Posts

Showing posts from July, 2012

Dinge dietjies en datjies ensovoorts.. oor iemand na aan my.

Ag hoe omskryf mens dit wat diep in 'n mens wremel? Dinge en gedagtes, bekommernisse? Liefde en besorgdheid oor 'n mens se eie broer, as hartseer en pyn so deel is van dit wat is, en dit wat mens nie wil hë moet wees nie? Sal ek soos Calvyn, of Luther (kannie onthou wie dit was nie) se moeder bid, aanhoudend deurgangs, voordurig en aanhou met glo? Sal ek aanhou bid dat die ystergordyn van haat, hartseer, en pyn, ook by hom wegval? Ek dink ek weet, maar ek weet ook nie. Wat in sy kop aangaan en wat daar tuis is nie. Ek is lief vir hom en hy gee om.  Hoe kan 'n mens askuus sê as askuus sê,  nie deel was van jou eie lewe nie? Hoe kan mens? Kan trots ooit gebreek word? Sal ek in smeking na die Here gaan, en Bachus se hand veroordeel? En liefde pleit? En aandring sonder reg daarop..... op genade..... Here dit is al wat ons kan doen. Dit is al wat vir ons oor is. Sëen die man, wat eers 'n kind was en erg self deur hartseer is,  verwerping ongevraagd. G

Gedagtes oor....

Liewe Here Hierdie week bêre ons die boeke van twee lewens op aarde, en soos elke keer noop dit mens om introspektief en 'ekstrospektief' na menself te kyk. Ek weet nie of daar so woord is nie Here maar ek voel dat ek al hoe meer moet kyk na hoe en waar ek in U raadsplan inpas.  Dankie vir genade, dankie vir liefde en dankie vir die wete dat U altyd daar is, altyd daar was en nog altyd sal wees. Dankie vir getroue dienaars wat U woord verkondig,U ware Woord gebring en verkondig tot verlossing en redding vir die mensdom aan almal wat U aangeneem het, en almal wat U stem hoor. Ek bid Here dat daar opnuut by elke mens die taak van visser en visser van mense sal wees, soos wat U ons in U woord beveel. Bring en gee dat elke aardse dienskneg van U, die taak opnuut besef, die erens daarvan aanvoel. Dit kan ons net bid as U gees in ons is. Laat ons gebed nie ongesiens laat verbygaan nie.  Here te veel boeke maak op aarde toe, sonder U goedkeuring, Hoor ons pleitgebed