Posts

Rondomwarboeltuimeldinge

Daar is allherhande dinge in my gedagtekringe dit is mooi dit is goed dis is net Daar is nuwe kleure en nuwe geure dit is daar dit is waar dit is net Daar kom nuwe tree en vreemde wee dit is so dalk van bo dit is net Daar is vreemde dinge in my gedagtekringe en so ja so is dit net Ai Liewe Here Dit skommel tekere en ek ja ek is bang

Brief aan 'n vriend

Beste Vriend Ek weet nie eers hoe om hierdie brief te begin nie. My hart is seer saam met joune, en die warboel gedagtes oor die lewe is ook soos sout op my lewenswortels. Wat kan ek sê oor die dinge van die afgelope tyd. Daar is niks wat ek kan doen om jou hartseer, en dalk ook jou agressie of innerlike tweespalk te demp nie. Weet net een ding, en weet dit verseker! Maak nie saak hoe erg die dinge nou te blyk wees nie, die toekoms en ons verwagting oor dit wat voorlê is verseker beter. 'n Ander goeie vriend van my sê altyd, as jy ding dink dit erg en sleg gaan, en jy in die put is, moet jy weet, dit kan altyd erger. Dit is 'n snaakse, vreemde idioom maar tog waar in elke opsig. Ek kan nie jou omstandighede verander nie, ek kan net toekyk hoe die lewe se wasmasjien sy siklus op jou volstoomsterkte volbring. Dalk, net dalk kan ek dit ter versagtig sê, ek was ook al deur dieselfde wassiklus, 'n paar maal al, en oor al die kere kan ek nou getuig dat ek tog die Here se hand da...

O tyd! en ewigheid

Image
Dit is 'n Fatale plek hierdie! Die aarde met sy tydsgebondenheid, en die genadelose tyd maak almal seer van staatspresidente, en die van koningsparlemente. Niemand op hierdie aardse opera teater vol van hartseer, verdriet, en die onverwagte is nie 'n slagoffer nie! Dit is 'n Brutale plek hierdie En tyd is genadeloos, met al sy kontakte oor al die wêreldgrense heen, almal is in hierdie tyd deur die aardse baan na die ewigheid. Niemand op hierdie aardse speelvlak vol van haat, verwyte, en die onbeplande spring dit vry nie ! Maar wat sal ons gevolgtrekking wees? En wat sal ons kan sê teen hierdie fatale pandemie vol brutale listigheid. Ek weet nie maar dit weet ek: Geen niks, alleswaar niks of iets anders kan ons van die liefde van ons God skei nie! [Opgedra aan almal wat in hierdie week deur 'n swaar tyd was, en nog sal wees...]

Evangelie-prrek-Pleidooi

Agge Nee, togga Dominees Agge Nee! Agge Nee! Was vanoggend die beste wat jy vir die koninkryk kon gee? Was dit regtig? My hart is gebroke en my siel is ontstoke jou boodskap was leeg! Agge Nee, Togga Dominees Agge Nee! Agge Nee! Waar is al jou jare se opleiding vanoggend heen, en ons kerk se teologie van redding? En waar was jou perikoop jou bybelse mikroskoop om in siele in te grawe? Agge Nee, Togga Dominees Agge Nee Agge Nee! En wat van die mense wat vanoggend die eerste maal , na jare dalk weer in die kerk was? Die herderloses! Wat van hulle? en wat van hulle wat goddeloos ronddwaal Sou hul werklik kon besluit om vanoggend die Here te kies? Agge Nee Togga Leraar Agge Nee Agge Nee! Ek het gesien hoe party van die oue's hulle koppe skud en met steeds dowwe oë uitstap. Want: Op jou lering kon ons nie Amen sê nie en ek dink nie dit is wat die Here sou wou hê nie. Asseblief Liewe Dominee Asseblief Asseblief Herdenk tog weer jou bevestigingsbelofte Jou eie persoonlike preekgelofe Jy...

Nog 'n: "Skep 'n rekening asb."

Daars derduisende miljoene op 'n internetboek sommige met prentjies, sommige daarsonder! Daars derduisende miljoene koneksies sommige as vriende en ander as kennisse Daars dermiljoene aantekentransaksies en net so baie inskrywings meestal oor die Hier en nou Tog êrens anders is daar nog 'n boek waar die aantekening en validasie slegs eenmaal is dis die vrywillige registrasie wat aan almal: Die ware lewe ewig bied.

Gebed op die stoep

Image
Here! Ek dink te veel oor môre... Dat ek vandag skoon mis, en die gisters is heeldag by my om my drome uit te wis. Here gee tog dat vandag gister se uitveer is en môre se wetes merkbaar stel dat die toekoms in U hande is. Here Christus lewende God openbaar uself aan my en werk onomwrikbaar in my gemoed dat my gees tot U aangekleef bly. Ek wat soms in duistere gedagtes dwaal versoek, genadiglik diepafhanklik dat Here; U my gedagtes snel gevange sal neem en met U Gees sal vul, so onverganklik. Here, ek vra dit in geloofsvertoue en met dankbare vrymoedigheid Kom maak dit waar in ook my lewe en wis die Satanswerke uit! Amen

Woergedagtes in 'n woeste wrede wêreld

Image
Ek is op vleesbaai! En dit is baie baie mooi hier. Dit is die eerste keer in 'n lang tyd dat ek nie eers lus het om my woorde te probeer omsit in 'n gedig nie, want my kop se gedagtes is te deurmekaar. Die Here weet! Ek wroeg, en wonder en kry swaar. Ek is veroderstel om te rus maar die onrus in my kop oorheers alles. En ek weet nie hoe om die onrus te laat bedaar nie. Dit is erg. Hoe gaan ek daaraan uiting gee, hoe gaan ek dit verwerk? Dit weet ek weet die Vader alleen. Hy wat die pad vir Sy kinders se voete gelyk maak, Hy weet, so Here hier gaan dit, skuus as dit weer 'n kommin gedig is skuus as ek onaanneemlik probeer, Here God ek probeer ten minste, en dalk lê my fout daar..... Here mag ek vir U 'n gunsie vra? Here tog as dit aanneemlik is, wil ek in my eie mensgedaante kom aanklop nes ek is. Here mag ek vir U 'n pleidooi rig? as ek kom vra, en ek kom pleit O Gees van ouds, wat oor die water was staan my by in my angstigheid. Here dankie dat U woord wel stel U ...