Posts

Showing posts from December, 2011

Ek dink ouma sou oorstelp wees.....

Sy het gaan sit op die groot bruin uitskopstoel en haar hande oor haar seer kniee gevryf. En soos male sonder tal, en elk oggend aand tevore  haar hart, gees en wese na die hemel  na haar God in gebed gerig. Die gebed was vir almal almal wat vêr was almal wat naby was en almal wat om haar was. Ook haar familie en haar kinders en haar kleinkinders. Dit was vir my altyd iets besonders, om Ouma so te sien bid.  Statig, met gewone woorde en diep eerbied dieper nou as ek daaroor terugdink. Geen saak was ooit te simpel of klein daarvoor nie. Oupa was klaar huis toe Ouma was alleen, en my oom Johan was tale keer in smeekgebed aan God gewy. En eenkeer op 'n dag  êrens in die onlangse verlede het God haar gebed verhoor. Oom Johan is die week huis toe. En as ouma nog geleef het dink ek sy sou oorstelp van blydskap gewees het. En ouma sou in haar gebed die week God geloof en prys het en aangehou bid het vir die ander.    ~*~*~ ...

Dit is hartseer maar waar...

Ek het vandag tot een besef gekom. Daar is werklik dinge in die lewe, al probeer 'n mens ook hoe hard, wat jy nooit weer verander gaan kry nie. Selfs al was die verlede hoe, edel en hoe mooi met die beste intensies. Wat gedraai is is gedraai, en soos dit is sal dit bly. Vir my lê die hartseer egter, dat ek self ook ingeweef is in hierdie realiteit. Die vraag kom egter.. watse opsies laat dit my. Sit en bly en skop teen die skimmels, van verdraaide opvattings, buite konteks en buite verstek. Die skop maak in ieder geval net jou eie voete seer, en die energie gaan verlore. Energie wat vir iets soveel beters aangewend kon word. Dit help nie! Dit help nie om te probeer skop nie. Dit maak net seer. Wat nog seer maak is die wete, dat 'n mens tog saam met jouself moet leef oor elke besluit wat jy maak, Is dit dan nou om te bly, of is dit om te gaan. Die Bybel sê: Maak die beste gebruik van elke geleentheid, tog dink ek mistas ons die vers. Dalk moet dit wees: Maak die beste ...