Posts

Oorweldig

Here, dit is te oorweldigend vir my. Dit is Here. Dit is te erg Eks te moeg. 11 jaar Here, vir wat? Dit het geen koninkrykswaarde nie niks absoluut niks En Here; ekke weet nie links of regs, vorentoe of agtertoe nie. Op of af? Dalk Here af, af, af op my kniee, want dit is waar ek nou is. Hier erken ek U en U alleen Gee U tog insig en wysheid My Here waarheen? hoegemaak? Maak dit enigsins saak. Behalwe die saak van u koninkryk?

Verlede pere

Daars gebakte pere in my hart gebrandes in my kop as in my siel gemoedelik 'n flop Eersbestaande leefmilieu gekring geklaar gekletter "Hopschotts" van die lewe Sonde by die letter Letters in gedagtes Letters in woorde Letters in data en letters in 'letters' En nou letters van gister woorde van hartseer sinne van spyt Daars gebakte pere in my hart gebrandes in my kop as in my siel Gees kom krap dit uit Asseblief asseblief Sela Amen

Sondag

Dalk my laaste Sondag Dalk my laaste uur Dalk my eerste ewigheid die horlosie teen die muur Dalk my laaste neemkans Genade net van bo Dalk my eerste beurt Heer om opnuut in U te glo Red tog liewe Vader Strek U arm van Bo!

Red volkome

Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie. (Luk 23:34) Vader hulle is ek, en hulle is jy En jy -  jy is nie meer in hierdie tydsbedeling nie maar, tog is jy Vader ek was ook van die hulle Deel van die hulle  geleef in deurkolkte verdraaings; sonder om retig te weet wat ek doen vasgevang in die begeerlikhede die sinne van die vlees. En jy; dalk jy ook Nee: ek weet jy ook. Jy in jou milue,  draaikring van die donker, satanssluier brulleeumaalkolk, gedagtedoelenlatewêreld en ek in myne Maar tog! Tog was God - en is God ryk en vol van genade lief vir my en lief vir jou Sy skepsels, meesterlik gevorm En êrens, iewers waar daar lig is Soveel liefdeslig, met Engeleklank Tromppetbasuin en goue strate - Klank en klink die Christus steeds! Die klank van intersessie; O hoe Soet! In die Hemeltroonkamer,  brandende gebedebak waar Hy die Lam steeds intree. Steeds pleit en ken: die versugtinge en bedoelings, gedagtes, doen en late van ons har

Vir Frans-Albert

Pappa se krulkopseuntjie Waar kry ek die woorde Hoe soek ek die akkoorde,  om te sê, vir jou te sê hoe lief ek jou het. En pappa se groenbruinoog met mooi tandjielaggies en handjies so saggies as ons lê wil pappa sê hoe lief hy jou het. Want jy bring vreugde in my dag met jou seuntjiekleuterlag En jou armpies  om drukkies te gee. Want dit is  wat Jesus ons leer. Pappa se hartgeskenk hoe maak pa, dit nodig in liefde so gelowig om te doen ja te sê hoe lief ons jou het. Want jy bring vreugde in ons dag met jou harteliefdesprag En jou hartjie om Jesus sin te maak. O, Here  verhoor tog ons saak. En Abba in die Hemel U is onse Vader deur Jesus, u te nader om te vra ja te vra verhoor my gebed Want hy bring vreugde in ons dag met sy harteliefdesprag En sy hartjie om Jesus sin te maak. O, Here  verhoor tog ons saak. O, Here verhoor tog ons saak. [** Lied aangepas na eerste probeerslag]

'n Liefdesblom in my lewe

Image
My vrou is my blom. My liefde in rooi. Getooi, getemper en altyd mooi. Mooi van hart en mooi van natuur, met 'n sagte oor in my wroegingsuur My vrou is my gawe my geskenk van bo. My vrou is my bolla en dis nou maar so! Dankie Here God vir hierdie sielsvenoot. U genade en guns was vir my groot!

Jammer, jammer. Ek is jammer.

Ek wil voor jou kom staan My borskas oopskeur my hart uitpluk en uitpak voor jou genade Ek wil kom staan en die drek uitdruk opgegaar in die verlede en 'n boetedoening smeek Ek is jammer innig jammer. Die satan het sy aas gehou ek het geeet. En nou's ek siek Siek oor die verlede Ek was oopegevlek het losgebreek. By God omvergifnis gesmeek en genade ontvang. Ekke is jammer innig jammer. Ek soek steeds rus 'n gedagterus Maar meestal rus vir my siel. 'Rus my siel' 'Jou God is Koning' 'Orals' 'voer Hy heerskappy' Laat die woorde waar word ook in my Amen