Posts

Showing posts from February, 2010

As my hart kon

As my hart kon vrylaat, wat binne in hom opgedamp is sou dit dalk beter wees As ek vir die wêreld kon skreeu daar waar dit donker is sou dit dalk beter wees Beter wees vir my, en beter vir my siel O Here, gee ontvlugting En bring vir my, daar waar my trane opgedamp in my wange sit 'n Sakdoek net vir my As my oë kon uitspeel die donker rillers van my hart sou dit dalk beter wees As my mond kon roep, en my hande smeek om hulp sou dit dalk beter wees Beter wees vir my, en beter vir my siel O Here gee ontlading En bring vir my 'n spoegsel grond Sodat my hart se droë krake mag heel word, maak gesond! As my trane in letters kon verander, en die druppels val as rou sou dit dalk beter wees As u trane Here dalk oor my, my diep selfsugtigheid kon deurnat sou dit dalk beter wees Beter wees vir my en beter vir my siel My Here gee tog vrede En skenk aan my gemoed Gewilligheid o Here, om uit te strek na bloed Bloed gestort vir my!

Doen dit Jonge man!

Skeur 'n bladsy uit jou Bybel jonge man Skeur 'n bladsy uit so vinnig as jy kan Nog 'n skopus, nog 'n deel Heer my sonde raak te veel Skeur 'n bladsy uit jou Bybel jonge man! Skeur 'n bladsy uit jou Bybel jonge man Die duidwel seg jou duid'lik ja jy kan Nog 'n Tittel nog 'n Jota Here skryf dit op 'n nota Lees 'n bladsy uit jou Bybel jonge man Lees 'n bladsy, vra die Gees ja wel jy kan Nog gebede, nog gekla Nog 'n smeking Here, Ja! Lees 'n bladsy uit jou Bybel jonge man Bid 'n bladsy uit jou Bybel jonge man Bid 'n bladsy so hard as wat jy kan Vra die Here om genade en 'n oor aan hierdie aarde Bid 'n bladsy uit jou Bybel jonge man Glo elk bladsy in jou Bybel jonge man Glo elk bladsy met alles wat jy kan Glo eg aan Gods genade En vergifnis vir jou dade Glo elk bladsy in jou Bybel jonge man