Posts

Showing posts from 2010

Nog 'n: "Skep 'n rekening asb."

Daars derduisende miljoene op 'n internetboek sommige met prentjies, sommige daarsonder! Daars derduisende miljoene koneksies sommige as vriende en ander as kennisse Daars dermiljoene aantekentransaksies en net so baie inskrywings meestal oor die Hier en nou Tog êrens anders is daar nog 'n boek waar die aantekening en validasie slegs eenmaal is dis die vrywillige registrasie wat aan almal: Die ware lewe ewig bied.

Gebed op die stoep

Image
Here! Ek dink te veel oor môre... Dat ek vandag skoon mis, en die gisters is heeldag by my om my drome uit te wis. Here gee tog dat vandag gister se uitveer is en môre se wetes merkbaar stel dat die toekoms in U hande is. Here Christus lewende God openbaar uself aan my en werk onomwrikbaar in my gemoed dat my gees tot U aangekleef bly. Ek wat soms in duistere gedagtes dwaal versoek, genadiglik diepafhanklik dat Here; U my gedagtes snel gevange sal neem en met U Gees sal vul, so onverganklik. Here, ek vra dit in geloofsvertoue en met dankbare vrymoedigheid Kom maak dit waar in ook my lewe en wis die Satanswerke uit! Amen

Woergedagtes in 'n woeste wrede wêreld

Image
Ek is op vleesbaai! En dit is baie baie mooi hier. Dit is die eerste keer in 'n lang tyd dat ek nie eers lus het om my woorde te probeer omsit in 'n gedig nie, want my kop se gedagtes is te deurmekaar. Die Here weet! Ek wroeg, en wonder en kry swaar. Ek is veroderstel om te rus maar die onrus in my kop oorheers alles. En ek weet nie hoe om die onrus te laat bedaar nie. Dit is erg. Hoe gaan ek daaraan uiting gee, hoe gaan ek dit verwerk? Dit weet ek weet die Vader alleen. Hy wat die pad vir Sy kinders se voete gelyk maak, Hy weet, so Here hier gaan dit, skuus as dit weer 'n kommin gedig is skuus as ek onaanneemlik probeer, Here God ek probeer ten minste, en dalk lê my fout daar..... Here mag ek vir U 'n gunsie vra? Here tog as dit aanneemlik is, wil ek in my eie mensgedaante kom aanklop nes ek is. Here mag ek vir U 'n pleidooi rig? as ek kom vra, en ek kom pleit O Gees van ouds, wat oor die water was staan my by in my angstigheid. Here dankie dat U woord wel stel U

Koebaai tyd

Image
Daar was 'n tyd..... 'n beter tyd eenmaal eens in 'n omwenteling Waar eenmaal ek in daardie tyd geliefd was as 'n enkeling Daar was 'n tyd 'n mooie tyd weggepak in mooi herhinderinge waar eenmaal ek in daardie tyd n mens was in mooie lewenskringe Daar was 'n tyd 'n lankterugtyd verweg op 'n plot waar eenmaal ek in daardie tyd ook kind was saam my God Daar was 'n tyd so mooie tyd met oorvloed liefde lag waar eenmaal ek in daardie tyd kon wonder oor 'n dag Toe kom 'n tyd 'n ander tyd wie sou dit ooit kon raai dat eenmaal ek in hierdie tyd vir daardie tyd kon sê koebaai

Geknopte gedagtes

Tyd is 'n verwronge geneesheer maar tyd genees die probleem egter is almal het net x. *~*~ *~*~ *~*~ *~*~ *~*~* Iemand maak 'n skertsende opmerking oor my inskrywings: 'Al wat jy tik is geloofgoed', niks oor die lewe nie; niks oor wat jou maak klop nie! My vriend - lees weer! *~*~ *~*~ *~*~ *~*~ *~*~* Ek wonder soms werklik of daar regtig... (ek voel te sleg om verder te tik.....) *~*~ *~*~ *~*~ *~*~ *~*~* Dankie net Here dat ek weet dat daar mense is wat lief is vir my. Al voel ek soms soos 'n padtrapfiets in 'n "offroad"-motorfietswedren.

