Posts

???????

Hier was baie woorde vir getik. Maar delete. Dankie Here net! Vir alles wat ek het. Vir vriende en familie, met en sonder ore. En ander met harte van Goud!

Bobejaanprobleme

Die een probleem klim op die ander een se rug en hardloop soos dronk bobejane rond. Die een probleem het afgeval, kyk die klug, en lê pens en pootjies op die grond! Skreeuend rasend op en af, skreeu en gaan al maller lok dit nog probleme by heeltemal, altemal kens en laf, kom daar nog bobejane by waar's tog raad? hou maar verby, raak die uitkoms smaller. Die domme bobejaan se rug is seer Wat gaan hy sy probleem kinders leer? Nog 'n skreeu en nog 'n raas Wie's tog koning wies tog baas? Kom bobejane maak lawaai Daar waar die maroelas koning kraai. Nog 'n sopie lekkerny Almal kan 'n happie kry Ai, bobbejaan jou domme ding Wat gaan jy vir jou kinders sing? Eendag in jou sterwensklere Dalk voel jou kinders dan ook vere!

Videos twee gedigte

Ek het besluit om te probeer om twee van my gedigte met my webkamera op te neem en op te laai. Dit is die eerste keer dat ek so iets doen, so ek beskou dit maar as 'n toetslopie. Dalk laai ek in die toekoms meer op. Wie weet? B

Gebed vir 'n trompet

Here, hoekom sal in my hart nog trane opdam as ek na U aardse lewenskepping dink? -Ekself Here, waarom val en stamp ek willens so as ek by U fontein wil water drink? -Ek wonder Here, wanneer kan ek u berg met oorgawe bestyg as my smeekgebede soos dooie eggo's klink? -Ek pleit Here, watter dag tog in U daeraad lank reeds beplan as ek vra? Wees my naby, in my! Here help tog flink! -Ek hoop Here, en wanner die Self weer dink en die wonderfontein se water wil drink die wedergeboorte met trane pleit Gee dan aan my die hoop tog flink Dat u vir my 'n beker skink! en 'n trompet weer in die Hemel klink! Amen

Toemaar die aleen man

Toemaar die aleen man, het sy hand uitgesteek en jammer die besigman, het dit weggeklap Toemaar het toe weer probeer, met 'n ander hierdie keer en aggenee die liefdesman, het dit aggenoegsaam afgekam Dalk dink toemaar die derde keer, dalk kry toemaar nie weer seer en as-se-skuustog gaan net weg, klap ou toemaar tog maar weg Toemaar is maar weer aleen, tog soos vroër die derde been in hierdie nare tydsonwenteling iewers onder 'n sterrekring Sit toemaar die aleen man en doen sy naam gestalte.

Hier's ek weer, hier ek weer met 'n skryfding op die deur.

Ai. Dit is net lekker om op 'n Sondag oggend te kan opstaan, uit te kyk by die venster en die hoop van rëen in die lug te sien. Wat 'n fees sal 'n ou stortbui nie wees nie. Ek het lank gesit en gedink en bepeins oor wat ek vandag sal tik, of wat ek van onslae wil raak in my gedagtes. Hierdie is soos baie van julle al dalk agtergekom het my ontladingsmeganisme. En uiteindelik het ek dit. Vandag se inskrywing gaan wees oor dinge wat ek dankbaar voor is. Nou moet ek sommer al in die begin sê dat dit vir my onmoontlik gaan wees om alles hier op te skryf so ek gaan begin met mense. Mense wat 'n rol in my lewe speel en wat die omgang in my alledaagse bestaan die moeite werd maak. Om te begin en wie omn te kies om mee te begin is egter nie so maklik nie, so die beste manier dink ek is net om te begin in geen orde nie, en te tik en te laat wqaai. Eerstens is ek dankbaar om nog 'n Pa op hierdie aarde te hê, alhoewel ons nie baie in gemeen het wat belangstellings of gesprekke...

Dalk ....Dink dink dink doen sê, watookal die letters is.

Dagsê aan myself. Dit is jou binneste hierdie. Jy het my afgeskeep, of so voel ek. Maar ons is so een dat die werlikheid skreeu teen die plafon. Iewers voel dit soms soos 'n hok, en 'n horlosie, om om om, 12, 1, 2, 3 weer 12, 1,2,3,4 weer en weer. Om en om. Selle ou storie. Kom ek noem hierdie sommer so 'n terapeutiese geleentheid tussen my vingers, my gedagtes, die sleutelbord en die kuberruim, en ook tog in die vreemde 'n korte konneksie met die leser van hierdie gedagtewarboel. Hoekom sal ek dit tik, hoekom sal ek alles tik? Geen mens weet nie. Op die oomblik voel ek vasgevang soos 'n hoender in 'n hok, selle meel selle geselskap selle alles oor en oor. En genade, eks nie gemotiveer nie, dit is sommer saam met die kind en die badwater by die agterdeur uit. Wat sal jy vra? Kom ek noem dit die lus. Ander mense sal dit dalk luihuid noem, dit ook. Vanoggend se erendiens by die kerk, was weer een van daardie ander geleenthede. Een waar 'n mens retrospektief e...