Total Pageviews

Tuesday, October 25, 2011

Die logika daarvan

Na aanleiding van:

Dáár is nie hoop nie! – Ek wil SKREEU! Ek is moeg geveg! En intussen is die bevooregtes bevoordeel, en die wyses weg! ‘n Vergroeisel in die Akademie, verdoem die logika weg! En die regtes is die slegtes, en die slegtes is tog so wys, want al wat die regtes makeer is….. hulle gee om.

[Bertie Buitendag - Facebook, post 2011/10/25 om 7:40]

Ek skink vir my 'n kopie Java
met my komponent geboude koffiemasjien
'n proses en 'n lekkerte wat my oog nie sien

Ek druk en draai 'n knoppie,
om my eindproduk te kry
en twee strale lekkerte word gemaak vir my

Die koffie word vervaardig in 'n logikaproses
in voorbepaalde algoritmes
objek boodskap op opbjek gebeurtenis


En ek leer die proses, deur die sien daarvan
met interaksie van masjien en man


En ek, ek is die slegte een, omdat ek koffie 
met 'n masjien maak!




 

Monday, October 17, 2011

Werksweekretorie

Dit is nog 'n week
met nog dinge
dietjies en datjies
met hordes sinelose vergaderings
voorleggings
verskuilde agendas
en blindeoog leuens.

Dit is nog 'n week
vol dinge van waansin
en mense met aansien
Professor, Doktor, edele meneer
Selfs die Ds. eerwaarde 
moet die mense leer,
handevol niks

Dit is nog 'n week
met punte en state
rooi ink en kennis skyn
en as die aksies moet loop
in die donker verdwyn.
Liewe Proffessor non-doktor
is dit dan steel of nie?

Dit is nog 'n week
dalk ons laaste week?
Van sinnelose tydpspandering
in ons akademiese-
rampantjanna-regering!
Kom tyd kom raad!
Verlos ons van die overdaad!

Dit is nog 'n week, 
soos elk ander week
En hier sit ek 
en dink die tyd verby.
Sal enige van die braaksel
gedagtes, ooit by U Here
aanklank kry?

Vergewe my!