Posts

Showing posts from 2012

Gedagtes oor dinge in gemeentekringe

Dankie vir Cecile

Liewe Here Dankie vir Cecile Dankie vir haar My Lag My Lewe My Vrou! Dankie Here Dat is al vir nou!

EnkelEnkel-IetsweesIs

Enkel-Enkel Ietswees-Is! Daars te veel van hulle dit is gewis!   ~~**~~   Dit gaan oor die uiterlike skyn Satansgedagtes met verborge pyn Wat baie later kop uitsteek Dit is als gebaseer op 'n tyds-ilusie Die verganklike liggaam in prima kondisie Wat tot stof sal terugkeer Dit is blink, en oordadig Die begeerte nooit versadig Om êrens iets te wees Dit is grootnaam klere en ontwerper juwele Aangeskaf om hier te wees Dit is die amper skyn wat soos mis verdwyn As die waarheid daaroor val Mooi verwronge Self beskonke Smag na 'n leuen bestaan Na liefde na dit wat makeer Na die ontbreke Leuen-Leuen Hartseer keuse  jonk-en-mooi-bedwelmdheid en as jy oud is....smag na iets selfs enige iets O God! Enige iets! Om los te kom! Waar kom jou hulp vandaan?
Image
In retrospeksie oor dinge in die gemeentekringe.. en my vorige inskrywing!

MB se derde inskrywing.... te midde van al die wrywing....

Maranatha Banana Geagte Dr, Ds, Pastoor Wat help dit dat jy jou humeur verloor? Jou salaris en status die het jy nog. Maranatha Banana Jou piesangs is minder en tesame met die afleggings en salarisinkortings Begin die mense skinder Jou bestaansreg geanker in jou eie ego. Maranata Banana dit is 'Bannofee pie' Die pastoor,en evangeliesasie Laat die hare waai Sê nou maar net dit was jy? Maranatha Banana Die preek met 'n ete en grootlofprysingslawaai. Na die laaste hap is alles vergete. Wil jy regrig al die mense by die Here kry? Maranatha Banana Is jy regtig bekeer? Vra jouself die vraag af en dink maar weer! Jy is self ook nie gebou op een klip nie. Kom aan! ek daag jou uit! Stry met my! Wat daarvan jy werk sonder om salaris te kry? Sal jy nog steeds by die piesangboot bly? Sê my vir wie is jou sending dan eintlik? Ek dog net ek vra.....

Ter nagedagtenis aan......Geen titel vir die woorde nie

En wat van die vergetenes? God se skepsels waar daar nie liefde voor is nie wat van hulle? God het hulle lief maar nie ons hulle nie... Wie's ons? Skepsels God het ons lief maar nie ons die ander nie ...Sonde Here. Gedenk tog vandag elke kinderhart wat afgeskeep in liefde staan Omdat die ouers ......skepsels se liefde elders is cf. http://bertiebuitendag.blogspot.com/2012/10/geen-titel-vir-die-woorde-nie.html

Evangelieproduksiekomgerusweer

Die produksie moet perfek wees vir die eerbiedige gaste gering getoonset vir die fynproewer se oor want dit is 'n maatskappy hierdie die kompetisie is kwaai... Die preekstoel is weg, maar die verhoog staan reg gesnaar vir die insameling die week se verwondering-verkondiging van een of ander evangelie soms uit 'n epos uit Dit is jollie patrolie en lekker hier kom na ons gemeente toe (so lees die aankondiging) Elke jaar hang ons liggies aan 'n boom En as dit nie blink genoeg is nie voor in die kerk ook in die straat, en op plakate Hier verskaf ons verskillende diense psigiatries, beradend, en 'n kamp of twee 'n ware plek waar jy jou talente uit kan leef jy kan saamwerk, en meewerk, en diensbaar wees en dit doen jy alles gratis vir ons,  en mits jy jou bydrae gee mag jy ook op die bestuursraad wees Askuus tog... Askuus tog... Is jou nommer op die databasis? Die dominee wou graag weet; dit lyk of daar iets met jou bydrae skeet. Vermaaklike musiek met mildel

Geen titel vir die woorde nie

Sies aan jou.... Watse ma is jy? Dat jy geen ergenisliefde oor jou eie kry? Sies aan jou! Sies en sies en sies aan jou. Daars geen titel vir die woorde nie daars geen liefde met akoorde nie. Ek weet nie wat om verder te se nie, ek wil nie die woorde hierso se nie Al wat ek weet.... is SIES aan jou!!

