Posts

Showing posts from November, 2011

Gedig oor skyn

Proffessor Doktor Domme ding! Wat skynretoriek jou woorde sing. Jou woorde toon geen insig nie. Want logika die het jy nie. Professor non-Doktor Edele meneer! Wil jy ons met jou wysheid leer? Jou lering is 'n politiekspel So waar so reg so uit die hel! Professor Doktor met jou 'fancy' brille. Jou oë is toe soos lichi skille. En êrens in jou skedel heen glo jy jou eie leuen!

Gedenk tog aan haar ook Here

Liewe Here My gebed gaan uit, na haar wat seer het wat dalk twyfel in haar oog het en pyn deur haar liggaam heen Wees u tog genadig Grote God en dink goedhartiglik aan haar lot en tree in met herstel Amen

En hoekom nou weer.....

Die amper skyn van die kennislewe, beboek gebind, in woorde wese. Hier iewers tussen blaaie heen, en kennis vasgeleg tussen woorde. Sit ek en wonder.... hoekom, waarom en waarheen...  [Facebook post 15 November at 08:41]