Posts
EnkelEnkel-IetsweesIs
- Get link
- X
- Other Apps
Enkel-Enkel Ietswees-Is! Daars te veel van hulle dit is gewis! ~~**~~ Dit gaan oor die uiterlike skyn Satansgedagtes met verborge pyn Wat baie later kop uitsteek Dit is als gebaseer op 'n tyds-ilusie Die verganklike liggaam in prima kondisie Wat tot stof sal terugkeer Dit is blink, en oordadig Die begeerte nooit versadig Om êrens iets te wees Dit is grootnaam klere en ontwerper juwele Aangeskaf om hier te wees Dit is die amper skyn wat soos mis verdwyn As die waarheid daaroor val Mooi verwronge Self beskonke Smag na 'n leuen bestaan Na liefde na dit wat makeer Na die ontbreke Leuen-Leuen Hartseer keuse jonk-en-mooi-bedwelmdheid en as jy oud is....smag na iets selfs enige iets O God! Enige iets! Om los te kom! Waar kom jou hulp vandaan?
MB se derde inskrywing.... te midde van al die wrywing....
- Get link
- X
- Other Apps
Maranatha Banana Geagte Dr, Ds, Pastoor Wat help dit dat jy jou humeur verloor? Jou salaris en status die het jy nog. Maranatha Banana Jou piesangs is minder en tesame met die afleggings en salarisinkortings Begin die mense skinder Jou bestaansreg geanker in jou eie ego. Maranata Banana dit is 'Bannofee pie' Die pastoor,en evangeliesasie Laat die hare waai Sê nou maar net dit was jy? Maranatha Banana Die preek met 'n ete en grootlofprysingslawaai. Na die laaste hap is alles vergete. Wil jy regrig al die mense by die Here kry? Maranatha Banana Is jy regtig bekeer? Vra jouself die vraag af en dink maar weer! Jy is self ook nie gebou op een klip nie. Kom aan! ek daag jou uit! Stry met my! Wat daarvan jy werk sonder om salaris te kry? Sal jy nog steeds by die piesangboot bly? Sê my vir wie is jou sending dan eintlik? Ek dog net ek vra.....
Ter nagedagtenis aan......Geen titel vir die woorde nie
- Get link
- X
- Other Apps
En wat van die vergetenes? God se skepsels waar daar nie liefde voor is nie wat van hulle? God het hulle lief maar nie ons hulle nie... Wie's ons? Skepsels God het ons lief maar nie ons die ander nie ...Sonde Here. Gedenk tog vandag elke kinderhart wat afgeskeep in liefde staan Omdat die ouers ......skepsels se liefde elders is cf. http://bertiebuitendag.blogspot.com/2012/10/geen-titel-vir-die-woorde-nie.html
Evangelieproduksiekomgerusweer
- Get link
- X
- Other Apps
Die produksie moet perfek wees vir die eerbiedige gaste gering getoonset vir die fynproewer se oor want dit is 'n maatskappy hierdie die kompetisie is kwaai... Die preekstoel is weg, maar die verhoog staan reg gesnaar vir die insameling die week se verwondering-verkondiging van een of ander evangelie soms uit 'n epos uit Dit is jollie patrolie en lekker hier kom na ons gemeente toe (so lees die aankondiging) Elke jaar hang ons liggies aan 'n boom En as dit nie blink genoeg is nie voor in die kerk ook in die straat, en op plakate Hier verskaf ons verskillende diense psigiatries, beradend, en 'n kamp of twee 'n ware plek waar jy jou talente uit kan leef jy kan saamwerk, en meewerk, en diensbaar wees en dit doen jy alles gratis vir ons, en mits jy jou bydrae gee mag jy ook op die bestuursraad wees Askuus tog... Askuus tog... Is jou nommer op die databasis? Die dominee wou graag weet; dit lyk of daar iets met jou bydrae skeet. Vermaaklike musiek met mildel...