Om die sin in die sin vir bestaan te sit.

Image
Daar is werklik soveel dinge in die lewe wat alledaags omgaan, klein dingetjies, groter dingetjies en sommer alles. Maar die een ding wat my nog altyd laat goed voel is om te gee! Vandag is my dag gemaak deur 'n skepping van die Here! Die vashou! Die wonder! en die gee! Aan dierbare lieflike mense,naby en in my hart! Daarin lê vir my van die lewe se grootste sin, en vreugdes!!!

Hope en hope dinge

Daars 'n hoop flenters in die linkerhoek en in die regterhoek stapel hartseer op In die middel 'n hoop grond waar drome begrawe lê Daar is blaaie met woorde uit my lewensboek en die omslag is weg, 'n papierdop Die ink vervaag waar trane, hartseer woorde sê Daar is hope en hope dinge met saggehuilde oë van wanhoop van gister se eergister en eerderjaar se voorjaar weg Die deur staan oop in die middelkamer waar eers die duiwel listig was sy leuenkan omgeval met bitteralg vermom as heuning Daar is hope en hope dinge met saggehuilde oë van wanhoop en bitteralsvergiftiging van gister se eergister en wat immersoet in die hede was is nou sleg Mag deur die deur in die binnerkamer waar nou die hope flenters lê en my boek se blaaie plek plek lê êrens 'n stem van liefde sê: "Maak gou!, bring klere.."

HA-HA

Die HA-HA is toe op my.. en dit maak my hartjie baie bly :-)

Maranatha Bana - So sê jy

Maranatha Bana! So sê jy? Ons wil al die kinders by die Here kry! Maranatha Bana, liewe land! Waarom is jou voorbeeld dan so astrant? Maranatha Bana! So sê jy? Verduidelik waar jy jou evangelie kry! Is jou evangelie die een van Johannes of soos die van Judas heeltemal anners? Maranatha Bana! Waar tog heen? As op elke hoek en elke steen 'n Bordjie van gesag tog hang: Spreek my aan! ek het rang! Maranatha Bana, mag ek vra: Is dit Jesuskleed wat jy daar dra? Of is jou eie titelregte, grootmond en salariskaal Dit wat jy vir die wêreld oor God se liefde straal? Maranatha Bana! Se nou net.. Dis Jesus self wat kom aanklop het Wat sou jou houding dan tog wees? Helaas dalk weer 'n.... Annaniasgees

???????

Hier was baie woorde vir getik. Maar delete. Dankie Here net! Vir alles wat ek het. Vir vriende en familie, met en sonder ore. En ander met harte van Goud!

Bobejaanprobleme

Die een probleem klim op die ander een se rug en hardloop soos dronk bobejane rond. Die een probleem het afgeval, kyk die klug, en lê pens en pootjies op die grond! Skreeuend rasend op en af, skreeu en gaan al maller lok dit nog probleme by heeltemal, altemal kens en laf, kom daar nog bobejane by waar's tog raad? hou maar verby, raak die uitkoms smaller. Die domme bobejaan se rug is seer Wat gaan hy sy probleem kinders leer? Nog 'n skreeu en nog 'n raas Wie's tog koning wies tog baas? Kom bobejane maak lawaai Daar waar die maroelas koning kraai. Nog 'n sopie lekkerny Almal kan 'n happie kry Ai, bobbejaan jou domme ding Wat gaan jy vir jou kinders sing? Eendag in jou sterwensklere Dalk voel jou kinders dan ook vere!

Videos twee gedigte

Ek het besluit om te probeer om twee van my gedigte met my webkamera op te neem en op te laai. Dit is die eerste keer dat ek so iets doen, so ek beskou dit maar as 'n toetslopie. Dalk laai ek in die toekoms meer op. Wie weet? B

Gebed vir 'n trompet

Here, hoekom sal in my hart nog trane opdam as ek na U aardse lewenskepping dink? -Ekself Here, waarom val en stamp ek willens so as ek by U fontein wil water drink? -Ek wonder Here, wanneer kan ek u berg met oorgawe bestyg as my smeekgebede soos dooie eggo's klink? -Ek pleit Here, watter dag tog in U daeraad lank reeds beplan as ek vra? Wees my naby, in my! Here help tog flink! -Ek hoop Here, en wanner die Self weer dink en die wonderfontein se water wil drink die wedergeboorte met trane pleit Gee dan aan my die hoop tog flink Dat u vir my 'n beker skink! en 'n trompet weer in die Hemel klink! Amen

