Posts

Showing posts from February, 2014

Ek glo!

Ek lees 1 Tim 4:9  Dit is 'n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word. Heb 11:1-3 & 6  Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. Want daardeur het die mense van die ou tyd getuienis ontvang. Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie. (6) En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek. Rom 1:20-22 Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie; omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister. Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het h

Die drein en dinge

Dit is die "Do" van die loo en die wasbakwater. Dit is die grou en die klippe en die agterplaaskrater. Dit is vrot, dit is siesa dit is alles sleg. Dit is naar dit is duur en die mooi is weg. En klop-klop.... klop klop wiesda.... ? Nog 'n rekening op my tafel My finansies  wat uitrafel. En dit te danke aan onnoselheid! Ja dit te dankie aan my onnodelheid! Ai togga mense.....  ek is spyt! En in retrospeksie..... "Follow me home.... " Said the pink and purple car. Ag genade tog... ek is naar!