Total Pageviews

Sunday, January 31, 2010

Roep my siel jou stem na bowe

Roep my siel
Jou stem na bowe
Roep my siel
na wat U belowe:

Dit damp op Here
Dit word vol
Dit damp op Here
Groot swart kol

Dit maak seer Here
Dit maak naar
Dit maak seer Here
Wees tog daar

Help tog Here
Help tog Gees
Gee Genade
tog meer Vrees

Reik U hand uit Vader
Strek U arm nader
Na die donker put
Hier waar ek in godsverlorenheid
in my eie groot plas trane sit

Saturday, January 9, 2010

Kleinkasjoernaal

Opgeskeurde lewensblaaie
inkverlorenheid
Dofgekneusde oogwinkkiekies
wis dit alles uit!

Soveel data
nog 'n datum
soveel sonde
ingebonde

Heer, o Gees maak weer 'n draai
Kom krap deur ieder hoek en laai
Kom wis tog al die onheil uit
Wat lewenslus so welig buit!

Soveel data
nog 'n datum
soveel sonde
onomwonde

Deur genade uitgewis

Monday, January 4, 2010

Maak toe

Maak toe die poorte wyd en syd!
Hou die Satan's saad daaruit!
Maak toe jou hart se kamerdeure
vir aangename onheilsgeure!

Tel op jou oë, na die Hemel
Waar engle, regmaak met gewemel
Tel op jou hande in gebed
Di's slegs genade wat jou red

Hoe verleidelik Satan's paaie
Allerhande kronkeldraaie
Laat o Heer my voet nie wankel
Laat my siel U bloed laat sprankel

Gee vir my U lewenslig
Verhelder my oë met ewigheids-sig
Laat my voete omdraai Here
My Gees homself by u begewe

Dit vra ek Here in U naam
laat u bloed my eie wil omraam
Dan sal my gees eenmaal na bowe
Geneem word na u vryspraak howe.




Friday, January 1, 2010

Briewe uit Europa


Hieronder volg die lang beloofde opvolg van my Blog aangaande my toer oorsee. Ek kon dit nie oor my hart kry om in Amsterdam 10 Euro per dag en in Parys 15 Euro per dag te betaal vir toegang tot die internet nie. Ek het twee eposse gestuur in hierdie tyd van 'n epos stasie af, en gaan dit hier pos, dit gee gedeeltes van my gedagtes weer.

* ~ * ~ *
Hello Hetsie.

Dit is vandag Saterdag aand, en dit is snikheet koud hier in Parys. Dit is 'n pragtige stad maar die vet weet, ek bibber van die koue. Dit was vandag -3 tot -1. Ek het nie geweet of ek kom en of ek gaan nie, en om alles te kroon het ek 'n bloutjie geloop met ons laaste Hotel waar ek vir ons bespreek het. Ons sukkel regtig ook met die taal. Daar is nie eers een TV kanaal waar daar Engels is nie. Dit is vreeslik vir my! Ek het vroer al vir jou 'n epos getik met die oog om dit later vir jou te stuur maar, die internet in die hotelle is so duur dat ek nou eers vir jou kan stuur. Hieronder volg 'n epos wat ek al wou stuur:

Dit is vandag dinsdag, ek ek dink baie aan jou, ek bid ook vir jou in hierdie tyd. Ek het Duitsland werklik lekker gevind, en daar is nêrens mense wat so kan bak soos hulle nie. Ons het "Marsipein" balle en sjokolade geeet en ek het dadelik aan jou gedink. En toe ek die lekkerste appeltert wat ek nog deur my twee lippe gesit het my smaakorgane betower, toe dink ek eers aan jou. Ek het vir jou 'n klein persentjie gekoop. En ek kan nie wag om hom vir jou te bring nie. :-)

Ek heg 'n gedeelte van 'n brief aan wat ek vir Ds. Wildenbees gestuur het. Dan kan jy ook sommer lees wat ons sover gedoen het en wat ek dink. Ek het ander goed op my blog ook geskryf.

Beste Johan.