Toemaar die aleen man

Toemaar die aleen man, het sy hand uitgesteek en jammer die besigman, het dit weggeklap Toemaar het toe weer probeer, met 'n ander hierdie keer en aggenee die liefdesman, het dit aggenoegsaam afgekam Dalk dink toemaar die derde keer, dalk kry toemaar nie weer seer en as-se-skuustog gaan net weg, klap ou toemaar tog maar weg Toemaar is maar weer aleen, tog soos vroër die derde been in hierdie nare tydsonwenteling iewers onder 'n sterrekring Sit toemaar die aleen man en doen sy naam gestalte.

Hier's ek weer, hier ek weer met 'n skryfding op die deur.

Ai. Dit is net lekker om op 'n Sondag oggend te kan opstaan, uit te kyk by die venster en die hoop van rëen in die lug te sien. Wat 'n fees sal 'n ou stortbui nie wees nie. Ek het lank gesit en gedink en bepeins oor wat ek vandag sal tik, of wat ek van onslae wil raak in my gedagtes. Hierdie is soos baie van julle al dalk agtergekom het my ontladingsmeganisme. En uiteindelik het ek dit. Vandag se inskrywing gaan wees oor dinge wat ek dankbaar voor is. Nou moet ek sommer al in die begin sê dat dit vir my onmoontlik gaan wees om alles hier op te skryf so ek gaan begin met mense. Mense wat 'n rol in my lewe speel en wat die omgang in my alledaagse bestaan die moeite werd maak. Om te begin en wie omn te kies om mee te begin is egter nie so maklik nie, so die beste manier dink ek is net om te begin in geen orde nie, en te tik en te laat wqaai. Eerstens is ek dankbaar om nog 'n Pa op hierdie aarde te hê, alhoewel ons nie baie in gemeen het wat belangstellings of gesprekke

Dalk ....Dink dink dink doen sê, watookal die letters is.

Dagsê aan myself. Dit is jou binneste hierdie. Jy het my afgeskeep, of so voel ek. Maar ons is so een dat die werlikheid skreeu teen die plafon. Iewers voel dit soms soos 'n hok, en 'n horlosie, om om om, 12, 1, 2, 3 weer 12, 1,2,3,4 weer en weer. Om en om. Selle ou storie. Kom ek noem hierdie sommer so 'n terapeutiese geleentheid tussen my vingers, my gedagtes, die sleutelbord en die kuberruim, en ook tog in die vreemde 'n korte konneksie met die leser van hierdie gedagtewarboel. Hoekom sal ek dit tik, hoekom sal ek alles tik? Geen mens weet nie. Op die oomblik voel ek vasgevang soos 'n hoender in 'n hok, selle meel selle geselskap selle alles oor en oor. En genade, eks nie gemotiveer nie, dit is sommer saam met die kind en die badwater by die agterdeur uit. Wat sal jy vra? Kom ek noem dit die lus. Ander mense sal dit dalk luihuid noem, dit ook. Vanoggend se erendiens by die kerk, was weer een van daardie ander geleenthede. Een waar 'n mens retrospektief e

Lentegedagtes

Wat sal ek in die lente sê? waar sonskyn lag en vreugde is en nuwe lewe bot Waarom sal ek huil? Wat sal ek in die lente dink? waar blomme groei en lewe is en winter deel van gister is Hoekom my gedagtes ruil? Wat sal ek in die lente doen? Waar lenterëens nog erens hunker om al die gisters weg te was. Hoekom, waarom vra? Here gee tog dat hierdie lente Wat vol van U belofte is êrens in my lewensdrome Iets opkom wat houbaar is.

Dit is Lente!

