Posts

Showing posts from January, 2011

O tyd! en ewigheid

Image
Dit is 'n Fatale plek hierdie! Die aarde met sy tydsgebondenheid, en die genadelose tyd maak almal seer van staatspresidente, en die van koningsparlemente. Niemand op hierdie aardse opera teater vol van hartseer, verdriet, en die onverwagte is nie 'n slagoffer nie! Dit is 'n Brutale plek hierdie En tyd is genadeloos, met al sy kontakte oor al die wêreldgrense heen, almal is in hierdie tyd deur die aardse baan na die ewigheid. Niemand op hierdie aardse speelvlak vol van haat, verwyte, en die onbeplande spring dit vry nie ! Maar wat sal ons gevolgtrekking wees? En wat sal ons kan sê teen hierdie fatale pandemie vol brutale listigheid. Ek weet nie maar dit weet ek: Geen niks, alleswaar niks of iets anders kan ons van die liefde van ons God skei nie! [Opgedra aan almal wat in hierdie week deur 'n swaar tyd was, en nog sal wees...]

Evangelie-prrek-Pleidooi

Agge Nee, togga Dominees Agge Nee! Agge Nee! Was vanoggend die beste wat jy vir die koninkryk kon gee? Was dit regtig? My hart is gebroke en my siel is ontstoke jou boodskap was leeg! Agge Nee, Togga Dominees Agge Nee! Agge Nee! Waar is al jou jare se opleiding vanoggend heen, en ons kerk se teologie van redding? En waar was jou perikoop jou bybelse mikroskoop om in siele in te grawe? Agge Nee, Togga Dominees Agge Nee Agge Nee! En wat van die mense wat vanoggend die eerste maal , na jare dalk weer in die kerk was? Die herderloses! Wat van hulle? en wat van hulle wat goddeloos ronddwaal Sou hul werklik kon besluit om vanoggend die Here te kies? Agge Nee Togga Leraar Agge Nee Agge Nee! Ek het gesien hoe party van die oue's hulle koppe skud en met steeds dowwe oë uitstap. Want: Op jou lering kon ons nie Amen sê nie en ek dink nie dit is wat die Here sou wou hê nie. Asseblief Liewe Dominee Asseblief Asseblief Herdenk tog weer jou bevestigingsbelofte Jou eie persoonlike preekgelofe Jy&