslag.
Strooi die Helfte van die Suiker oor.

Rol die deeg in 'n rol, en sit in 'n voorafgesmeerde bak.
Sit die res van die botter in die bak en strooi die res van die suiker rondom.
Gooi die room oor die rol.

Bak in 'n voorafverhitte oond totdat die suiker gekarameliseer het. (Toffie gevorm het)
Geniet, Smul en STOEL!
Tot later.

Bertie









Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Sondag Oggend.... Alweer