Daar is werlik op die oomblik nie iets waaroor ek meer goed voel as juis die feit dat dit nie meer koud is nie. Ek het gevoel dat hierdie winter vir my persoonlik nog die ergste en goorste een nog. Die ou winter wat verby is het nie net, koue in die fisieke vorm gehad vir my nie maar ook in die psigisiese ruim het ek verkluim. (Of soms het ek so gevoel) Op die oomblik voel ek goed, lyk ek beter! En is dankbaar vir soveel dinge. My beste vriend se altyd! "BE BOLD! and increddible FORCES will come to your AID" Wel 'n epos was dalk in die regte rigting! Wie weet. :-)

50% mens

Ek is 'n 50% mens met 'n 100% hart Gelet, geskaad, gesmee, geskat O, Here gee dat hierdie hart Op hierdie aardse lewenspad helfte word wat dit tans is. Ek is 'n 50% mens met 'n 100% hart gedruk, gedaan, geweef, gerat O, Here gee dat hierdie hart Op hierdie aardse lewenspad vol word met U waar dit tans is.

Refleksie

My Genade! Maar ek was nogal lanklaas hier. Daar is so baie dinge wat tans deur my ou kop gaan dat ek nie eers weet of ek dit gaan regkry om alles hier op die skerm vas te lê nie. Die afgelope paar weke was lekker vir my. Seker bloot omdat daar iets is wat ek na toe werk. Maar voor ek verder hieroor tik wil ek eers van een gedagte ontslae raak, die eintlike een hoekom ek besluit het om iets te tik op my blog. Die afgelope ruk was ek maar net weer van een ding weer sterk oortuig. Geen mens is imuun (hoop dis reg gespel) en bestand teen diefstal nie. Maark nou nie saak hoe hard 'n mens probeer nie, jy kan die beste sekeriteitsstelsels hê, die beste versekering maar dat 'n dief jou wel gaanterf is 'n gewewe. Roof het nie 'n velkleur nie nog het dit ook nie welstandsweestand nie, nee dit los geen mens op aarde nie. Net nou die dag vertel een van my beste vriende my dat een van sy kollegas beroof is sommer van baie geld, in die opelug. "Hulle moes hom dopgehou het sê hy

Kringskade

Die selfmoord in die buitekring het 'n merk gelaat en deurgedring tot in my diepste wese! Die tyding was so ongevraag en die gedagte het my uitgedaag wat doen jy nou na dese? Die lewe se kortstondigheid En daarna God se ewigheid ontnugter stelle vrese In 'n warboel denkgedagtes ' n sielegees lys van klagtes stadig statig afgelese Here Red tog hierdie mens en dring deur elke satansgrens Om met elke genadeasemteug my in my Skepper te verheug!

Brief aan 'n vriendin.

Hello Vriendin Ek hoop dat dit goed gaan met jou en sommer ook met julle almal. Ek sit nou hier in my ou kantoortjie vroeg op hierdie sondagmôre en wonder straks na die lewe. Ek is nie soos ek moet wees nie en voel ook nie soos ek moet nie. Ek verlang na 2004! - sjoe dit was een van my beste jare nog. ek weet dit was nie een van joune nie, maar ek het so baie bereik daardie jaar. Dit voel of my blus uit is, en ek vasgevang sit in 'n bose kringloop van twywel, neerslagtigheid en sommer ook hande en hande vol hartseer. Vanoggend gaan ek kerk toe, om voorsang te sing, en vir die eerste keer in 'n lang tyd, of kom ek wil amper sê vir die eerste keer wil ek nie eers gaan nie. Hier is 'n gediggie wat ek sommer skryf: Dit omvat hoe ek tans voel Gebed op 'n sondag Verwornge, donker lewenspaaie selfgekose godsverlatenheid. Diep-gemergelde sondelaaie seergehuilde bitterheid Bring 'n beeld vir my na vore geskilder met klank en hemelkore Dat ek ook eenmaal Here weer U

Hande

Vandag mis ek verkrenkte hande Wat uitstrek na die horison Om my ou hand te trek al nader vanwaar my eie redding kom Vandag mis ek die oue hande wat maklik, eerlik waardig is Om 'n arm om my nek te sit En saam op kniee, my God te bid Vandag droom ek van oue hande Wat eens, so waar as waarlik was My aangeraak het o so sag Vir my gebid het dag na dag Vandag mis ek die ware wete Dat ek met al my krenklikheid Ook kan gaan na oue hande van sondewegvergetenheid!

