Geniet jy jou kos Meneer, geniet dit maar!!!



As 'n mens tog net party dae, iets soos 'n 'rewind' knoppie gehad het, sjoe watse wereld sou 'n mens nie dan in geleef het nie. Dink net.....
Vandag was een van die minder lekker dae in my lewe, die eerste vergadering by die werk was kata-nausi-isties (katastrofies en iets om van naar te word, hehe my eie woord). Die blote gedagte dat baie van die probleme waarmee ons tans sit soveel anders kon gewees het, wil 'n mens dryf na drank... Dit is nou as daar drank oor is in jou kabinet. Myne het nie.

Nee dit is nie ondankbaarheid nie, maar eerder 'n sameloop van baie terleurstellende gebeurtenisse. Maar nou ja, dit is iets wat totaal uit die meeste van onse hande is, en wat net ingrype van Bo kan verander.

Ek het vandag iets in my verstand gedoen wat ek nie gedink het ek ooit in my lewe sal doen nie. As iemand dit vir my 3 jaar terug gese het sou ek, my humeur vir die persoon en seker vir myself verloor het. Ek het in my verstand, met my werk geskei: Nee ek werk nog daar, en die werk kan verseker wees van harde werk, en pligsywer, maar my hart is nie meer daar nie.

My hart is tans opsoek na 'n nuwe tuiste, (eintlik 'n tuiste waar hy lankal moes wees!) Die lekkerste gedagte is dat ek weet dat terwyl ek nog leef my hart altyd welkom is by sy nuwe blyplek, en dit is aan die voetbank van my Here. By Lewensverryking seminare word daar 'n vergelyking getrek tussen die mens en sy lewens-sirkels, my sirkel was verbuig na my werk, en nie altyd na die regte dinge nie.

Dit is snaaks vir my: Deesdae en veral oor die laaste paar maande dink ek BAIE anders oor die lewe, ek het selfs al gedink aan my eie dood. Ja. Ek het myself die vraag afgevra: As ek nou moet sterf watter rede sal ek kan aanvoer om toegang tot die Hemel te verkry? Ek weet dat ek 'n kind van God is, omdat ek Jesus Christus, as my persoonlike verlosser aangeneem het, maar se-nou maar dat ons ook geoordeel gaan word, al is ons kinders van God, nee nie veroordeel gaan word na die Hel nie, maar veroordeel gaan word na, watter tipe lewe ons gelei het hier op aarde. Ek dink konstant aan die gelykenis van die Eienaar wat talente aan sy werkers agtergelaat het om mee te woeker, en die ou Haleluja lied "Moet ek gaan met lee, hande" suis ook gereeld in my gedagtes. Wat het ek doen tydens my genadetyd hier op aarde?

Op hierdie oomblik kom die teksvers wat ongeveer as volg lui: "Daar is dus geen veroordeling, vir die wat In Christus Jesus is nie" ook by my op, en dadelik terwyl ek hierdie woorde tik moet ek myself afvra, hoe baie keer wil ek regtig IN Christus Jesus wees, en hoe baie keer lewe ek asof ek in sy skaduwee wil loop? Skuus Here as ek baie keer afdwaal, en in my eie rigting inslaan, hetsy by die werk of in ander tereine van my selfsugtige lewe.

Die vraag wat seker ook nou op meeste van julle se gedagtes hang is, hoe pas die Titel van hierdie, gedagtebeplakkingsruimte nou in by wat ek tot nou toe getik het en wat jy nou lees? Wel die antwoord is eenvoudig ek het nognie by die titel se inhoud uitgekom nie, so laat ek dadelik begin:

Verlede Saterdag het Pieter (my vriend) sy 40ste verjaarsdagpartytjie gevier by die huis van sy ouers. Ek het vrywillig 'n patatrol of twee drie vir die partytjie belowe. Nadat ek die meeste van die bestandele (behalwe die patatas self) by 'n nabygelee Supermark bekom het, moes ek noodgedwonge 'n ander pad neem om by een van die groenteverkopers hier in my kontrei, patatas te koop. Die voordeel hieraan is dat dit reeds geskil is, en mooi skoon verpak word.

Terwyl ek nog opweg is na die verkoper, moes ek by meer as een verkeerslig stop. By een van die verkeersligte was daar 'n Blanke man (ek skat hom so tussen 40-50) wat besig was om te staan en bedel met 'n bord waarop sy hele lewensverhaal met 'n swart inkpen aangeteken was. Tesame met die letters op die bord was daar ook 'n samevoeging van karakters wat veronderstel was om te verduidelik hoekom hy eninge donasie sal waardeer. Ek het nie kans gekry om die hele vervolgverhaal te lees nie, maar toe ek by die verkeerslig stilhou kom die man met mening nadergestap. (Niks fout met die motoriese gedeelte van sy liggaam nie). Hy kyk toe vir my, en met die eerste oogkontak wat ons maak, besluit hy daar en dan: Nee die man gaan my nie help of iets gee nie, en uiter die volgende woorde konstant, hard en duidelik sodat van die ander motoriste dit ook kan hoor: "Nee Meneer, geniet jy maar jou kos meneer, geniet dit maar", hy herhaal sy woorde 'n keer of twee.

Ek is uit die veld geslaan, en die lig word groen vir my. My gedagtes op daardie oomblik was een van volslae verwondering, en misnoe, om te dink dat selfs bedelaars nou al taktiek gebruik om jou te laat sleg voel. Ek was sommer kwaad, genade hoe druf hy!

Oppad na die groenteverkoper, word ek rustiger. Daar aangekom, help en groet Lettie my vriendelik. "Goeie middag Meneer, hoe help ek jou vandag? Lanklaas gesien"
Lettie onthou my, ek koop gereeld geskilde groente by haar.
"Kan ek vyf pakkies patatas kry asseblief?"
Daar is net twee op die tafel.
"As meneer net so bietjie wag dan maak ons gou nog drie"
Ek glimlag!
Lettie en haar span spring weg, en begin om ywerig patatas te skil, en te sny.
"Hoe lank is jy al hier Lettie?" vra ek.
"Hoe meen meneer nou?", vra sy?
"Hoe lank verkoop jy al groente en vrugte hier?", vra ek weer.
"Sjoe meneer...." Sy kyk na een van die mense saam met haar en praat iets met hom in haar moeder taal. Die persoon beaam iets.
"Seker nou dertig jaar meneer, net op hierdie selfde plek". Sy glimlag.
Dit is nie 'n gewone een nie, maar een wat tog 'n mate van trots uitstraal, een wat jy kry as jy weet dat jy nodig is, en 'n daadwerklike eerlike lewensbestaan voer. Sonder om bakand te staan met 'n bord om jou nek.

Ek glimlag.

Sy glimlag terug.

Die pakkies is opgemaak. Hoeveel skuld ek jou vra ek?

Dit is R6.00 meneer vir 'n pakkie. My kop maak somme.
(Ek skuld haar dertig rand) Ek haal 'n twintigrand nood uit saam met 'n tienrand en 'n vyfrand stuk.

"Hou die kleingeld Lettie"

Sy slaan haar bejaarde hande saggies saam, om haar dankbaarheid te betoon.

Pretoria-Noord weet van Lettie, van die motors hou sommer op 'n streep agter myne stil. Die Noord ken haar al vir dertig jaar. Drie dekades, drie dekades se skil, verkoop en vervoer. Met 'n glimlag en met deernis.

Ek gaan my patatarol maak en hom geniet Meneer, glo my ek gaan!

B

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!