Hieronder volg die lang beloofde opvolg van my Blog aangaande my toer oorsee. Ek kon dit nie oor my hart kry om in Amsterdam 10 Euro per dag en in Parys 15 Euro per dag te betaal vir toegang tot die internet nie. Ek het twee eposse gestuur in hierdie tyd van 'n epos stasie af, en gaan dit hier pos, dit gee gedeeltes van my gedagtes weer. * ~ * ~ * Hello Hetsie. Dit is vandag Saterdag aand, en dit is snikheet koud hier in Parys. Dit is 'n pragtige stad maar die vet weet, ek bibber van die koue. Dit was vandag -3 tot -1. Ek het nie geweet of ek kom en of ek gaan nie, en om alles te kroon het ek 'n bloutjie geloop met ons laaste Hotel waar ek vir ons bespreek het. Ons sukkel regtig ook met die taal. Daar is nie eers een TV kanaal waar daar Engels is nie. Dit is vreeslik vir my! Ek het vroer al vir jou 'n epos getik met die oog om dit later vir jou te stuur maar, die internet in die hotelle is so duur dat ek nou eers vir jou kan stuur. Hieronder volg 'n epos wat ek ...