Vir my eie kop, oor ewolusie

Heb_11:1  Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. En as Jesus self sê: Mar 10:5-6  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Vanweë die hardheid van julle harte het hy vir julle hierdie gebod geskrywe,  maar van die begin van die skepping af het God hulle man en vrou gemaak. Wie is ek om te stry dat God my gemaak het. En as jy in evolusie glo, moet jy teen die Bybel skop oor die volgende perikoop: Gen_1:24-26  En God het gesê: Laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle soorte: vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde volgens hulle soorte. En dit was so. En God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens hulle soorte en die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die grond kruip, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.  En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee

Vergewe Here

Vergewe tog Here; Asseblief, as my woorde vetkryt teen 'n swartbord is. Dit is gedagtes, dit is woorde, woorde in grepe êrens om en in die wolk. Maar dit is my woorde Here. Woorde uit myself, nie woorde in groepies voor ander nie. My woorde, soos 'n boek. Vergewe die skewe koringare, in U gekamde koringoesveld. En dankie dat ek mag weet: dat ek enige tyd U genadetroon mag binnegaan: Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.(Heb 4:16)  Dankie dat U genadige hoëpriester is. En ook my God is. Amen.

It all starts somewhere......

Image
It all starts somewhere with something....  I was in standard 6 (1991) and I got my first desktop PC. A 268 with 16MB of ram, and something very WOW for those days a VGA colour screen. In our school library Mrs   ‘Antonietes’ our librarian (please forgive the spelling), which I came to admire and had a great deal of respect for , showed me the a book, on computer programming.   And there it all started I was hooked, the book was filled with pictures (I always learn much better form pictures than form just text) and small examples. The schools computer studies teacher was also my math teacher and he also encouraged me a lot.   I was not one of the high flyer kids at school in those days due to various reasons, but still I enjoyed the book and another book which was also in our library. Only a selected few got chosen in Std 7 to continue with Computer Studies (CS) in St 8 to matric. Of course I also applied, and was duly rejected. Only the best can do CS, and you are not good eno

Nog 'n gedagte oor werk en doen.......

You opinion is duly noted...  Unfortunately we cannot implement it, because it requires work, we are committed though........ [The challenge with many things these days......]

Gedagte, oor werk en doen......

Somtyds is dit nie die geval van die individie wat so watwonderlik goed is nie, maar eerder die ander se ongewilligheid om self die werk te doen en te probeer. ~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~* ~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~* It is often the case that the individual are not that great as perceived, but rather the others non-willingness to do the work and try themselves.  

Flardeflenterrepies

Dit is in flarde Oom Dit is in flarde Dit is soos die trane wat van my wange afrol as ek oor eergisterjaar se eergisterjaar dink Dit is regte trane Die goeie dae van gister Maar dit is in flarde oom. Dit hang soos repies elk aan 'n garingdraad Geskeur, gedons, gewremel en êrens tussenin die niks die haat Môre groei die bôggerôls weer welig Een oormôre skiet dit saad gekunsmis deur lëe woorde en 'n oopmond gekouery Domonosel dremels met drêk wortels uit die vreemde Wat soek julle hier? Met'n vraatsigheid vir my gedagtekunsdoek wat nou in repies hang aan 'n draad Ja, dit is in flarde oom

Oh utter feelings of dismay

Oh utter feelings of dismay* How long do you plan to stay? When you speak ,it sounds as if you are regurgitating in reverse your words so fake like a chocolate coin, in a purse The chocolate went stale You are like a parasite tree, from another region Drinking my earths sap Depriving our roots of life’s water Spreading your foreign seeds Bringing forth foreign offspring With foreign thoughts Promoting and pursuing a gold rush To mine mountains of fools gold Oh why don’t you go back to your own region and be a tree just there amongst your own Where millions and millions of others are Maybe you are not wanted there Maybe you were cast out Unwanted seed off arrogance Invading my father’s ground Give me back my water So that I my bloom In the soil where I have been planted Go back! Go back! O hateful thing Oh God have mercy! My heart To sing!!! * [In response to a colleague’s Facebook post, over

Jy sê, wat nê? n.a.v 'n boodskap

Jy sê jy wil iets eksta doen? Is jy gek en van jou kop af? Jy dink jy gaan dit beter doen Jy is nou sommer laf Jy hoop dat jy 'n verskil sal maak jy's kens! Laat lees jou kop! Jy dink jy werk vir 'n goeie saak Jy's mal, dit is als 'n flop Jy sê, jy hoop dit is gou verby die gevoel wat in jou heers..... Jy wonder wat die wêreld dink maar ongelukkig, eks bevrees: Die boot is besig om te sink.