Sending sê jy vir my? Sending?

Is dit hoe sending tog moet wees? Die werking van die Heilge gees? In baie Rande saamgevat geboek, gebind gepreek gerat! In baie kamers saamgebring en plek, plek in 'n kleine kring word waarheid oor en weer vertel gesnik, getraan, getroos. Is dit dalk sending? Durf ek vra? As organogramme alles dra Waar, dit en dat die wyse is gedoen, gedaan, laat staan! In hierdie grote samekoms Gedenk tog aan die wederkoms En eenmaal weer tevore Gesëen, gered, nie meer verlore! Mag Here weer U Naam Ons dreng na u tesaam Waar U as meester Here is Gedink, gedaan, en ongedwonge Uitgestryk, en onverwronge! Is dit die werking van die Heilge Gees Is dit hoe sending tog moet wees? O Here neem ons harte saam, en gee vir ons een skopus: U Almagsgenadenaam! Ongedwonge Onbeskaam!

Hokke hokaai asseblief

Dit is 'n hok hierdie, met vier mure en 'n venster 'n Venster wat na die wêreld staar, en buite gaan die lewe voort en binne is daar dood Dit is 'n hok hierdie met tande wat 'n tong raak kners En erens hang die doodskleur pers Waar kinders oor die gras baljaar het pa sy eerste drankie klaar Dit is 'n hok hierdie waar haat en afguns welig teer Op almal wat in die donker tas En leuens glo, wat hul gedagtes pas Hierdie hok het dood Hierdie hok het dood en buite gaan die lewe voort Die asem worstel my longe in om my gedagtes krag te gee krag te gee vir nog 'n tree Ek haat my lewenshokke en buite lui die almanskerkklokke Laat ek ook sleepvoet nader gaan en voor die Heer se troom gaan staan Kyrie Eleison

Orals oor

Die wêreld is 'n siek siek plek, met kieme orals oor. En in hierdie dooie donker sieke plek het ek my siel verloor. Die wêreld is 'n naarmaakplek met braaksel regs en links En êrens in die massas plasse het ek my merk gelaat. Nog 'n sluk, en nog 'n glasie Erge sielle heilspurgasie Donker iewers onderin Borrel dooie teer, wat opbruis keer op keer. En snaaks, as ek na asem sluk en weer my hart na die Hemel druk kom daar lig van bowe Soos God my belowe. Net om eenmaal erg eens weer my hart se siellekamer te purgeer. Help tog Here ryk tog uit Dat ek U hand met mag kan gryp weer die dag van môre En eenmaal weer my siel sal roep Uit dieptes gans verlore Van redding hier vandaan.

Die wêreld draai

Die wêreld draai om hoe jy lyk En hoe die ander na jou kyk Die wêreld draai om wat jy het Dis wat die ander op na let Die Hemel draai om wat jy leef En of jy ander ook vergeef Die Hemel draai om wat jy maak Vir Christus koninkryk Sy saak O Here gee my ander oë om so te leef diep neergeboë Dat my hart ewig opwaarts druk U die bron van my geluk

As my hart kon

As my hart kon vrylaat, wat binne in hom opgedamp is sou dit dalk beter wees As ek vir die wêreld kon skreeu daar waar dit donker is sou dit dalk beter wees Beter wees vir my, en beter vir my siel O Here, gee ontvlugting En bring vir my, daar waar my trane opgedamp in my wange sit 'n Sakdoek net vir my As my oë kon uitspeel die donker rillers van my hart sou dit dalk beter wees As my mond kon roep, en my hande smeek om hulp sou dit dalk beter wees Beter wees vir my, en beter vir my siel O Here gee ontlading En bring vir my 'n spoegsel grond Sodat my hart se droë krake mag heel word, maak gesond! As my trane in letters kon verander, en die druppels val as rou sou dit dalk beter wees As u trane Here dalk oor my, my diep selfsugtigheid kon deurnat sou dit dalk beter wees Beter wees vir my en beter vir my siel My Here gee tog vrede En skenk aan my gemoed Gewilligheid o Here, om uit te strek na bloed Bloed gestort vir my!

