Sondag

Dalk my laaste Sondag
Dalk my laaste uur

Dalk my eerste ewigheid
die horlosie teen die muur

Dalk my laaste neemkans
Genade net van bo

Dalk my eerste beurt Heer
om opnuut in U te glo

Red tog liewe Vader
Strek U arm van Bo!


Comments