Posts

Showing posts with the label Bertie geseend op vakansie by Vleesbaai

Kersfees 2008

Image
Dis kersfees, dis kersfees, die Heer het na ons gekom! Hier op vleesbaai tans, het ons, soos die gebedslied van du Plessis 'n Helder Somer kersfees op hierdie stuk land. Ek was vir die afgelope paar dae (3 ek dink, buitentikstedig) nie instaat om op die blogruimte iets te tik nie. Dit was als a.g.v. 'n sameloop van omstandhede buite my beheer! So askuus as iemand... haha iets gemis het. ;-) Ek het die afgelope paar dae baie gehad om oor te dink, baie oor kersfees en baie oor sommer dinge wat by my opgekom het. Ek het so baie dinge raakgesien maar min gesien, tog het daar op drie geleenthede die vakansie iets gebeur, wat my genood het om weer te dink en werklik te sien. Die eerste gebeurtenis het ek julle reeds van vertel, dit was die keer in die VA waterkant, met die man sonder arms en bene, die tweede geleentheid was dieselfde aand nog. Ek en my suster was oppad na die Pick n Pay wat tot laat toe oop is in die sentrum, om lekker varsgemaalde koffie by die winksel se selfhelpt...

En toe was dit die eerste dag!

Image
Wel nou ja! So gebeur dit seker, elke mens begin, registreer en siedaar, daar sit jy ook met jou eie gedagteplekkie in die kuberruimwereld (kappie volg later :)) Dit is soos julle kan aflei is die my heel eerste beplakking van 'n gedagte op die groot elektroniese spinerak! Een van die vrae wat ek my moes afvrae is hoekom? Hoekom blog, en as jy blog wat gaan jy doen, wat gaan jy daar neersit? Die vraag is seker, hoe diep gaan jy gaan? En wat gaan jy als aan die mense vertel. My uitgangspunt oor baie dinge in die lewe is dit: Ek is 'n nietige skepsel van die Almagtige Drie-enige skepper, die begin en die einde en die waaragtige voorsetting van my ganse bestaan! As ek dus aanvaar dat ek Sy skepsel is dan moet ek kreatief wees aangesien die Vader kreatief is, en Hy my op 'n kreatiewe wyse geskape het. Baie keer in 'n mens se lewe gebeur daar dinge wat 'n mens noodsaak om daaroor te reflekteer en neer te skryf. Soveel dinge gaan by ons verby sonder dat ons nabetragtend ...