Posts

Showing posts from November, 2012
Image
In retrospeksie oor dinge in die gemeentekringe.. en my vorige inskrywing!

MB se derde inskrywing.... te midde van al die wrywing....

Maranatha Banana Geagte Dr, Ds, Pastoor Wat help dit dat jy jou humeur verloor? Jou salaris en status die het jy nog. Maranatha Banana Jou piesangs is minder en tesame met die afleggings en salarisinkortings Begin die mense skinder Jou bestaansreg geanker in jou eie ego. Maranata Banana dit is 'Bannofee pie' Die pastoor,en evangeliesasie Laat die hare waai Sê nou maar net dit was jy? Maranatha Banana Die preek met 'n ete en grootlofprysingslawaai. Na die laaste hap is alles vergete. Wil jy regrig al die mense by die Here kry? Maranatha Banana Is jy regtig bekeer? Vra jouself die vraag af en dink maar weer! Jy is self ook nie gebou op een klip nie. Kom aan! ek daag jou uit! Stry met my! Wat daarvan jy werk sonder om salaris te kry? Sal jy nog steeds by die piesangboot bly? Sê my vir wie is jou sending dan eintlik? Ek dog net ek vra.....

Ter nagedagtenis aan......Geen titel vir die woorde nie

En wat van die vergetenes? God se skepsels waar daar nie liefde voor is nie wat van hulle? God het hulle lief maar nie ons hulle nie... Wie's ons? Skepsels God het ons lief maar nie ons die ander nie ...Sonde Here. Gedenk tog vandag elke kinderhart wat afgeskeep in liefde staan Omdat die ouers ......skepsels se liefde elders is cf. http://bertiebuitendag.blogspot.com/2012/10/geen-titel-vir-die-woorde-nie.html