Posts

Showing posts from June, 2012

Gedate oor preke......

Opmerking: [Ekself]  Ons het te veel predikers wat eerder preek ten behoud van die gemeente, as ten behoud van die evangelie!  cf. (2 Tim 4:1-4)

Montreal Vlog 6

Montreal Vlog 6 (Laaste dag, voor ek vanaand terug vlieg)

Montreal Vlog 5

Vlog 5 een oggend vroeg uit die hotelkamer.....  Gedagtes na Dana Snyman se artikel oor die Kers...... en dinge oor die NG kerk.

Goeie een

Ek het sopas 'n goeie beskrywing gekry van 'hoe ek glo'. Ek self is in die NG kerk, maar is baie meer na die gereformeerde kant as anders.... So ek is soos my pel gese het.......  'n Neder-Dopper   [Ek hou baie van die beskrywing]

Montreal Vlog 4

Vlog 4 hier uit montreal

Eishmalletjiemoegennaar

Dit is oorweldigend Dit is te veel Dit is onnodig Daars 'n knop in my keel Dit is verskriklik Dit maak my lam Dit is onnodig ek is tam Dit is 'n klomp kaas..... my koppie raas..... Eishmalletjiemoegennaar My ogies wil net huistoe staar En ek sit waar? ver-ver van my mense.

Montreal Vlog 3

Nog gedagtes uit Montreal (Vlog 3)

Montreal Vlog 2

Nog 'n Vlog uit Montreal :-)

Gebedsgedagte vir ons volk en nasie

Sal my hoof na die geberge gerig wees waar die arend swerwe Waar my God se toorn rus Daar is liefde onbetwis Wees U met ons Sal ons volk in elk gedagte vasgevang word in angskragte Waar daar haat en ywer is Volksmoord en Ubuntu is Wees U met ons Sal die Heer ons ooit begewe Ons in angs, benoud verwese Waar ons vol van sonde is Werk in ons o Groot EK IS wees U met ons Heer herhinder ons, ons belofte 'n volk se eie bondsgelofte Angsvol in die binneking Was daar ryke lof oorwinning U was eens met ons Help ons God, om te besef 'Die Heer is Groot waar Sions top Omwentel uit die dieptes op' Bevestig dit in hart en kop U is met ons!

InSITE 2012 Konferensie - Montreal (Gedagtes 1)

Hierdie is 'n Vlog van my gedagtes en wedervaringe die eerste twee dae in Montreal waar ek die InSITE 2012 konferensie bywoon.  

Gedagte

Die ergste tipe vorm van die leuen is die leuen wat jy wetens en onwetens aan jouself vertel, en dan self glo!

Gedagtes oor twee preek boodskappe.

Ek wou al lankal iets deel oor twee preke wat gelewer is deur een van ons predikers, by ons gemeente. Die afgelope paar kere was dit vir my besonders mooi en elke preek/boodsskap was wonderlik. Dit is 'n groot jammerte dat ons gemeente nie oor die tegnologie beskik om van die preke op beeld op te neem nie. Ek sou verseker van dit gekoop het om te versprei. Een van die hoogtepunte was ons kwartaaldiens, en twee ander hoogtepunte was twee preke gelewer deur Dr Gerrie Strydom.  Die een preek was oor Petrus en die vraag of hy die Here Jesus lief het en die ander een oor Elia en die baalpriesters. Beide preke was vir my besonders en ek reflekteer kortliks daaroor in die volgende vlog..  Ps: 'n vlog is 'n video (blog)

Reflection on - Ode to the farce, after a comment in the Beeld newspaper

'i' see a tree 'i' have a pee 'i' lift my leg and 'yes' sir 'ree' 'i' let-go 'i' am a dog 'i' like to pee but plant a tree no sir not me  

Helaas tyd

Ons is almal oppad na die ewigheid tree vir tree dag vir dag uur vir uur minuut vir minuut sekonde vir sekonde Helaas is dit dalk my laaste tree my laaste dag my laaste uur my laaste minuut my laaste sekonde my laaste kans Here dankie vir U genade Dankie vir U liefde Dit is al wat ons het.

Gebed vir nou

Here God,  gee tog dat alle twyfel,  angs en benoudheid  oor dinge binne  en buite my beheer,  totaal oorgegee word  in U beheer.  Wat reeds so is  en so sal wees,  en van altyd af nog so was.  Amen!

Gedagtehartseerdenke

Here is dit sy.... Here so weerloos aangetas deur die vinger van tyd... en die arm van krankheid in ons wêreld se seer gebrokenheid Here is dit sy... Here, so anders geknie gedeeg in gedaante gedaan Ag Here is dit sy? Ontvang tog in U tyd U kind gered in die tyd genadetyd Amen