Dit is vir my sover een groot belewenis hier in Europa, en ons het vandag ons eerste skof van Duitsland klaargemaak. Ek het Frankfurt werklik mooi gevind en het ook baie van die duitse kultuur geleer. Eki het ook vir die eerste keer in my lewe Gluwein gedrink. Dit is nogals iets anders, nie te erg nie. Hulle gooi glo heuning in die wyn, saam met sekere speserye. Ek het drama met my kredietkaart gehad, maar darem is dit nou uitgesorteer. Ek wou so graag vir my 'n Raclette stel koop maar het toe nie, omdat ek bang was dat die transaksie nie sou deurgaan op my kaart nie,en om alles te kroon was daar weer 'n vreemde transaksie op my kaart! Ek het 'n sms van discovery af gekry, Saterdag middag en het heeltemal benoud gesit vir die hele sondag. Ek kon darem discovery maandag oggend bel, toe ons in Berlein was. Dit is 'n pragtige eerstewêreldstad, waar selfs die bushaltes op straat elektroniese aanwysingsborde het van watter busse oppad is en wanneer 'n mens die volgende bus kan verwag. Ek het baie geleer oor die Berlynse muur en het nogal groot agting vir die pogings wat mense aangewend het om vanaf die komunistiese gedeelte van dorp te ontsnap na die ander kant toe. Dan praat die mense van apartheid, apartheid was 'n fulletjie teen wat ek gesien het. Ons was by die checkpoint charlie museum en daar het ek werklik beleef wat komunisme aan 'n mens doen. Ons het ook 'n gedeelte van die Berlynse muur gesien wat spesiaal gehou is om vir mense te wys. Dit stad is werklik mooi maar daar is 'n almalgemasie van verval en ultra moderne geboue. Ek het dit nooit verwag nie maar ek het iets soos 'n semi-plakkerskamp gesien in beide Berlyn asook in Frankfurt. Dit is baie baie klein, vervalle huisies gebou aan die kant van die treinspoor. Dit is soos klein gehuggies, maar wat goed onderhou word. By party is daar tekens dat daar speelrame en selfs baie klein swembadjies is, die meeste het tans 'n dik laag ys oor. Die hele toestand van die huisies blyk baie armoedig te wees. Bedel het ook 'n nuwe form aangeneem in Frankfurt en op Berlyn, ons is al telke male genader deur bedelaars wat vra of jy Engels praat, dan word daar 'n kaarjie in jou hand gestop, wat iets is vreeslike engels lees van dat hulle vlugtelinge is en dringend geld nodig het. By checkpoint charlie was daar selfs 'n ma met haar klein seuntjie, en die klein bliksempie het sommer self besluit wat ek vir hulle moet gee. Toe gee ek hulle amper niks. Op die strate in Berlyn sit daar mense in die bittere koue met 'n bekertjie voor hulle, die meeste van hulle het 'n hond as geselskap, seker ook om hulle warm te hou. Dit is nogal iets om te sien. Dit blyk dat armoede en verval ook maar regoor die wereld in die orde van die dag is. Ons het ook na een van die vertoonkamers gegaan van Mercedes Benz, en mensig daar het ek een van die mooiste klassieke Benz motors gesien wat ek nog in my lewe aanskou het. Ek is nie 'n Bens liefhebber nie, maar mensig ek sou glad nie vir so ou karretjie nee gese het nie. Ferrari het ook 'n vertoonlokaal langsaan. Ons is toe daarna deur die dorp en het in KaDeWa 'n winkelsentrum gebou in gegaan; So iets het ek nog nooit in my lewe beleef nie. Dit is 'n 6 verdieping gebou en op elke massiewe vloer word daar artikels en produkte verkoop wat uit die boonste rakke is, en tog is dit nie te erg duur as 'n mens die pryse vergelyk met ander plekke se pryse nie. Iets baie mooi het nou net gebeur. Langs ons op die trein is daar 'n ou britse oom en tannie, en die ou oom het vir die ou tannie 'n musiek-cd gekoop, sy het om aandagtig geluister met haar draagbare CD speler en het nounet die ou oom gegryp en hom 'n soentjie op die wang gegee en gegee en kliphard en duidelik aan hom gesê: "I love you!"
Dit was nou werklik iets mooi vir my.

Ek het al gemeld dat Duitsland sover 'n eerstewêreld land is, maar dit op-sig-self bring ook sy eie probleme voort. Die mense leef afgesny van die res van die wereld en dit is my mening dat omdat bitter min van hulle tweetalig is, hulle hulle self ook in 'n sekere mate isoleer. Die oorhoofse meerderheid is vriendelik, maar ek moet tog se dat daar onder baie van die ouer mense tog 'n tipe van 'n diep gewortelde bitterheid bespeur is. Ons reis tans deur die swartwoud, en dit is werklik mooi. Dit is mistig en koud buite, en op klein dorpies sien 'n mens hoe die rook uit die skoorstene van baie van die huisies trek. Die trein snel voort en ek sal graag wou geweet het teen watter spoed ons tans ry?

Dit is oor die 700km van Berlyn na Amsterdam en ons het nog seker so 5 ure se treinreis oor. Plek plek lê die lande onder stukke ys.

Gister tydens ons bewandeling van die res van die dorp nadat ons die hop-on-hop-off bus se toer klaar gedoen het, is ons onder andre in by een van die grootste boekwinkels waar ek nog was. Ek het nog nooit so iets gesien nie. Ses verdiepings van net boeke, en jy het meer teologiese boeke in jou een boekrak as wat hulle in die hele winkel het. Daar waS 'n boek in duits oor die bergpredikasie, en ek wou bittergraag die boek vir jou koop, maar die ding was te swaar, nie te duur nie! Dit is 'n eietydse "ver"beelding in Fotos oor die bergpredikasie, en werklik iets besonders. Vir elkeen van die sinne wat die Here in Sy preek gebruik het het hulle 'n toepaslike eietydse foto gehad. Dit bring sommer die boodskap van die Bybel en die boodskap van genade reg voor jou eie oë tuis. Dit is 'n skitterende idee vir 'n preek en ek kannie wag om vir jou daarvan te vertel nie. Herhinder my net van die geheue werk nie meer so lekker nie. Eish.

