Goor, eksta goor.


Die skeisaak, loop nie goed af nie! Die gryle gryse goor weer, belemer 'n mens se toekomsuitsig en verhinder jou om die son te sien. Alhoewel jy weet die, son IS daar.

Ek het hierdie afgelope week, dinge ervaar en gevoel wat ek nie geweet het binne in 'n mens sit nie, en om eerlik te wees wil ek dit nie sommer gou weer ervaar nie. Here, asseblief nie gou weer nie! Ek smeek U asb nie gou weer nie!

Gee Here dat insig, kennis, en liefde in hierdie uur hoogty sal vier. Hierdie uur Here, hierdie uur. Die omstandighede by die werk is soos kanker, 'n mens voel almeer dat alhoewel jy wil veg, jy die stryd tog gaan verloor. Nee ag! en dit het niks te make met unie besluite of unie resolusies nie, maar meer een van heerskappy. Die verkeerde heerser heers die hart, en verstand van die meerdere, so voel dit vir my Here. Die verkeerde een. Help Here, gryp in. Help asb. Ek vra dit want my Hulp kom van die Here wat die hemele en die aarde gemaak het.

My studies.
Die week was maar 'n stil week in die studiefront, ek het darem die eerste twee hoofstukke se hele deurgang klaar beplan en is goed aan die vorder met hoofstuk twee. My promotor, is ook gelukkig met my vordering. Ek het baie nuwe bronne gekry, wat baie sal bydrae by die eerste twee hoofstukke. So in daardie aspek voel ek goed! Ek bid dat die onweerswolke sal ooptrek en dat ek opnuut motivering en inspirasie tap. Ek wil en ek gaan 'n sukses van dit maak. Tot eer van die Here, die gewer en skepper van alles! Kennis insluitend!

My swaar saak.
In hierdie aspek gaan dit ook nie sleg nie, as ek eerlikwaar kan terugraporteer. Ek probeer my bes om alle swaar vette uit my dieet te sny. Ek oefen by die gym, en probeer om die regte kos te eet. Dit is net vir my erg as mense nie verstaan nie. Mense begryp nie almal watse stryd dit is om nee te se vir iets lekker nie. My broer se potjiekos, is iets wat kampioenskappe sal wen. Die kampioenskap vir die lekkerste potjie asook die een wat die hoogste produkprysgebruik by Dairy-Belle of Clover sal kry vir die mildelike gebruik van room en allerhande sulke onskuldige bestandele. (HaHa).

Ek weeg weer volgende week en sal dan weer terugvoer gee.

Dit is swaar om dom te wees, en dom om swaar te wees. Ai tog! Die vet weet!

Teologies, geestelik.
Die Here is groot en goed, aan Sy onbegryplinge liefde is daar geen einde nie!

1 Pet 3: 15-16 In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God. Sorg dat julle gewete skoon bly, sodat dié wat julle oor julle goeie lewenswandel in Christus belaster, daaroor skaam kan kry dat hulle kwaad van julle gepraat het.

Ek is amper klaar met die preekboek van J Edwards, en sal dan meer inligtig gee. Ek weet ek is nou al lank besig, maar ek bestudeer die boek (Eintlik die preek in die boek) deeglik.

Ek het 'n DVD gekyk oor hoe die Hubble Teleskoop dinge optel in die hemelruim wat die Big Bang Toerie teenstaan. Gaan kyk by: http://store.nwcreation.net/hububigbaint.html
Die DVD is 'n bietjie tegnies, maar tog het ek dit verstaan.

Ek beplan om later my eie geloofsbelydenis te skryf aan die hand van die twaalf artikels en dan hier op my klein stukkie kuberruimte te plaas.

Een van my beste boesemvriende het vir my 'n boek geleen van Ds Solly Ozrovech geleen, ('n Seisoen van Genade) Ek het 'n paar stukkies uit die boek al verslint, en is God baie dankbaar dat hy Ds Solly as so 'n kragtige literere mens laat onwikkel het, met 'n noemenswaardige skryfkuns van uitnemendheid. Ek sal later ook meer oor die boek skryf.

Ek kon nog nie die videos van Dr John MacArthur klaar kyk nie, ek wil graag dit op die TV kyk en nie op die laptop nie. Soek nog die regte program vir die omskakeling.

Om oor dankbaar te wees.
Ek het werklik baie baie dinge om oor dankbaar te wees, en het besluit om hierdie plakruimgedagte af te sluit met 'n paar waarvoor ek dankbaar is.

Ek is dankbaar vir 'n Pa wat alhoewel ons in baie opsigte verskil, tog lief is vir my en ek vir hom. Ek is ook dankbaar vir die mens verhouding wat daar tussen my en sy vrou (Tannie Helen) onstaan en ontwikkel het. My deernis en liefde vir haar groei steeds.

Ek is dankbaar vir vriende, en vriendinne. Mense wat die Here ken en op wie se gebede ek altyd kan reken. Mense wat kilometers ver sal ry net om te se: "Pel ek is daar vir jou!"

Ek is dankbaar dat die Here aan my die genade bewys het om elke dag met 'n helder verstand op te staan, en nie enige ligaamlike gebreke te he nie.

Ek is dankbaar dat daar mense is wat nog 'n bemoeienis maak met God en Sy Woord, waarby ek baie leer.

Ek het soveel om voor dankbaar te wees. Tel jou seeninge tel hul een vir een..... en jy sal verbaas wees oor wat God verleen.

En kyk!....... Die wolke breek reeds oop.








Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!