Posts

Showing posts from May, 2012

Evolusieleuen!

Ek, ek in evolusie glo? en my God maak tot 'n sukkelaar? My God het die aarde in ses 6 dae geskep. [ יום yôm ] dag, nie millenia of eue nie dag. Dit is dit! As ek sukkel om dag in die skepping te verstaan en dag beteken baie meer... Dan kom my Jesus ook nie in drie dae opstaan nie, en na veertig dae opvaar na die Hemel nie, As dag ooit iets anders moet wees,  is my Bybel nie God se woord nie. En Lukas  negentien vers nege baie lank en twee Korintiërs ses vers twee dalk ewig en my redding nooit nie vandag nie  môre dalk die satan se ou ou leuen Nee, Nee nogmaals NEE My God is GOD En as my Bybel sê 6 dae is dit ses dae! Dit is dit Want op U Woord kan ek my geheel en al verlaat!

Seminaarartikulasie

Dit is 'n gebrabbel en 'n gepraat oor alles wat groot is Dit is geselsies oor idees en tegnologie wat dalk dood is Daars gedagtes en woorde en dinge wat oogskynlik mooi is Nog 'n ding nog 'n graad nog 'n artikel nog 'n gepraat Die hooggeplaaste van die organisasie die dinge die mense die publikasie die moord om êrens 'n stem te hê die daad om te wees en iets te sê jou vraag aan die spreker en ander te vra om jou opinie op die speelvlak uit te dra En dan dan.... dan weer.... selfvoldaan terug op jou seminaaartroonstoeltjie te sit En êrens êrens iewers met al die kennis en met ware wysheid sit God en dan..... Wat is die mens en sy opinies en idees oor die tydelike dan?

Brilliantly 'i' - ode to the farce

As long as the process is cheated as long as 'i' walk ever tall as long as 'i' stand up in being as long as 'i' lie all and all As long as the system works for me as long as 'i' know, no-one cares as long as 'i' get what i am 'wanting' as long as 'i' shine in the flares as long as 'i' do all the speeches as long as 'i' have all the say as long as the meeting believes me then 'i', 'i'm am the one OK! 'i' walk the lie 'i' talk the lie 'i' am the lie That's 'i't But nothing yet nothing how brilliantly wonderfully  promise-fully nothing!   Nothing  ever comes of 'i't! And that  is 'i'

cf. cf. meer en meer

Als is vandag oorweldigend Here Als voel vandag te veel Alles alles en nog alles alles in my keel. Nog 'n artikel, en nog 'n stuk nog 'n verwysing lees 'n ruk alles alles en nog alles,  nog 'n opmeet nog 'n maat nog 'n interpretasie, op formaat nog 'n diagram en nog 'n figuur elke dag en elke uur Internalisasie,  konseptualisasie,  kombinasie externalisasie Nonaka jou pes et al die res om in te pas in my omgewing om reg te wees met die regte lering Ag nee, ag nee  en dit vir wat? Help Here help ek voel mat!    

N.a.v 'n begrafnisstoet

Die grafte sê dit duidelik die dood is onvermydelik ons lewe almal tydelik in Genade so verblydelik