Posts

Showing posts from July, 2011

Gebed, sommer so kop na bo

Ons bid vir genade
Ons bid vir rëen,
ons rig ons gebede
en vra vir sëen

Na wie en na watter
element in die lug
'n beeld op 'n tafel
of 'n boekgeskrewe klug?

Ons hou vas aan genade
en glo in vergifnis
wat ons daeraad en lewe
se hoeksteen pilaar is

Vandag liewe Here!
Draai u oor na my
U wat die lewe gemaak het
staan my by

In hierdie donkere duisternis
van siekte, hartseer en bekommernis
vra ek dat die GROOT EK IS
met my sal wees, en bly

Here gedenk tog aan u kind
wat in donkerte u hand wil vind
om deur die nuwe donker dae
by u te wees in die lewensslae

Asb...

Gebed vir Radiokansel - 657 AM

Image
Die Here werk op besonderse maniere
deur die eeue, deur die ure.
Om daar waar ons tans in die tyds gebondenheid
oppad is na die ewigheid!

Die Here het vandag weer so gewerk
Deur 'n aardse dienskneg van Sy kerk
Om die blye boodskap deur die etergolwe
te bring aan die skape tussen wolwe!

O Here sëen U draadlooskansel,
in ons land Suid Afrika
om die liefde, genade, en vryspraakboodskap
aan almal uit te dra!

http://www.radiokansel.co.za