Ek is jammer! Regtig jammer. My woorde was ongepoets, my gedagtes ongekunsteld, en my spraak gewortel in myself my eie ek. My woorde was nie opbouend nie, het nie liefde verkondig nie het nie hoop in gehad nie en was verkeerd. My gedagtegang was gewronge, gedwonge om te doen wat ek nie wou doen nie, en nie wou sê nie Maar na die uiting was dit te laat.' En nou is ek spyt, regtig spyt, in nabetragting, in wakker lê op my bed. Jammer ek het jou seergemaak. Ek is jammer, Regtig jammer. Elke goeie gawe wat die Here die mens gee gee hy om Sy wil te doen, en niks meer. Of dit nou is in watter daad ook al. Christus, Jesus was vir kinders van waar ookal, van wie ookal. In elke volk en taal. 'Laat die kindertjies na my toe kom en moet hul nie verhinder nie.' Jammer vir my woorde! My siel betreur die steeds. Vergewe Here. Ek is regrig jammer. *~*~* ( Via de Hogeschool voor Toegepaste Filosofie)