Posts

Showing posts from December, 2012

Gedagtes oor dinge in gemeentekringe

Dankie vir Cecile

Liewe Here Dankie vir Cecile Dankie vir haar My Lag My Lewe My Vrou! Dankie Here Dat is al vir nou!

EnkelEnkel-IetsweesIs

Enkel-Enkel Ietswees-Is! Daars te veel van hulle dit is gewis!   ~~**~~   Dit gaan oor die uiterlike skyn Satansgedagtes met verborge pyn Wat baie later kop uitsteek Dit is als gebaseer op 'n tyds-ilusie Die verganklike liggaam in prima kondisie Wat tot stof sal terugkeer Dit is blink, en oordadig Die begeerte nooit versadig Om êrens iets te wees Dit is grootnaam klere en ontwerper juwele Aangeskaf om hier te wees Dit is die amper skyn wat soos mis verdwyn As die waarheid daaroor val Mooi verwronge Self beskonke Smag na 'n leuen bestaan Na liefde na dit wat makeer Na die ontbreke Leuen-Leuen Hartseer keuse  jonk-en-mooi-bedwelmdheid en as jy oud is....smag na iets selfs enige iets O God! Enige iets! Om los te kom! Waar kom jou hulp vandaan?