Ai togga ou Dikstes

Hello, Ou dikstes! Ou Dikstes de Beer. Aangename kennis Ek hoor jou hart's seer. Ag togga! ou dikkes ou rooihuid de bruin. Al jou gewerskaf so alles in 'vain' Ag gatslag, Gerhardus ou dikkes de beer Wanneer de dôner gaan jy jou les dan tog leer? Jy hoor nie, jy wou nie jou mond tog meer hou nie. Want was jou mond stil was jy nie waar jy is nou nie. Ag togga! Ou dikstes! Ou Dikstes de Beer. Probeer dan maar môre 'n ander dag weer! En se dan vir môre se môrens Koebaai Ag togga! Ou dikstes! Stil bek! Hokaai!

The sheer and utter calamity!

The sheer and utter incompetence in it all The excuses, The failures, The lies so tall! The sheer and utter calamity In the undeliverable, the inconsiderable Non-prosperity! It is the non-responsibility: Bad language, and grammar, in the make-believe tranquility It is in the: “has being’s” “till feather notice.” The dreamy indolence, of the mythology of Lotus It is in disproportionate placement of Logo’s It is in endless talks countless lunches and no-go’s Yet another M.O.U. Still another lie to you “He said, she said” Next year all is dead Yet another cry yet another calamity. Today and tomorrow an excuse of indemnity. Your notion is noted we are all so devoted, to utter disparity and next month’s salary God! Please save us from Ourselves And the continuing Calamity!

Des & Dawn - Die gezoem van die bye (live 1966) - YouTube

Des & Dawn - Die gezoem van die bye (live 1966) - YouTube Die Afrikaans na die Engels is regtig snaaks ;)  Luister gerus....

Di....e gebrand van die tyres

Op die wysie van: Die gezoem van die bye -----------------------------------------------   [ http://www.youtube.com/watch?v=6irNPpMQl1E ] ----------------------------------------------- Di....e gebrand van die tyres en die youth-leage flyers die getoi-toi by dosyne; Where the people demand and the comrades stand En nog meer probleme is myne Waar die grootbekke praat so ewe kordaat is elke jan-rap my maat; Where we march and we want and the economy cant en geveg gaan voort in die staat Di.....e gebrand van die tyres en die youth-leage flyers die getoi-toi by dosyne En die gevolgtrekking is dit is alles perdemis en die probleme teel aan soos konyne   die probleme teel aan soos konyne! ---------------------------------------------------------------------------------------------------------

Amandla comrades, Amandla all to me!

I want to sit in my luxury home drinking Earl grey tea. i want to drive my Mercedes Benz. but work hard, no not me. I want to be a member of Parliament and fly in the Airoplane i want to commemorate a comrade all in pretty vain I want to take long lekker holidays and be so casual at work I want to sit and lounge around where all the others lurk I want to complain of my situation the troubles and problems, of the rest of nation I want to have the country's gold and all the other prosperity I want to, be I have to, be All that i can be I want to, want I have to, have All and all for me I want this life and all for myself and yes and so I say We want this life and all for ourselves Amandla! hip hooray quick quick comrades quick quick just before i die. quick quick comrades quick quick How will the nation cry? __________________ Proverbs 6:6 Matthew 6:20 Matthew 16:26

Dinge dietjies en datjies ensovoorts.. oor iemand na aan my.

Ag hoe omskryf mens dit wat diep in 'n mens wremel? Dinge en gedagtes, bekommernisse? Liefde en besorgdheid oor 'n mens se eie broer, as hartseer en pyn so deel is van dit wat is, en dit wat mens nie wil hë moet wees nie? Sal ek soos Calvyn, of Luther (kannie onthou wie dit was nie) se moeder bid, aanhoudend deurgangs, voordurig en aanhou met glo? Sal ek aanhou bid dat die ystergordyn van haat, hartseer, en pyn, ook by hom wegval? Ek dink ek weet, maar ek weet ook nie. Wat in sy kop aangaan en wat daar tuis is nie. Ek is lief vir hom en hy gee om.  Hoe kan 'n mens askuus sê as askuus sê,  nie deel was van jou eie lewe nie? Hoe kan mens? Kan trots ooit gebreek word? Sal ek in smeking na die Here gaan, en Bachus se hand veroordeel? En liefde pleit? En aandring sonder reg daarop..... op genade..... Here dit is al wat ons kan doen. Dit is al wat vir ons oor is. Sëen die man, wat eers 'n kind was en erg self deur hartseer is,  verwerping ongevraagd. G