Posts

Gedagtes n.a.v – Joh. 21:15-17 en Mat 18:3-7

Ek het die afgelope week baie gedink sommer oor baie dinge. Die een teksgedeelte in die Bybel wat my laat dink het is Mat 18:3-7 Mat 18:3-7  en gesê: “Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel.  En wie so 'n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My.” “Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, van My afvallig maak, vir hom is dit beter as hy met 'n groot meulsteen aan sy nek in die diep see verdrink.   Hoe jammer tog vir die wêreld dat daar dinge is wat die mens afvallig maak! Sulke dinge kom noodwendig, maar wee die mens deur wie dit kom. Ek wonder of dit figuurlik ook gesien kan word? Wat van as iemand met 'n 'jong' of 'klein' geloof afvallig gemaak word deur prediking of gedagtes..... wat dan? Dit het my laat dink om iets biddend en smekend te vra.......

Eks jammer n.a.v 'n vorige 'blog' [nou verwyder]

Image
Ek is jammer. Wat meer kan ek sê?   Ek het my gevoelens en opinie uitgespreek. En die woorde op die beeld hierbo het my laat dink. Ek moet leer om nie te oorreageer nie, ek het 'geblog' oor hoe ek voel, en iemand kon aanstoot neem. My 'Beliefs' en my 'Behaviour' het nie bymekaar gepas nie. My gedagtes op skrif maak dalk seerder as dieselfde gedagtes in my kop.  Dink ek nou anders oor wat ek eers gesê het? NEE! (nog nie........) Moes ek dit anders hanteer het:  JA! (verseker!) My optrede was sonder insig, maar my hart se gevoel was steeds myne. Dalk is Titus 1:15 en 16 waar in my lewe, dalk is ek ook koppig en my verstand besoedel. Daarvoor moet ek onvergifnis vra.  Die waarskuwing in Jak 3:13 tot 15 was dalk waar in my lewe.  En ek moet self deur die genade aan vers 16 tot 18 werk. Here gee asseblief dat; deur U genade Jakobus 3:16 tot 18 waar sal word. Maak my gewillig en bekwaam om U woord uit te voer.(Fil 2:13) Amen    

Foreign, Foreign everywhere!

There are foreign objects in my body there are foreign objects in my domain there are foreign objects in my existance the foreign objects causes pain There are foreign thoughts in my being there are foreign concepts unexplained there are foreign feelings so overwhelming the foreign things evil ordained It kindles anger it promotes strain it brings heartache all in vein Dear GOD! Remove the strain take the pain So that I, may gain Your peace..... Pilippians (4:7)

Ek is jammer, maar wil graag sê. (Nadenke oor 'n stelling)

Hoe druf jy dit sê! En wie dink jy is jy? Dat jy met jou woorde houding kry. Belangrike mense is seergemaak hard deur jou woorde aangeraak! Goeie mense vir God se saak. Hul egos, en eer is aangetas. Die skoen het gepas Ai! wat 'n groot las. Die arme dissipels met vissiename geblaas en geset in glas. Hoe druf jy dit sê! Hoe durf jy dit sê! Herhaal tog weer! Kan jy dit sê wat makeer? "Dat almal nie hier werk vir die regte redes nie" Wie dan wat, en hoe dan wie? Gee jou redes anders moet ons praat. Oor jou verkeerde houdingsdaad. My liewe liewe liewe mens, in retoriek volg die repliek. Die antwoord is so opsigtelik. In die kyk en die staar en elke blik. In blinke motors oorteffelik. En in titelletters al te dik. In die vergaderings agter geslote deure. Die geskreeu op kinders soos masjien gewere. In die pos en sy vae omskrywing. In die houdings die loop goeie salaris. Die onderlingse geskinder as alles klaar is. En volgende keer as iemand sy salaris kry. Teenoor wie en teeno...

Ek dink ouma sou oorstelp wees.....

Sy het gaan sit op die groot bruin uitskopstoel en haar hande oor haar seer kniee gevryf. En soos male sonder tal, en elk oggend aand tevore  haar hart, gees en wese na die hemel  na haar God in gebed gerig. Die gebed was vir almal almal wat vêr was almal wat naby was en almal wat om haar was. Ook haar familie en haar kinders en haar kleinkinders. Dit was vir my altyd iets besonders, om Ouma so te sien bid.  Statig, met gewone woorde en diep eerbied dieper nou as ek daaroor terugdink. Geen saak was ooit te simpel of klein daarvoor nie. Oupa was klaar huis toe Ouma was alleen, en my oom Johan was tale keer in smeekgebed aan God gewy. En eenkeer op 'n dag  êrens in die onlangse verlede het God haar gebed verhoor. Oom Johan is die week huis toe. En as ouma nog geleef het dink ek sy sou oorstelp van blydskap gewees het. En ouma sou in haar gebed die week God geloof en prys het en aangehou bid het vir die ander.    ~*~*~ ...

Dit is hartseer maar waar...

Ek het vandag tot een besef gekom. Daar is werklik dinge in die lewe, al probeer 'n mens ook hoe hard, wat jy nooit weer verander gaan kry nie. Selfs al was die verlede hoe, edel en hoe mooi met die beste intensies. Wat gedraai is is gedraai, en soos dit is sal dit bly. Vir my lê die hartseer egter, dat ek self ook ingeweef is in hierdie realiteit. Die vraag kom egter.. watse opsies laat dit my. Sit en bly en skop teen die skimmels, van verdraaide opvattings, buite konteks en buite verstek. Die skop maak in ieder geval net jou eie voete seer, en die energie gaan verlore. Energie wat vir iets soveel beters aangewend kon word. Dit help nie! Dit help nie om te probeer skop nie. Dit maak net seer. Wat nog seer maak is die wete, dat 'n mens tog saam met jouself moet leef oor elke besluit wat jy maak, Is dit dan nou om te bly, of is dit om te gaan. Die Bybel sê: Maak die beste gebruik van elke geleentheid, tog dink ek mistas ons die vers. Dalk moet dit wees: Maak die beste ...

Gedig oor skyn

Proffessor Doktor Domme ding! Wat skynretoriek jou woorde sing. Jou woorde toon geen insig nie. Want logika die het jy nie. Professor non-Doktor Edele meneer! Wil jy ons met jou wysheid leer? Jou lering is 'n politiekspel So waar so reg so uit die hel! Professor Doktor met jou 'fancy' brille. Jou oë is toe soos lichi skille. En êrens in jou skedel heen glo jy jou eie leuen!