Posts

Showing posts from 2011

Ek dink ouma sou oorstelp wees.....

Sy het gaan sit op die groot bruin uitskopstoel en haar hande oor haar seer kniee gevryf. En soos male sonder tal, en elk oggend aand tevore  haar hart, gees en wese na die hemel  na haar God in gebed gerig. Die gebed was vir almal almal wat vêr was almal wat naby was en almal wat om haar was. Ook haar familie en haar kinders en haar kleinkinders. Dit was vir my altyd iets besonders, om Ouma so te sien bid.  Statig, met gewone woorde en diep eerbied dieper nou as ek daaroor terugdink. Geen saak was ooit te simpel of klein daarvoor nie. Oupa was klaar huis toe Ouma was alleen, en my oom Johan was tale keer in smeekgebed aan God gewy. En eenkeer op 'n dag  êrens in die onlangse verlede het God haar gebed verhoor. Oom Johan is die week huis toe. En as ouma nog geleef het dink ek sy sou oorstelp van blydskap gewees het. En ouma sou in haar gebed die week God geloof en prys het en aangehou bid het vir die ander.    ~*~*~ Johan Nicolaas Buitendach

Dit is hartseer maar waar...

Ek het vandag tot een besef gekom. Daar is werklik dinge in die lewe, al probeer 'n mens ook hoe hard, wat jy nooit weer verander gaan kry nie. Selfs al was die verlede hoe, edel en hoe mooi met die beste intensies. Wat gedraai is is gedraai, en soos dit is sal dit bly. Vir my lê die hartseer egter, dat ek self ook ingeweef is in hierdie realiteit. Die vraag kom egter.. watse opsies laat dit my. Sit en bly en skop teen die skimmels, van verdraaide opvattings, buite konteks en buite verstek. Die skop maak in ieder geval net jou eie voete seer, en die energie gaan verlore. Energie wat vir iets soveel beters aangewend kon word. Dit help nie! Dit help nie om te probeer skop nie. Dit maak net seer. Wat nog seer maak is die wete, dat 'n mens tog saam met jouself moet leef oor elke besluit wat jy maak, Is dit dan nou om te bly, of is dit om te gaan. Die Bybel sê: Maak die beste gebruik van elke geleentheid, tog dink ek mistas ons die vers. Dalk moet dit wees: Maak die beste

Gedig oor skyn

Proffessor Doktor Domme ding! Wat skynretoriek jou woorde sing. Jou woorde toon geen insig nie. Want logika die het jy nie. Professor non-Doktor Edele meneer! Wil jy ons met jou wysheid leer? Jou lering is 'n politiekspel So waar so reg so uit die hel! Professor Doktor met jou 'fancy' brille. Jou oë is toe soos lichi skille. En êrens in jou skedel heen glo jy jou eie leuen!

Gedenk tog aan haar ook Here

Liewe Here My gebed gaan uit, na haar wat seer het wat dalk twyfel in haar oog het en pyn deur haar liggaam heen Wees u tog genadig Grote God en dink goedhartiglik aan haar lot en tree in met herstel Amen

En hoekom nou weer.....

Die amper skyn van die kennislewe, beboek gebind, in woorde wese. Hier iewers tussen blaaie heen, en kennis vasgeleg tussen woorde. Sit ek en wonder.... hoekom, waarom en waarheen...  [Facebook post 15 November at 08:41]

Die logika daarvan

Na aanleiding van: Dáár is nie hoop nie! – Ek wil SKREEU! Ek is moeg geveg! En intussen is die bevooregtes bevoordeel, en die wyses weg! ‘n Vergroeisel in die Akademie, verdoem die logika weg! En die regtes is die slegtes, en die slegtes is tog so wys, want al wat die regtes makeer is….. hulle gee om. [Bertie Buitendag - Facebook, post 2011/10/25 om 7:40] Ek skink vir my 'n kopie Java met my komponent geboude koffiemasjien 'n proses en 'n lekkerte wat my oog nie sien Ek druk en draai 'n knoppie, om my eindproduk te kry en twee strale lekkerte word gemaak vir my Die koffie word vervaardig in 'n logikaprose s in voorbepaalde algoritmes objek boodskap op opbjek gebeurtenis En ek leer die proses, deur die sien daarvan met interaksie van masjien en man En ek, ek is die slegte een, omdat ek koffie  met 'n masjien maak!  

