Posts

Showing posts from February, 2013

My hulp kom van die Here.

Ek wonder of ek in trane sal verdrink, of my hande sal opslaan na die Hemel? Waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here! Sal ek hardloop na 'n selfhelpboek of my vergryp praatjies? Waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here! Help HERE!!

Geagte meneer die vakadviseur

Geagte Meneer die vakadviseur Dit is jy wat jou onderwysers moet bystaan in leer Maar ongelukkig die, dit kan jy nie want self leer en inspring dit wil jy nie Jou salaris kry Dit kan jy wel, en belangrik blyk dit doen jy snel. Geagte Meneer die vakadviseur Dit breek my hart my gemoed middeldeur Dit is tyd dat jy jou sokkies bekeer Jou kousies optrek en self leer Anders is jy niks meer as 'n dief nie!

cf, woorde, cf (n.d.) stuk

Here ek is moeg! Dit vreet aan my, vir 7 jaar al Jaar in Jaar uit Die nuwe jaar sal beter sê ek Jaar in Jaar uit Sonder hulp Jaar in Jaar uit Nog 'n paragraaf Nog 'n verwysing Nog 'n stuk nog 'n kruising Hompe en hompe se rondgepraat deurmekaar se omgooiraad met nog so tikkie by Here, dit is te veel vir my Help my! Laat dit  einde kry ASSEBLIEF HERE!!