Posts

Showing posts from October, 2012

Evangelieproduksiekomgerusweer

Die produksie moet perfek wees vir die eerbiedige gaste gering getoonset vir die fynproewer se oor want dit is 'n maatskappy hierdie die kompetisie is kwaai... Die preekstoel is weg, maar die verhoog staan reg gesnaar vir die insameling die week se verwondering-verkondiging van een of ander evangelie soms uit 'n epos uit Dit is jollie patrolie en lekker hier kom na ons gemeente toe (so lees die aankondiging) Elke jaar hang ons liggies aan 'n boom En as dit nie blink genoeg is nie voor in die kerk ook in die straat, en op plakate Hier verskaf ons verskillende diense psigiatries, beradend, en 'n kamp of twee 'n ware plek waar jy jou talente uit kan leef jy kan saamwerk, en meewerk, en diensbaar wees en dit doen jy alles gratis vir ons,  en mits jy jou bydrae gee mag jy ook op die bestuursraad wees Askuus tog... Askuus tog... Is jou nommer op die databasis? Die dominee wou graag weet; dit lyk of daar iets met jou bydrae skeet. Vermaaklike musiek met mildel

Geen titel vir die woorde nie

Sies aan jou.... Watse ma is jy? Dat jy geen ergenisliefde oor jou eie kry? Sies aan jou! Sies en sies en sies aan jou. Daars geen titel vir die woorde nie daars geen liefde met akoorde nie. Ek weet nie wat om verder te se nie, ek wil nie die woorde hierso se nie Al wat ek weet.... is SIES aan jou!!