Werksweekretorie

Dit is nog 'n week met nog dinge dietjies en datjies met hordes sinelose vergaderings voorleggings verskuilde agendas en blindeoog leuens. Dit is nog 'n week vol dinge van waansin en mense met aansien Professor, Doktor, edele meneer Selfs die Ds. eerwaarde  moet die mense leer, handevol niks Dit is nog 'n week met punte en state rooi ink en kennis skyn en as die aksies moet loop in die donker verdwyn. Liewe Proffessor non-doktor is dit dan steel of nie? Dit is nog 'n week dalk ons laaste week? Van sinnelose tydpspandering in ons akademiese- rampantjanna-regering! Kom tyd kom raad! Verlos ons van die overdaad! Dit is nog 'n week,  soos elk ander week En hier sit ek  en dink die tyd verby. Sal enige van die braaksel gedagtes, ooit by U Here aanklank kry? Vergewe my!

Skreeu!!!!

Help! Help! Dit is al wat ek kan sê! Help! Help! Dit is wat my hart wil hê! Help! Help! Here!  U weet hoe ek voel, in hierdie dolle lewenstyd gedagte-warre-woel!

Nou ja. Kulula dot com.... :-) Werd om te probeer :-)

Image

Gebed, sommer so kop na bo

Ons bid vir genade Ons bid vir rëen, ons rig ons gebede en vra vir sëen Na wie en na watter element in die lug 'n beeld op 'n tafel of 'n boekgeskrewe klug? Ons hou vas aan genade en glo in vergifnis wat ons daeraad en lewe se hoeksteen pilaar is Vandag liewe Here! Draai u oor na my U wat die lewe gemaak het staan my by In hierdie donkere duisternis van siekte, hartseer en bekommernis vra ek dat die GROOT EK IS met my sal wees, en bly Here gedenk tog aan u kind wat in donkerte u hand wil vind om deur die nuwe donker dae by u te wees in die lewensslae Asb...

Gebed vir Radiokansel - 657 AM

Image
Die Here werk op besonderse maniere deur die eeue, deur die ure. Om daar waar ons tans in die tyds gebondenheid oppad is na die ewigheid! Die Here het vandag weer so gewerk Deur 'n aardse dienskneg van Sy kerk Om die blye boodskap deur die etergolwe te bring aan die skape tussen wolwe! O Here sëen U draadlooskansel, in ons land Suid Afrika om die liefde, genade, en vryspraakboodskap aan almal uit te dra! http://www.radiokansel.co.za

Kanniewôrrie - Vlog

Gedeelte oor wat die gedig beteken. :-)

Kanniewôrrie

Ons het 'n kanniewôrrie houding in 'n kanniewôrrie land Ons gooi klappers na ons medemens wat huil en sit verbrand Ons het 'n kanniewôrre lewe met 'n laag besorgdheidsroom wat êrens in die wêreld na beter dae droom Ons dra 'n kanniewôrrie makser in 'n kanniewennie lewe ons droom drome van euphoria en dans op die kortstondige leuen

Dankbaar vir mense video

Hiedie is 'n vlog oor die dinge waarvoor ek dankbaar is :-) Genade, mens kan nie kies watter beeld vertoon word vir die intro (prentjie) nie. Die vorige video, het die lelikste gesig van my. Dankbaar dat dit nie permament is nie. :-)

Ingebroke gedagtes

Hello Lank laas iets getik. Dar sal nie iets verder wees oor Amerika nie. Vandag is die 6/6/2011, en soos ek nou voel is niks lekker nie. Maar nou ja. Dit is seker deel van die lewe. Ek laai 'n video insetsel op, dit is al vir vandag. :-)

In Amerika (Deel 3)

