Posts

My gebed vir 2014

Gee Here tog, dat Uwe nuwe jaar, in die maalkolk van U raadsplan vir ons aan diekant van die dowwe spieel, so sal wees dat die lig nooit verdwyn nie. Laat ons tog nie drogbeelde van die vyand sien nie nie roem op wat ons nie verdien nie! En ons altyd in U genade loop Ons oë gevestig op U Wees Here tog met my en onse kroos U skepsels in my lewenskring behoed en bewaaar ons dit vra ons onverdiend, onbetaald Help Here tog dat ons in gees en wese elke dag sal groei vir U op hierdie dorre aarde met droogtekrake eindsnikke van die tyd Here, Jesus Christus Wie anders? Wat anders? Sal vir ons ons heil bring! U alleen Amen

Uit die perd se bêk! (From the horses mouth)

Na onlangse gebeure in IT opvoeding, en die hantering daarvan asook talle uitlatings deur baie het ek op die volgende af gekom: After recent events pertaining to IT education, and the handling of the situation as well as some comments of many I have stumbled upon the following:   http://www.youtube.com/watch?v=Aa55RKWZxxI

Liewe juffrou bordkryt, tou. Hierdie woorde is vir jou!

Die kindjie moet op rittelin gaan sy maak haar juffrou te gedaan Juffrou is mos moeg! Die kindjie is glads al te wild, dit is die ouers se domme skuld Laat haar verstand bedaar! Gee die stroopies en kry klaar! Juffrou wil 'n rustige dag hê! As die ouers dan nie luister nie; Sal die kind vir hul sonde les op sê Juffrou sal dit nie duld nie! Juffrou maak jou stoel aan die tafel vas! Haal haar wonder bordkryt poeier uit die kas, en strooi dit oor daardie kinder koppie Die koppie met die las! Bedaar met hierdie poeier! Die ander kinders moet baie mooi sien Die juffrou het haar salaris verdien Vandag haar godgegewe taak gedoen, na die gebed in die personeelkamer. Die juffrou het die Bybel misgelees hierdie bles oom is dit bevrees want erens weet ek, staan daar duidelik, Die Groot leermeester sê so: "En elkeen wat een van sulke kindertjies in my Naam ontvang, ontvang My; Maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is ...

Frans-Albert Buitendag 2013/07/22

Image
Die Here het aan ons Sy guns en goedheid bewys. Dankie almagtige Vader, vir die kleinding in ons huis. Van elke genade gawe is so baie dinge daar, ons bid deur die genade dat U ons kind bewaar. Gee aan ons die insig Here vaste liefde in hierdie lewe Om U Frans-Albert groot te maak gewortel in U lewenstaak. Amen

But we can talk about it! Sure we can!

There is a euphoria of incompetence, blended with generous helpings of lazyness. Buckets full of talks, with follow-up....talks. One more bright idea, one more set of words One more talk about it. And at the end at the bitter end after years of deliberation countless meeting meals still nothing. Except the generous purchase of toilet paper, flushes down the drain But we can talk about it..

Daeraad van 'n besluit

Gebroke hart verdorwe dinge alles gesetel in gemeente kringe Bose kringloop van haat Gebreekte hart verkrimpte raad vergaderingstafel, onheils daad Omtreking betrekking heel geskaad Gedigte meneer wat wou jy meer... En jy wil ons van liefde leer? 'n Profeet van Jesus jy? Die daeraad  van 'n besluit Jou lewensbestaan, jy moet hier uit Die kerk's nie meer vir jou nie! Verplaasde hart hartseer dinge alles gesetel in gemeente kringe Bose kringloop van haat .......

Basseboude-wobble-rasie

My liewe tannie dieet my boude is te groot ek weet Die lewe gaan soms al te sleg dan eet ons, ons sorge met 'n ietsie weg Nou wat sal ons maak met die sware las? Los eerder die kossies in die kas en dink aan die gewiggies om jou bas! Basseboude-wobble-rasie Vetjies ek sien nie meer vir jou kans nie Skoert weg!!!