Posts

Showing posts from November, 2010

Koebaai tyd

Image
Daar was 'n tyd..... 'n beter tyd eenmaal eens in 'n omwenteling Waar eenmaal ek in daardie tyd geliefd was as 'n enkeling Daar was 'n tyd 'n mooie tyd weggepak in mooi herhinderinge waar eenmaal ek in daardie tyd n mens was in mooie lewenskringe Daar was 'n tyd 'n lankterugtyd verweg op 'n plot waar eenmaal ek in daardie tyd ook kind was saam my God Daar was 'n tyd so mooie tyd met oorvloed liefde lag waar eenmaal ek in daardie tyd kon wonder oor 'n dag Toe kom 'n tyd 'n ander tyd wie sou dit ooit kon raai dat eenmaal ek in hierdie tyd vir daardie tyd kon sê koebaai

Geknopte gedagtes

Tyd is 'n verwronge geneesheer maar tyd genees die probleem egter is almal het net x. *~*~ *~*~ *~*~ *~*~ *~*~* Iemand maak 'n skertsende opmerking oor my inskrywings: 'Al wat jy tik is geloofgoed', niks oor die lewe nie; niks oor wat jou maak klop nie! My vriend - lees weer! *~*~ *~*~ *~*~ *~*~ *~*~* Ek wonder soms werklik of daar regtig... (ek voel te sleg om verder te tik.....) *~*~ *~*~ *~*~ *~*~ *~*~* Dankie net Here dat ek weet dat daar mense is wat lief is vir my. Al voel ek soms soos 'n padtrapfiets in 'n "offroad"-motorfietswedren.

Om die sin in die sin vir bestaan te sit.

Image
Daar is werklik soveel dinge in die lewe wat alledaags omgaan, klein dingetjies, groter dingetjies en sommer alles. Maar die een ding wat my nog altyd laat goed voel is om te gee! Vandag is my dag gemaak deur 'n skepping van die Here! Die vashou! Die wonder! en die gee! Aan dierbare lieflike mense,naby en in my hart! Daarin lê vir my van die lewe se grootste sin, en vreugdes!!!

Hope en hope dinge

Daars 'n hoop flenters in die linkerhoek en in die regterhoek stapel hartseer op In die middel 'n hoop grond waar drome begrawe lê Daar is blaaie met woorde uit my lewensboek en die omslag is weg, 'n papierdop Die ink vervaag waar trane, hartseer woorde sê Daar is hope en hope dinge met saggehuilde oë van wanhoop van gister se eergister en eerderjaar se voorjaar weg Die deur staan oop in die middelkamer waar eers die duiwel listig was sy leuenkan omgeval met bitteralg vermom as heuning Daar is hope en hope dinge met saggehuilde oë van wanhoop en bitteralsvergiftiging van gister se eergister en wat immersoet in die hede was is nou sleg Mag deur die deur in die binnerkamer waar nou die hope flenters lê en my boek se blaaie plek plek lê êrens 'n stem van liefde sê: "Maak gou!, bring klere.."

HA-HA

Die HA-HA is toe op my.. en dit maak my hartjie baie bly :-)

Maranatha Bana - So sê jy

Maranatha Bana! So sê jy? Ons wil al die kinders by die Here kry! Maranatha Bana, liewe land! Waarom is jou voorbeeld dan so astrant? Maranatha Bana! So sê jy? Verduidelik waar jy jou evangelie kry! Is jou evangelie die een van Johannes of soos die van Judas heeltemal anners? Maranatha Bana! Waar tog heen? As op elke hoek en elke steen 'n Bordjie van gesag tog hang: Spreek my aan! ek het rang! Maranatha Bana, mag ek vra: Is dit Jesuskleed wat jy daar dra? Of is jou eie titelregte, grootmond en salariskaal Dit wat jy vir die wêreld oor God se liefde straal? Maranatha Bana! Se nou net.. Dis Jesus self wat kom aanklop het Wat sou jou houding dan tog wees? Helaas dalk weer 'n.... Annaniasgees