Beste Vriend Ek weet nie eers hoe om hierdie brief te begin nie. My hart is seer saam met joune, en die warboel gedagtes oor die lewe is ook soos sout op my lewenswortels. Wat kan ek sê oor die dinge van die afgelope tyd. Daar is niks wat ek kan doen om jou hartseer, en dalk ook jou agressie of innerlike tweespalk te demp nie. Weet net een ding, en weet dit verseker! Maak nie saak hoe erg die dinge nou te blyk wees nie, die toekoms en ons verwagting oor dit wat voorlê is verseker beter. 'n Ander goeie vriend van my sê altyd, as jy ding dink dit erg en sleg gaan, en jy in die put is, moet jy weet, dit kan altyd erger. Dit is 'n snaakse, vreemde idioom maar tog waar in elke opsig. Ek kan nie jou omstandighede verander nie, ek kan net toekyk hoe die lewe se wasmasjien sy siklus op jou volstoomsterkte volbring. Dalk, net dalk kan ek dit ter versagtig sê, ek was ook al deur dieselfde wassiklus, 'n paar maal al, en oor al die kere kan ek nou getuig dat ek tog die Here se hand da...
Here! Dankie vir my vrou. Vir my, ons lewensliefde. Iemand waarvan ek hou. Here, dankie vir die mooi in haar wat uitstraal soos 'n lig. Wat my die toekoms weer laat sien vanuit 'n ander sig. Here! Dankie vir 'n lewensbaan. En haar, om hand en hand mee saam te gaan. Here, dankie vir wat u ons gee: 'n kind ons lewensklop! En met hierdie mooie wete u Gees, en hand hou oor ons dop. Here! Dankie vir my vrou. Dat ek ons huwelik, en kroos aan U alleen, veilig kan toevertrou. Help, maak my 'n man nader aan U hart en wees met ons op die lewenspad, want; Waar anders sal ons hulp vandaan kom? As egter U alleen. Here! Dankie vir my vrou! Vir my, ons lewensliefde. Iemand waarvan ek hou.
Here, dit is te oorweldigend vir my. Dit is Here. Dit is te erg Eks te moeg. 11 jaar Here, vir wat? Dit het geen koninkrykswaarde nie niks absoluut niks En Here; ekke weet nie links of regs, vorentoe of agtertoe nie. Op of af? Dalk Here af, af, af op my kniee, want dit is waar ek nou is. Hier erken ek U en U alleen Gee U tog insig en wysheid My Here waarheen? hoegemaak? Maak dit enigsins saak. Behalwe die saak van u koninkryk?
Comments
Post a Comment