Posts

Showing posts from 2015

Gisters

Die vergete gisters se spookasems skreeu uit die verlede, vandag  en dryf die vreugde weg. Die spookasems hang dit  aan 'n gedagteklok, wat ding, dong, Ding, Dong, DING, DONG. Die vergete gisters  aangedryf deur die engel van  die duisternis. Kom Lig Kom Liefde Kom Rus Kom Gou Kom GEES Kom JESUS nou asseblief Amen

In U groot barmhartigheid

Liewe Here Almagtige God verhoor my in U groot barmhartigheid. God met 'n gewillige arm, en betroubare oor. Luister asseblief na my Dit smeek ek met trane en hulpgeroep tot U. Dit weet U, in die krenklikheid en versugtinge van  my siel. Gee tog dat die Urija's in my lewe steeds lewend U sal vind, en U sal ken. Dat hulle vir U oopmaak en saam met U maaltyd hou. U ken hulle. U ken my. U was Dawid eens genadig Wees genadig ook vir hulle en  vir my. Teen U het ek gesondig, teen U die Here! Maak Natan se woorde ook waar vir my laat dit bloei en laat dit bot en wortelskiet in my siel. "Die Here het jou Sonde vergewe" Pak op jou draagbaar Loop en Leef die Lewe! Amen! ============ In retrospek (Ef 2:1-10), klem v4

Oproep

My lewensdoek is oorskadu, met donker vlekke wat ingevreet het soos suur in my mensweessiel. Dit is soos 'n kaal en barre vuil metaal  ontbloot aan die natuur en dinge van die brullende leeu. Vermom in spoegjasskaapklere gelap met venneindheit voorgegee as mooi met 'n tong van skuurpapier en toegeplak met haat. Die leeu lek aan my en laat 'n blinkvlek oop wat gou  die blink morfeer in roes en vrot. Gee asseblief tog Here helende salf 'n Arm na die water en 'n oor Luister na my hulpgeroep in diepe doodse stilte en die rol van 'n traan uit my siel. Nêrens  O God! nêrens waaragtig waaragtig nêrens kom my hulp en heil vandaan behalwe van U nie. Hoor my aan! U roesbevlekte  skepselkind.

Maalkolk van die lewe

Die maalkolk van die lewe met golwe water  en uitdagings, 'n gespartel vir asem vir lewe vir bo. Die maalkolk van die lewe met geld rykdom en spoed, 'n gewremel vir plek vir status vir bo. Die maalklolk van die lewe met haat onvergewinsgesindheid en eiegeregtigheid 'n geveg vir eer vir roem vir bo. vir wat?

Here dankie vir my vrou!

Here! Dankie vir my vrou. Vir my,  ons lewensliefde. Iemand waarvan ek hou. Here, dankie vir die mooi in haar wat uitstraal soos 'n lig. Wat my die toekoms weer laat sien vanuit 'n ander sig. Here! Dankie vir 'n lewensbaan. En haar, om hand en hand mee saam te gaan. Here, dankie vir wat u ons gee: 'n kind ons lewensklop! En met hierdie mooie wete u Gees, en hand hou oor ons dop. Here! Dankie vir my vrou. Dat ek ons huwelik, en kroos aan U alleen, veilig  kan toevertrou. Help, maak my 'n man nader aan U hart en wees met ons op die lewenspad, want; Waar anders sal ons hulp vandaan kom? As egter U alleen. Here! Dankie vir my vrou! Vir my,  ons lewensliefde. Iemand waarvan ek hou.