Melkskommel gedagtes!


Dink Dink Dink:

Tweede Subtitel: Bertie stof sy gedagtes af.


Vandag is een van daardie dae wat ek net nie aan die gang kon kom nie. En die rede, weet ek self nie.


Daar is vreeslik baie dinge wat deur my gedagtes kolk, dinge wat maal en wemel; En die ergste is, ek weet nie hoe om dit alles te hanteer nie. Watse goed maal en wemel? Wil jmy dalk weet? Wel laat ek so 'n paar punte noem:


1: Ek wil regtig werk aan my gewig en aan my fiksheid. Sover was ek gister en vandag gym toe, en die skaal was nie gunstig teenoor my nie. So toe besluit ek: Ek gaan myself verbind om, 14.7% van my liggaamsmassa te verloor. En ek sit my beste voet voor. Ek het besluit dat ek weekliks sal verbind om my vordering op hierdie blog te sit, en dus myself so te motiveer. So volgende week teen hierdie tyd behoort daar al nuwe inligtig te wees.


2: Ek het 'n paar boeke gekoop wat ek regtig wil lees, maar dit is asof iets my verhinder om dit regtig met ywer te doen, ek weet nie wat my verhinder nie, maar die lus voel of dit my heeltemal ontgaan het. Dit is hoofsaaklik Christelike boeke, wat ek self gekies het. Om my te motiveer het ek ook vir myself belower om volgende week op hierdie denktuise van my verslag te doen oor hoe ver ek vorder, en wat ek gevorder of tot dusver geleer het.


3: My studies, dit is darem die een aspek waar ek volkome positief is, ek wil en ek gaan en ek sal my beste voet voorsit. Hierdie week wil ek Hoofstuk 1 voltooi, tot op sy voorfinale fase. Dit is my doelstelling en ek sal dit doen. As die Here my spaar.


Dit is van die Dinge wat deur my kop maal. Verder is daar ook nog goed soos: My verhouding met die Verlosser, erens het iets, van my kant af skipbreuk gelei, en ek Bid werklik dat die Here, deur Sy gees aan my vernuwende ywer sal skep. Ek glo en vertrou so. En ek voel tans reeds beter, net omdat ek dit hardop vir myself gese het.


Ek weet dat hierdie 'posting' ek moet nog die woordeboek nader vir 'n mooi vertaling van die woord, nie die beste leestof is nie, maar noem dit sommer 'n bevestiging en 'n afstof van my gedagtes.


Maar nou ja, as die Here wil, trek ek more nog asem, en dan voel ek deur die Genade Beter, en dalk skryf ek dan daaroor.


Tot Later.


Bertie






Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!