Total Pageviews

Thursday, February 25, 2016

'n Liefdesblom in my lewe

My vrou is my blom.
My liefde in rooi.
Getooi, getemper
en altyd mooi.

Mooi van hart en
mooi van natuur,
met 'n sagte oor
in my wroegingsuur

My vrou is my gawe
my geskenk van bo.
My vrou is my bolla
en dis nou maar so!

Dankie Here God
vir hierdie sielsvenoot.
U genade en guns
was vir my groot!







Wednesday, February 24, 2016

Jammer, jammer. Ek is jammer.

Ek wil voor jou kom staan
My borskas oopskeur
my hart uitpluk
en uitpak voor jou genade

Ek wil kom staan
en die drek uitdruk
opgegaar in die verlede
en 'n boetedoening smeek

Ek is jammer
innig jammer.

Die satan het sy aas gehou
ek het geeet.
En nou's ek siek
Siek oor die verlede

Ek was oopegevlek
het losgebreek.
By God omvergifnis gesmeek
en genade ontvang.

Ekke is jammer
innig jammer.

Ek soek steeds rus
'n gedagterus
Maar meestal
rus vir my siel.

'Rus my siel'
'Jou God is Koning'
'Orals'
'voer Hy heerskappy'

Laat die woorde
waar word
ook in my
Amen




Monday, February 1, 2016

In nabetragting oor een Nederlandse gesegde, en my eie tong.

Ek is jammer!
Regtig jammer.

My woorde was ongepoets,
my gedagtes ongekunsteld,
en my spraak gewortel in 
myself
my eie ek. 

My woorde was nie opbouend nie,
het nie liefde verkondig nie
het nie hoop in gehad nie
en was verkeerd.

My gedagtegang was gewronge, 
gedwonge om te doen wat ek 
nie wou doen nie, en nie wou sê nie
Maar na die uiting was dit te laat.'

En nou is ek spyt, 
regtig spyt, in nabetragting,
in wakker lê op my bed.
Jammer ek het jou seergemaak.

Ek is jammer,
Regtig jammer.

Elke goeie gawe wat die Here die mens gee
gee hy om Sy wil te doen, en niks meer.
Of dit nou is in watter daad ook al.

Christus, Jesus was vir kinders
van waar ookal, van wie ookal.
In elke volk en taal.
'Laat die kindertjies na my toe kom
en moet hul nie verhinder nie.'

Jammer vir my woorde!
My siel betreur die steeds.

Vergewe Here.
Ek is regrig jammer.

*~*~*

(Via de Hogeschool voor Toegepaste Filosofie)