Posts

Basseboude-wobble-rasie

My liewe tannie dieet my boude is te groot ek weet Die lewe gaan soms al te sleg dan eet ons, ons sorge met 'n ietsie weg Nou wat sal ons maak met die sware las? Los eerder die kossies in die kas en dink aan die gewiggies om jou bas! Basseboude-wobble-rasie Vetjies ek sien nie meer vir jou kans nie Skoert weg!!!

My Liewe Dominee, windlawaai.....

My Liewe Dominee, windlawaai Kom sê my, waar staan jy? En waar jy jou predikasie se baie gedagtes kry? Is dit dalk 'n e-pos, 'n videobeeld of twee of het 'n dwaalleerwurm dit in jou oor gegee? My liewe Dominee windlawaai met al jou baie papiere, hoe-gemaak en hoe-gedink oor al jou preek maniere? Is dit dalk die lekkerkry die kuns om te toneel? Of is dit die sadige woordesang om 'n verdraaing so te deel? My liewe Dominiee windlawaai wat sal ons daarvan sê? Is dit regtig wat die Christus vir die geringstes ook wou hê? En wat dan van die ou kleintjie's grootmenskinders van geloof? Is dit jou siel waardig dat jy, hul die evangelie so beroof? My liewe  Dominiee windlawaai Ek dog maar net ek vra? Die grootste fout lê ook by my, dat ek oor hierdie kla: En nie meer harder op my kniëe jou tong aan die Here op dra.

Nog nooit!

Nog nooit, in my lewe het ek gevoel soos ek hierdie paar dae voel nie. Nog nooit nie. Here ek het nog nooit nie. Seersekerlik, is ek nie dom geskape nie. Seersekerlik, is ek nie geskape om inhirent korup, en fals te wees nie. Om iets voor te gee wat ek nie is nie? Ek is 'n gebore sondaar. 'n swakkeling, wat juis tot my volle potensiaal kan kom deur Christus as ek swak is. maar Nog nooit, nog nooit was ek so afgemat, en gedemotifeer nie Nog nooit. Here? Is dit U stem, wat sê vir my? Dat ek 'n ander nering kry? Dalk 'n betrekking vir die koninkryk?   Here Laat weet U my.

My hulp kom van die Here.

Ek wonder of ek in trane sal verdrink, of my hande sal opslaan na die Hemel? Waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here! Sal ek hardloop na 'n selfhelpboek of my vergryp praatjies? Waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here! Help HERE!!

Geagte meneer die vakadviseur

Geagte Meneer die vakadviseur Dit is jy wat jou onderwysers moet bystaan in leer Maar ongelukkig die, dit kan jy nie want self leer en inspring dit wil jy nie Jou salaris kry Dit kan jy wel, en belangrik blyk dit doen jy snel. Geagte Meneer die vakadviseur Dit breek my hart my gemoed middeldeur Dit is tyd dat jy jou sokkies bekeer Jou kousies optrek en self leer Anders is jy niks meer as 'n dief nie!

cf, woorde, cf (n.d.) stuk

Here ek is moeg! Dit vreet aan my, vir 7 jaar al Jaar in Jaar uit Die nuwe jaar sal beter sê ek Jaar in Jaar uit Sonder hulp Jaar in Jaar uit Nog 'n paragraaf Nog 'n verwysing Nog 'n stuk nog 'n kruising Hompe en hompe se rondgepraat deurmekaar se omgooiraad met nog so tikkie by Here, dit is te veel vir my Help my! Laat dit  einde kry ASSEBLIEF HERE!!

'n Briefie vir jou! van my!

Ek sal vir jou 'n brief skryf! Ek sal jou 'in'-vertel Ek sal jou laat luister: "Vlieg na die hel!" Vir jou, jou bogter vir jou sal ek sê! Vir jou elendeling Hiers my epos: Dê! Lees, lees en hoor wat ek dink. Jou opinies jou gedagtes jou woorde stink! Lees, lees en vat my raad jou galbraak, jou gekoggel jou satanssaad Ek sal vir jou 'n brief skryf! Ek sal jou 'in'-vertel Ek sal jou laat luister: "Vlieg na die hel!" 'n Biefie vir jou, van my!! En jy.. sê my.. wies jy.. Om so te skryf?? Addresseer dalk Jou volgende brief aan jouself!