Posts

Showing posts from May, 2010

Kringskade

Die selfmoord in die buitekring het 'n merk gelaat en deurgedring tot in my diepste wese! Die tyding was so ongevraag en die gedagte het my uitgedaag wat doen jy nou na dese? Die lewe se kortstondigheid En daarna God se ewigheid ontnugter stelle vrese In 'n warboel denkgedagtes ' n sielegees lys van klagtes stadig statig afgelese Here Red tog hierdie mens en dring deur elke satansgrens Om met elke genadeasemteug my in my Skepper te verheug!

Brief aan 'n vriendin.

Hello Vriendin Ek hoop dat dit goed gaan met jou en sommer ook met julle almal. Ek sit nou hier in my ou kantoortjie vroeg op hierdie sondagmôre en wonder straks na die lewe. Ek is nie soos ek moet wees nie en voel ook nie soos ek moet nie. Ek verlang na 2004! - sjoe dit was een van my beste jare nog. ek weet dit was nie een van joune nie, maar ek het so baie bereik daardie jaar. Dit voel of my blus uit is, en ek vasgevang sit in 'n bose kringloop van twywel, neerslagtigheid en sommer ook hande en hande vol hartseer. Vanoggend gaan ek kerk toe, om voorsang te sing, en vir die eerste keer in 'n lang tyd, of kom ek wil amper sê vir die eerste keer wil ek nie eers gaan nie. Hier is 'n gediggie wat ek sommer skryf: Dit omvat hoe ek tans voel Gebed op 'n sondag Verwornge, donker lewenspaaie selfgekose godsverlatenheid. Diep-gemergelde sondelaaie seergehuilde bitterheid Bring 'n beeld vir my na vore geskilder met klank en hemelkore Dat ek ook eenmaal Here weer U