Total Pageviews

Sunday, December 13, 2009

Oppad na Berlyn, met 'n kredietkaartpyn. Genade tog!

Dag twee in Frankfurt. Vandag moet ek uit die staanspoor 'n lekker dag! Die ontbyt by die hotel was heel lekker, glad nie die tipes ontbyte wat ons in SA by die Holiday Inn kry nie. Ons het lekker gesmul aan roomkaas, en 'n magdom verskeidenheid brode. Mensig die Duitsers is bobaas bakkers, en is geplaas op die wêreld om te bak en te brou. Ons het die verskeidenheid broodsmere geniet, van sjokolade tot en met die lekkerste vrugtekonfyt en heuning. Na ontbyt is ons met die bus na die hooftreinstasie om op 'n Hop-on-hop off busse te ry. Dit was soos gewoonlik baie leersaam, en 'n mens doen sommer nuwe insigte oop. Wie het geweet dat Frankfurt eintlik Europa se finansiële hoofstad is, met een van die grootste "bank-digthede" met meer as 400 hoofkantore van banke wêreldwyd. Ons het ook geleer van hoe erg die tweede wereld oorlog werklik was, en dat meer as 90% van die stad amper heeltemal verwoes was tydens die oorlog. Die Main revier is werklik mooi, en die blaarlose bome langs die wandelpaaie is iets besonders om te aanskou. Die bome lyk almal soos kunswerke met lote wat soos borselkoppe staan, sonder 'n enkele blaar aan.
Ek is amper lus om gister se woorde terug te trek van my indrukke oor hoe gaaf die Duitsers is. Dit het alles begin met die aankoop van 'n lekker wat lyk soos 'n sweety-pie. Ek het die dierbare tannie gewys dat ek een soek, en toe slaan die beroerte haar. Sy begin op my skreeu soos 'n maer vark en wys my na die bordjie in haar hogere-duits dat 'n mens nie na die sweets moet wys nie, dalk is sy bang sy kry varkgriep. Ek wou in ieder geval die een gehad het wat ek na gewys het. As die dierbare bordjie in engels was sou dit beter gewees het. Sjaaim, om te dink sy staan haar hele dag agter 'n klomp sweets om kort kort van dit te verkoop en dan en wan op 'n klient te gil, wat 'n mooi en besonderse lewensbestaan. Wat is fout met 'n bordjie wat lees: "Please dont touch"? Die meeste duitsers op straat is Engels gestremd, veral die ouer geslag. Dit maak hulle nie noodwendig onbeskof nie maar veral lomp, en laat 'n mens voel asof hulle nie 'n duit omgee vir 'n vreemde nie. Ek glo nie dit sal die land baie skade doen om aanwysings en tekens tweetalig aan te bring nie, selfs al is die engels ook baie klein.
By die kersmark het ons geskenke gekoop aan mense en ook Gluwein gedrink. Dit was nogals baie lekker, iets anders. Ek het 'n kardoesie rissie-gegeurde neute gekoop en opgeeet. (So gedink aan oom Karin het 'n pakkie gemmerkoekkies wat 'n harde stroop om het gekoop en geeet. Om die badkamer te gebruik het ons gaan koffie drink in 'n klein restaurantjie wat soet pasta maak vir nageregte. Dit lyk "grouse" en aaklik om te sien wat hulle daarmee maak, soet spaghetti kan net nie in my kop werk nie. Deur die kersmark se stap is ons toe aan by 'n boekwinkel wat Duitse boeke en CD's verkoop, amper soos 'n CNA of selfs 'n Incredible books, en ek besluit om twee duitse mannekoormusiek CD's te koop en een ander duitse kers CD. By die betaalslag wou ek my kredietkaar gebruik en voila, daar werk hy nie. Verkeerde code of so iets! Dit bring klaar my nerwe tot op kook! Ek betaal toe maar kontant virt die drie ou CD's net om die heeltyd in my agterkop te wonder hoekom die kredietkaart nie werk nie. Ons is toe daarna na frankfurt se nuwe besigheidsgedeelte van die middestad. In die middestad het ons in 'n 7 verdieping winkelkompleks gaan rondloop, amper so iets soos MACY's in Amerika, of 'n groot vermenging van 'n Boardmans, 'n Edgards, 'n Woolworths foods en 'n Spar. Die sentrum was nogal iets om te beleef. Ek het nog nooit so baie mense in een winkel gesien nie, en ek en Karin het sommer amper met oop monde rondgeloop en brommers vang om te sien hoe duur van die kledingstukke is, sommer 89Euro vir 'n gewone