Kanniewôrrie

Ons het 'n kanniewôrrie houding
in 'n kanniewôrrie land
Ons gooi klappers na ons medemens
wat huil en sit verbrand

Ons het 'n kanniewôrre lewe
met 'n laag besorgdheidsroom
wat êrens in die wêreld
na beter dae droom

Ons dra 'n kanniewôrrie makser
in 'n kanniewennie lewe
ons droom drome van euphoria
en dans op die kortstondige leuen

Comments