Die logika daarvan
Na aanleiding van: Dáár is nie hoop nie! – Ek wil SKREEU! Ek is moeg geveg! En intussen is die bevooregtes bevoordeel, en die wyses weg! ‘n Vergroeisel in die Akademie, verdoem die logika weg! En die regtes is die slegtes, en die slegtes is tog so wys, want al wat die regtes makeer is….. hulle gee om. [Bertie Buitendag - Facebook, post 2011/10/25 om 7:40] Ek skink vir my 'n kopie Java met my komponent geboude koffiemasjien 'n proses en 'n lekkerte wat my oog nie sien Ek druk en draai 'n knoppie, om my eindproduk te kry en twee strale lekkerte word gemaak vir my Die koffie word vervaardig in 'n logikaprose s in voorbepaalde algoritmes objek boodskap op opbjek gebeurtenis En ek leer die proses, deur die sien daarvan met interaksie van masjien en man En ek, ek is die slegte een, omdat ek koffie met 'n masjien maak!