In Frankfurt was ons Hotel reg oorkand 'n oue-tehuis en ons het gewoonlik saam met senior burgers die bus bestyg. Een van hulle sal ek nooit vergeet nie. Dit was bitter koud die oggend toe uit die hotel uit geboek het om na die stasie toe te gaan vir ons rit na Berlyn. Die ou oom het Parkinsons en bewe in sy hande en in sy bene. Hy staan by die bus halte en kort-kort kan 'n mens hom hardop hoor bid. Dit was vir my emosioneel iets wat my regtig aangegryp het. Hy was bang en aleen en ek kon sien dat hy angstig is. Toe hy sy hare op die bus begin kam moes ek die trane terug hou. Dit was iets om te sien. Baie baie vrae het by ,my opgeduik; Wie is die oom? Waar is sy mense? Ek ken hom nie nou nie, maar eendag in die Hemel sal ek wel weer die oom ontmoet. Ai die broosheid van die wêreld kan niemand ontvlug nie, en is niemand werklik voor beskut nie. Die vraag is, wie gaan na ons omsien as ons oud is. Vir die oom was daar net sy Here.

Dit is groot hoofnuus is Europa oor een of ander Italianse president of iets wat 'n woervuis deur sy gesig gekry het. Sy bebloede bakkies is die hele plek se koerant vol. Mensig sal Malema se ou gesiggie so nou nie mooi nuus wees in SA nie? Hehe :-)

Ek het gou geloop om te gaan koffie koop in die een kompartement en het gesien dat die trein teen 196 km per uur ry. Dit is nogal vinnig, maar dit is glad nie so vinnig as wat ek gedink het dit gaan wees nie. Die son het vir 'n moment deur die wolke gebreek, en in die verte staan die windkragopwekkers stil. Die een kragsentrale langs die spoor lyk of dit 'n wolkefabriek is, die water wat by die kondensasietoring ontsnap maak werklik enorme wolke in die lug. Ek is so dankbaar vir die geleentheid wat ek het om so op toer te gaan. Dit is werklik iets besonders vir my, dit is ook vir my baie lekker om saam met my suster te reis. Sy is gaaf en ons lag regtig baie. Ek het haar glo gister flou geloop, sy was so kaput sy was selfs te kaput om te slaap.

Ek hoop maar sy rus vandag lekker want môre beplan ek om die Hele Amsterdam plat te loop. :-)

Ek beleef die hele Europa amper soos een groot nasie, en dit is amper asof die mense ook as een nasie leef. Ons het egter baie baie om voor dankbaar te wees in ons land. Daar is nou wel baie baie baie misdaad, en 'n mens voel asof jou eie menswees aangetas is en dat 'n mens nie waarde het in ons land as jy blank is nie. Dit is 'n ergelike feit en niemand kan ooit daarteen stry nie, (en hier kom jou uitveerwoord) maar tog het ons ope plekke met erwe en sonskyn winter en somer. Ons het vriendelike mense en lekker kos. Dinge hier is maar nou vir eenmaal net duur. Dit is seker nie duur as jy hier 'n werk het en betaal word nie maar andersins is dit maar duur. En alles werk hier, alles loop vlot wat organisasie ens betref. Die treine loop soos horlosies en die stelsels werk. Ai as ons land ook maar net so erns kan kry met sukle goed. Ek mis nog nie SA nie, maar ek mis wel so 'n bietjie sonskyn. Ek het vir my CD's gekoop met duitse koormusiek op. Ek het glad nie 'n idee hoe dit klink nie, maar glo dat dit mooi sal wees.

Dit is nou 15:55 dit lyk soos 19:00 in die somer by ons en die son skyn skerpsend deur die ruit op my oë. Ons behoort om 17:09 by die lughawe in Amsterdam aan te kom wat jaar na jaar die prys wen vir die bes georganiseerde lughawe ter wêreld, Schipol. Die trein reis verby die lowergroen landerye in nederland en dit lyk of iemand die lande met 'n kam gekam het. Dit is mooi, en skoon.

Die passasiers is ook anders, en is meestal nederlanders wat op een of ander stadium op die trein geklim het Ons ry tans verby 'n nuwe woonbuurt met huise en die boustyl staan my aan, amper soos 'n meenthuiskompleks met duplekse net waar jy kyk. Die water op die speelvlakke en op die tereine en die stroompies is gevries. Dit stuur 'n rilling deur my suster. Die son skyn egter en dit lyk nie so koud soos wat dit dalk is nie. :-) Die hele trein wemel nou van kaaskoppies en ek voel sommer tuis. Dit is wonderlik om minder donkergroenes te sien en om ook net die reis te geniet.

Karin neem fotos dat dit klap. En ek is skoon opgewonde.

Stuur groete, aan almal.
* ~ * ~ *