Posts

Showing posts from 2016

Vir Frans-Albert

Pappa se krulkopseuntjie Waar kry ek die woorde Hoe soek ek die akkoorde,  om te sê, vir jou te sê hoe lief ek jou het. En pappa se groenbruinoog met mooi tandjielaggies en handjies so saggies as ons lê wil pappa sê hoe lief hy jou het. Want jy bring vreugde in my dag met jou seuntjiekleuterlag En jou armpies  om drukkies te gee. Want dit is  wat Jesus ons leer. Pappa se hartgeskenk hoe maak pa, dit nodig in liefde so gelowig om te doen ja te sê hoe lief ons jou het. Want jy bring vreugde in ons dag met jou harteliefdesprag En jou hartjie om Jesus sin te maak. O, Here  verhoor tog ons saak. En Abba in die Hemel U is onse Vader deur Jesus, u te nader om te vra ja te vra verhoor my gebed Want hy bring vreugde in ons dag met sy harteliefdesprag En sy hartjie om Jesus sin te maak. O, Here  verhoor tog ons saak. O, Here verhoor tog ons saak. [** Lied aangepas na eerste probeerslag]

'n Liefdesblom in my lewe

Image
My vrou is my blom. My liefde in rooi. Getooi, getemper en altyd mooi. Mooi van hart en mooi van natuur, met 'n sagte oor in my wroegingsuur My vrou is my gawe my geskenk van bo. My vrou is my bolla en dis nou maar so! Dankie Here God vir hierdie sielsvenoot. U genade en guns was vir my groot!

Jammer, jammer. Ek is jammer.

Ek wil voor jou kom staan My borskas oopskeur my hart uitpluk en uitpak voor jou genade Ek wil kom staan en die drek uitdruk opgegaar in die verlede en 'n boetedoening smeek Ek is jammer innig jammer. Die satan het sy aas gehou ek het geeet. En nou's ek siek Siek oor die verlede Ek was oopegevlek het losgebreek. By God omvergifnis gesmeek en genade ontvang. Ekke is jammer innig jammer. Ek soek steeds rus 'n gedagterus Maar meestal rus vir my siel. 'Rus my siel' 'Jou God is Koning' 'Orals' 'voer Hy heerskappy' Laat die woorde waar word ook in my Amen

In nabetragting oor een Nederlandse gesegde, en my eie tong.

Image
Ek is jammer! Regtig jammer. My woorde was ongepoets, my gedagtes ongekunsteld, en my spraak gewortel in  myself my eie ek.  My woorde was nie opbouend nie, het nie liefde verkondig nie het nie hoop in gehad nie en was verkeerd. My gedagtegang was gewronge,  gedwonge om te doen wat ek  nie wou doen nie, en nie wou sê nie Maar na die uiting was dit te laat.' En nou is ek spyt,  regtig spyt,  in nabetragting, in wakker lê op my bed. Jammer ek het jou seergemaak. Ek is jammer, Regtig jammer. Elke goeie gawe wat die Here die mens gee gee hy om Sy wil te doen, en niks meer. Of dit nou is in watter daad ook al. Christus, Jesus was vir kinders van waar ookal, van wie ookal. In elke volk en taal. 'Laat die kindertjies na my toe kom en moet hul nie verhinder nie.' Jammer vir my woorde! My siel betreur die steeds. Vergewe Here. Ek is regrig jammer. *~*~* ( Via de Hogeschool voor Toegepaste Filosofie)