Posts

Showing posts from 2013

Uit die perd se bêk! (From the horses mouth)

Na onlangse gebeure in IT opvoeding, en die hantering daarvan asook talle uitlatings deur baie het ek op die volgende af gekom: After recent events pertaining to IT education, and the handling of the situation as well as some comments of many I have stumbled upon the following:   http://www.youtube.com/watch?v=Aa55RKWZxxI

Liewe juffrou bordkryt, tou. Hierdie woorde is vir jou!

Die kindjie moet op rittelin gaan sy maak haar juffrou te gedaan Juffrou is mos moeg! Die kindjie is glads al te wild, dit is die ouers se domme skuld Laat haar verstand bedaar! Gee die stroopies en kry klaar! Juffrou wil 'n rustige dag hê! As die ouers dan nie luister nie; Sal die kind vir hul sonde les op sê Juffrou sal dit nie duld nie! Juffrou maak jou stoel aan die tafel vas! Haal haar wonder bordkryt poeier uit die kas, en strooi dit oor daardie kinder koppie Die koppie met die las! Bedaar met hierdie poeier! Die ander kinders moet baie mooi sien Die juffrou het haar salaris verdien Vandag haar godgegewe taak gedoen, na die gebed in die personeelkamer. Die juffrou het die Bybel misgelees hierdie bles oom is dit bevrees want erens weet ek, staan daar duidelik, Die Groot leermeester sê so: "En elkeen wat een van sulke kindertjies in my Naam ontvang, ontvang My; Maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is

Frans-Albert Buitendag 2013/07/22

Image
Die Here het aan ons Sy guns en goedheid bewys. Dankie almagtige Vader, vir die kleinding in ons huis. Van elke genade gawe is so baie dinge daar, ons bid deur die genade dat U ons kind bewaar. Gee aan ons die insig Here vaste liefde in hierdie lewe Om U Frans-Albert groot te maak gewortel in U lewenstaak. Amen

But we can talk about it! Sure we can!

There is a euphoria of incompetence, blended with generous helpings of lazyness. Buckets full of talks, with follow-up....talks. One more bright idea, one more set of words One more talk about it. And at the end at the bitter end after years of deliberation countless meeting meals still nothing. Except the generous purchase of toilet paper, flushes down the drain But we can talk about it..

Daeraad van 'n besluit

Gebroke hart verdorwe dinge alles gesetel in gemeente kringe Bose kringloop van haat Gebreekte hart verkrimpte raad vergaderingstafel, onheils daad Omtreking betrekking heel geskaad Gedigte meneer wat wou jy meer... En jy wil ons van liefde leer? 'n Profeet van Jesus jy? Die daeraad  van 'n besluit Jou lewensbestaan, jy moet hier uit Die kerk's nie meer vir jou nie! Verplaasde hart hartseer dinge alles gesetel in gemeente kringe Bose kringloop van haat .......

Basseboude-wobble-rasie

My liewe tannie dieet my boude is te groot ek weet Die lewe gaan soms al te sleg dan eet ons, ons sorge met 'n ietsie weg Nou wat sal ons maak met die sware las? Los eerder die kossies in die kas en dink aan die gewiggies om jou bas! Basseboude-wobble-rasie Vetjies ek sien nie meer vir jou kans nie Skoert weg!!!

My Liewe Dominee, windlawaai.....

My Liewe Dominee, windlawaai Kom sê my, waar staan jy? En waar jy jou predikasie se baie gedagtes kry? Is dit dalk 'n e-pos, 'n videobeeld of twee of het 'n dwaalleerwurm dit in jou oor gegee? My liewe Dominee windlawaai met al jou baie papiere, hoe-gemaak en hoe-gedink oor al jou preek maniere? Is dit dalk die lekkerkry die kuns om te toneel? Of is dit die sadige woordesang om 'n verdraaing so te deel? My liewe Dominiee windlawaai wat sal ons daarvan sê? Is dit regtig wat die Christus vir die geringstes ook wou hê? En wat dan van die ou kleintjie's grootmenskinders van geloof? Is dit jou siel waardig dat jy, hul die evangelie so beroof? My liewe  Dominiee windlawaai Ek dog maar net ek vra? Die grootste fout lê ook by my, dat ek oor hierdie kla: En nie meer harder op my kniëe jou tong aan die Here op dra.

Nog nooit!

Nog nooit, in my lewe het ek gevoel soos ek hierdie paar dae voel nie. Nog nooit nie. Here ek het nog nooit nie. Seersekerlik, is ek nie dom geskape nie. Seersekerlik, is ek nie geskape om inhirent korup, en fals te wees nie. Om iets voor te gee wat ek nie is nie? Ek is 'n gebore sondaar. 'n swakkeling, wat juis tot my volle potensiaal kan kom deur Christus as ek swak is. maar Nog nooit, nog nooit was ek so afgemat, en gedemotifeer nie Nog nooit. Here? Is dit U stem, wat sê vir my? Dat ek 'n ander nering kry? Dalk 'n betrekking vir die koninkryk?   Here Laat weet U my.

My hulp kom van die Here.

Ek wonder of ek in trane sal verdrink, of my hande sal opslaan na die Hemel? Waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here! Sal ek hardloop na 'n selfhelpboek of my vergryp praatjies? Waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here! Help HERE!!

Geagte meneer die vakadviseur

Geagte Meneer die vakadviseur Dit is jy wat jou onderwysers moet bystaan in leer Maar ongelukkig die, dit kan jy nie want self leer en inspring dit wil jy nie Jou salaris kry Dit kan jy wel, en belangrik blyk dit doen jy snel. Geagte Meneer die vakadviseur Dit breek my hart my gemoed middeldeur Dit is tyd dat jy jou sokkies bekeer Jou kousies optrek en self leer Anders is jy niks meer as 'n dief nie!

cf, woorde, cf (n.d.) stuk

Here ek is moeg! Dit vreet aan my, vir 7 jaar al Jaar in Jaar uit Die nuwe jaar sal beter sê ek Jaar in Jaar uit Sonder hulp Jaar in Jaar uit Nog 'n paragraaf Nog 'n verwysing Nog 'n stuk nog 'n kruising Hompe en hompe se rondgepraat deurmekaar se omgooiraad met nog so tikkie by Here, dit is te veel vir my Help my! Laat dit  einde kry ASSEBLIEF HERE!!

'n Briefie vir jou! van my!

Ek sal vir jou 'n brief skryf! Ek sal jou 'in'-vertel Ek sal jou laat luister: "Vlieg na die hel!" Vir jou, jou bogter vir jou sal ek sê! Vir jou elendeling Hiers my epos: Dê! Lees, lees en hoor wat ek dink. Jou opinies jou gedagtes jou woorde stink! Lees, lees en vat my raad jou galbraak, jou gekoggel jou satanssaad Ek sal vir jou 'n brief skryf! Ek sal jou 'in'-vertel Ek sal jou laat luister: "Vlieg na die hel!" 'n Biefie vir jou, van my!! En jy.. sê my.. wies jy.. Om so te skryf?? Addresseer dalk Jou volgende brief aan jouself!