Hierdie inskrywing, is 'n bietjie laat. Dit is nou sondag die 1ste Mei (en ek het vrydag in Las Vegas - aangekom), en dit handel oor Seattle en ook idees en gedagtes oppad na Las Vegas. ----- Dalk het ek dit al gesê, ek weet nie. Die VSA is 'n top eerstewêreld land met ongelooflike potensiaal, en aan die voorpunt, van baie dinge. Maar hier wil ek nie bly nie. VIVA LAS VEGAS! Ek is vandag oppad na die stad wat genoem word, die "Fabulous city", ek weet dit is verkeerd gespel. Ek sien baie uit na die tydjie wat ek daar gaan spandeer. Ek wil graag die grand canyon sien. My tyd hier in Seattle was werklik, baie besonders. Die besoek aan die boeing fabriek was een van die hoogtepunte in my lewe en ek is baie dankbaar, vir die geleentheid wat ek gegun is om dit te sien. Die kapasiteit, en die asemrowende prosesse wat daar plaasvind is iets om te beleef. Baie van die dinge is net onwerklik. Die skaal van die dinge daar is ook uitermatig groot, met klem op uitermatig groot. Ek

In Amerika - April 2011 (Deel 2)

Dit was lekker in San Fransisco. Ek het in 'n goedkoop hotel gebly, en die diens en verblyf was glad nie sleg nie. Die eerste paar ure in SFO was erg, dit het vir die eerste span gereen en dit was lekker koud. Darem kon ek vinnig op een van die Hop-On-Off busse klim, en die eerste een wat ek geneem het was toe welliswaar die een oor die Golden Gate brug. Dit is lankal nie meer die grootste brug in SFO nie, maar is steeds iets baie besonders om te sien. Die omliggende landskap is pragtig, en die see en mere soos wat hulle die "Bay area" noem is pragtig. Ek het my benens afgeloop in die stad. En het verskeie plekke gesien, soos die fabriek waar "Charly & die Choclate factory" sou afspeel, asook baie mooi tereine en tuine. Daar is selfs 'n baie baie gewilde straat ganaamd: Lombard straat (Sjoe die Lombards is orals), van Parys tot Amerika en die hele wye wêreld vol. Dit is ook die plek in die stad met die grootste kronkelpad,en die mooiste tuin. Ek het Alca

In Amerika - April 2011 (Deel 1B)

Die afgelope paar dae in San Diego, saam met Ester & LeRoux en kinders was baie lekker en leersaam. San Diego is 'n baie pragtige kusdorp, wat 'n mens nostalgies laat dink aan die Kaap. Maar die Kaap bly die Kaap! Die mense is baie anders en baie vriendeliker as wat ek oor die deursnit beleef het in Washington. Daar is baie mense wat Spaans praat, en ek dink die lewensomstandighede vir hulle is anders. Hulle is werklik vriendelik en baie "jollie" mense, maar baie keer op die gesigte en gelaat van baie van die mense, kan 'n mens die lewenshale van die swaar kant an die lewe sien. Die sokkerbyeenkomste waar ek was waar Brandon gespeel het, was werklik iets besonders. Die ouers is ten volle betrokke en anders as in SA, het ek nie die gevoel gekry dat die kinders speel om op te maak vir hulle ouers se foute in hullee jonger dae nie. Ek was gister by die $0.99c winkel, en 'n mens kan allerhande dinge daar koop. My een tas is alreeds vol van die 99c bargains. Va

In Amerika - April 2011 (Deel 1A)

Dit is vandag die 23ste April, die derde dag wat ek in Amerika is. Ek weet nie waar om te begin en wat om te tik nie, so kom ek begin maar met die dinge wat my opgeval het Eerstens wil ek iets patrioties se (hoop dit is reg gespel) - Ek en ons kan regtig dankbaar en trots wees op 'n lugdiens soos SAL, regtig. My vlugte (JNB-DKR-IAD) is elke keer goed. Boenbehalwe die feit dat ek goed op die vliegtuig behandel is, is daar altyd 'n koeldrak of koffie of broodjie esktra agter in die ruim. Die lugwaardinne is vriendelik, en gee glad nie om om vir my ou Koffiepot koffie aan te bring nie. Ek het hierdie keer probeer om, te slaap op die vliegtuig, en het twee slaappille gedrink, saam met een medlemon. Dit was 'n fout, ek was vir 'n rukkie so deurmekaar soos 'n weeluis op, op 'n staalwolmatras, maar slaap was niks nie. 40 min voor die tyd op die vliegtuig, 8uur, 25 min na Dakar, 1 uur 15min op Dakar "want die vliegtuig moet geinspekteer en 'gedubbelinspekteer w

