Dinge dietjies en datjies ensovoorts.. oor iemand na aan my.
Ag hoe omskryf mens dit wat diep in 'n mens wremel? Dinge en gedagtes, bekommernisse? Liefde en besorgdheid oor 'n mens se eie broer, as hartseer en pyn so deel is van dit wat is, en dit wat mens nie wil hë moet wees nie? Sal ek soos Calvyn, of Luther (kannie onthou wie dit was nie) se moeder bid, aanhoudend deurgangs, voordurig en aanhou met glo? Sal ek aanhou bid dat die ystergordyn van haat, hartseer, en pyn, ook by hom wegval? Ek dink ek weet, maar ek weet ook nie. Wat in sy kop aangaan en wat daar tuis is nie. Ek is lief vir hom en hy gee om. Hoe kan 'n mens askuus sê as askuus sê, nie deel was van jou eie lewe nie? Hoe kan mens? Kan trots ooit gebreek word? Sal ek in smeking na die Here gaan, en Bachus se hand veroordeel? En liefde pleit? En aandring sonder reg daarop..... op genade..... Here dit is al wat ons kan doen. Dit is al wat vir ons oor is. Sëen die man, wat eers 'n kind was en erg self deur hartseer is, verwerping ongevraagd. G