Doen dit Jonge man!

Skeur 'n bladsy uit jou Bybel jonge man Skeur 'n bladsy uit so vinnig as jy kan Nog 'n skopus, nog 'n deel Heer my sonde raak te veel Skeur 'n bladsy uit jou Bybel jonge man! Skeur 'n bladsy uit jou Bybel jonge man Die duidwel seg jou duid'lik ja jy kan Nog 'n Tittel nog 'n Jota Here skryf dit op 'n nota Lees 'n bladsy uit jou Bybel jonge man Lees 'n bladsy, vra die Gees ja wel jy kan Nog gebede, nog gekla Nog 'n smeking Here, Ja! Lees 'n bladsy uit jou Bybel jonge man Bid 'n bladsy uit jou Bybel jonge man Bid 'n bladsy so hard as wat jy kan Vra die Here om genade en 'n oor aan hierdie aarde Bid 'n bladsy uit jou Bybel jonge man Glo elk bladsy in jou Bybel jonge man Glo elk bladsy met alles wat jy kan Glo eg aan Gods genade En vergifnis vir jou dade Glo elk bladsy in jou Bybel jonge man

Roep my siel jou stem na bowe

Roep my siel Jou stem na bowe Roep my siel na wat U belowe: Dit damp op Here Dit word vol Dit damp op Here Groot swart kol Dit maak seer Here Dit maak naar Dit maak seer Here Wees tog daar Help tog Here Help tog Gees Gee Genade tog meer Vrees Reik U hand uit Vader Strek U arm nader Na die donker put Hier waar ek in godsverlorenheid in my eie groot plas trane sit

Kleinkasjoernaal

Opgeskeurde lewensblaaie inkverlorenheid Dofgekneusde oogwinkkiekies wis dit alles uit! Soveel data nog 'n datum soveel sonde ingebonde Heer, o Gees maak weer 'n draai Kom krap deur ieder hoek en laai Kom wis tog al die onheil uit Wat lewenslus so welig buit! Soveel data nog 'n datum soveel sonde onomwonde Deur genade uitgewis

Maak toe

Maak toe die poorte wyd en syd! Hou die Satan's saad daaruit! Maak toe jou hart se kamerdeure vir aangename onheilsgeure! Tel op jou oë, na die Hemel Waar engle, regmaak met gewemel Tel op jou hande in gebed Di's slegs genade wat jou red Hoe verleidelik Satan's paaie Allerhande kronkeldraaie Laat o Heer my voet nie wankel Laat my siel U bloed laat sprankel Gee vir my U lewenslig Verhelder my oë met ewigheids-sig Laat my voete omdraai Here My Gees homself by u begewe Dit vra ek Here in U naam laat u bloed my eie wil omraam Dan sal my gees eenmaal na bowe Geneem word na u vryspraak howe.

Briewe uit Europa

Image
Hieronder volg die lang beloofde opvolg van my Blog aangaande my toer oorsee. Ek kon dit nie oor my hart kry om in Amsterdam 10 Euro per dag en in Parys 15 Euro per dag te betaal vir toegang tot die internet nie. Ek het twee eposse gestuur in hierdie tyd van 'n epos stasie af, en gaan dit hier pos, dit gee gedeeltes van my gedagtes weer. * ~ * ~ * Hello Hetsie. Dit is vandag Saterdag aand, en dit is snikheet koud hier in Parys. Dit is 'n pragtige stad maar die vet weet, ek bibber van die koue. Dit was vandag -3 tot -1. Ek het nie geweet of ek kom en of ek gaan nie, en om alles te kroon het ek 'n bloutjie geloop met ons laaste Hotel waar ek vir ons bespreek het. Ons sukkel regtig ook met die taal. Daar is nie eers een TV kanaal waar daar Engels is nie. Dit is vreeslik vir my! Ek het vroer al vir jou 'n epos getik met die oog om dit later vir jou te stuur maar, die internet in die hotelle is so duur dat ek nou eers vir jou kan stuur. Hieronder volg 'n epos wat ek