Rondomwarboeltuimeldinge

Daar is allherhande dinge in my gedagtekringe dit is mooi dit is goed dis is net Daar is nuwe kleure en nuwe geure dit is daar dit is waar dit is net Daar kom nuwe tree en vreemde wee dit is so dalk van bo dit is net Daar is vreemde dinge in my gedagtekringe en so ja so is dit net Ai Liewe Here Dit skommel tekere en ek ja ek is bang

Brief aan 'n vriend

Beste Vriend Ek weet nie eers hoe om hierdie brief te begin nie. My hart is seer saam met joune, en die warboel gedagtes oor die lewe is ook soos sout op my lewenswortels. Wat kan ek sê oor die dinge van die afgelope tyd. Daar is niks wat ek kan doen om jou hartseer, en dalk ook jou agressie of innerlike tweespalk te demp nie. Weet net een ding, en weet dit verseker! Maak nie saak hoe erg die dinge nou te blyk wees nie, die toekoms en ons verwagting oor dit wat voorlê is verseker beter. 'n Ander goeie vriend van my sê altyd, as jy ding dink dit erg en sleg gaan, en jy in die put is, moet jy weet, dit kan altyd erger. Dit is 'n snaakse, vreemde idioom maar tog waar in elke opsig. Ek kan nie jou omstandighede verander nie, ek kan net toekyk hoe die lewe se wasmasjien sy siklus op jou volstoomsterkte volbring. Dalk, net dalk kan ek dit ter versagtig sê, ek was ook al deur dieselfde wassiklus, 'n paar maal al, en oor al die kere kan ek nou getuig dat ek tog die Here se hand da

O tyd! en ewigheid

Image
Dit is 'n Fatale plek hierdie! Die aarde met sy tydsgebondenheid, en die genadelose tyd maak almal seer van staatspresidente, en die van koningsparlemente. Niemand op hierdie aardse opera teater vol van hartseer, verdriet, en die onverwagte is nie 'n slagoffer nie! Dit is 'n Brutale plek hierdie En tyd is genadeloos, met al sy kontakte oor al die wêreldgrense heen, almal is in hierdie tyd deur die aardse baan na die ewigheid. Niemand op hierdie aardse speelvlak vol van haat, verwyte, en die onbeplande spring dit vry nie ! Maar wat sal ons gevolgtrekking wees? En wat sal ons kan sê teen hierdie fatale pandemie vol brutale listigheid. Ek weet nie maar dit weet ek: Geen niks, alleswaar niks of iets anders kan ons van die liefde van ons God skei nie! [Opgedra aan almal wat in hierdie week deur 'n swaar tyd was, en nog sal wees...]

Evangelie-prrek-Pleidooi

Agge Nee, togga Dominees Agge Nee! Agge Nee! Was vanoggend die beste wat jy vir die koninkryk kon gee? Was dit regtig? My hart is gebroke en my siel is ontstoke jou boodskap was leeg! Agge Nee, Togga Dominees Agge Nee! Agge Nee! Waar is al jou jare se opleiding vanoggend heen, en ons kerk se teologie van redding? En waar was jou perikoop jou bybelse mikroskoop om in siele in te grawe? Agge Nee, Togga Dominees Agge Nee Agge Nee! En wat van die mense wat vanoggend die eerste maal , na jare dalk weer in die kerk was? Die herderloses! Wat van hulle? en wat van hulle wat goddeloos ronddwaal Sou hul werklik kon besluit om vanoggend die Here te kies? Agge Nee Togga Leraar Agge Nee Agge Nee! Ek het gesien hoe party van die oue's hulle koppe skud en met steeds dowwe oë uitstap. Want: Op jou lering kon ons nie Amen sê nie en ek dink nie dit is wat die Here sou wou hê nie. Asseblief Liewe Dominee Asseblief Asseblief Herdenk tog weer jou bevestigingsbelofte Jou eie persoonlike preekgelofe Jy&