dames bloes, en 125 Euro vir 'n demin. Ek weet nie of dit is omdat ons in die "ryk" gedeelte van die dorp rondgeloop het nie maar, dit is opmerklik om te sien hoeveel "amper" almal met ontwerpers klere rondloop. Van die jonges met 'n babamooi velle (omdat die son hier net so skaars is soos koeksisters) en die meisies met hulle ontwerpers baadjies en skoene. Branding en wat jy dra blyk om baie te tel vir die jeug, in Frankfurt. Op een van die vloere sien ek toe iets wat ek baie baie baie graag wou he, iets wat ek vir myself gese het ek vir my sal koop as ek een sien.. daar staan hy toe.... 'n Raclette stel vir 99 Euro, en die woede en teleurstelling oor my kredietkaart wemel sommer toe by my op, ek laat die stel weeg, en sien dat hy 3.8 kg is, nie te erg nie en sou hom sommer binne in my tas laai om oor te laat vlieg. So terloops my nuwe tas se slot was reeds gebreek toe ons hom hier in frankfurt kry. My gemoed is sommer regtig binne in my skoene, met die raclette episode. Iets anders wat ek baie graag sou wou koop is die mooiste vleklose staal lepels wat 'n mens kan gebruik om 'n voorgereg in te bedien, hulle steele is gekrul en dan plaas 'n mens 'n klein voorgereg daarin, dit was so mooi en so funky, maar nou kan ek dit nie koop nie, my kredietkaart werk nie. En om alles te kroon is daar twee transaksies op my kaart wat wys deur die sms stelsel wat nie reg is nie. Die een lyk soos een van die bedrog transaksies wat iemand in Amerika gedoen het wat discovery gekanseleer het en Visa nou weer opgesit het. Dit is vandag Sondag en vandag gaan ons na Berlyn met die sneltrein. Dit is iets waarna ek vreeslik uitsien. En maandag sal ek Discovery bel om die kredietkaart uit te sorteer, dit is net jammer dat ek 'n persoon is wat my iets vreeslik aantrek. Dit is nou 5uur die oggend hier in ons Hotelkamer in Frankfurt. Ek het die stad sover en die meeste duitsers baie aangenaam gevind, dit is net erg dat daar bitter min tweetalige aanwysings is. Die moltreinstelsel se aanwysings veral met die rigting van die trein, is nie so maklik as wat dit bv in Engeland is nie. Selfs die Amerikaanse stelsel in Atlanta was maklik. Dit is nou 5:10 en pik giet donker, en die straatlampe en parkeerlampe gloei, By die venster buite, moet ek twee keer kyk om te sien dat dit sneeu, ek roep dadelik vir Karin. Die vlokkies val soos veredonsies uit die lug! Dit is die eerste keer in my lewe dat ek regte sneeu sien. Sjoe wat 'n vooreg. Maar dit sneeu te min om die grond te bedek, ek dit blyk ook dalk kapok te wees, asof ek nou tussen sneeu en kapok kan onderskei. :-). Omdat ons nie duits kan lees of verstaan nie, het ons gisteraand nie gesien dat ons bus met die regte nommer nie die volle roete ry nie, en toe die bus by die laaste halte stilhou begin die drywer op ons te skreeu in Duits, dit was nogal erg, ons loop toe die laaste drie blokke of so terug na ons Hotel toe! Gelukkig was dit nie te moeilik nie. So vandag is 'n nuwe dag, met nuwe dinge en nuwe uitdagings. Sneltrein hier kom ons. Ek is skoon opgewonde daaroor. So dit is dit vir vandag, more oggend pos ek weer.

Saturday, December 12, 2009

Van Johannesfurt fort na Frankfurt, Karen en Bertie. Agh..tung!!

En daar gaan ons toe. Ek en my suster Mev Fourie vaar toe op donderdag die 10de Desember uit vanaf sonnige SA,
na die koue Europa. Ons eie beplande toer van Duitsland, Nederland en Frankryk het met 'n goeie voet begin, met ons vlug
op die Qatar'se lugdiens. Dit is 'n 5ster lugdiens met die beste Ekonomiese klas kajuit in die wêreld. Ons oorklim op Doha was een van die vinnigste nog! Binne 20 minute was ons uit die een vliegtuig reg binne in die ander een. Hulle diens aan boord is glad nie sleg nie, maar ek moet dit tog ook sê dat ons eie SAA glad nie terugstaan as dit by die diens in die kajuit kom nie.Ek kan nou nog vir Claudia sien loop deur die gange van die kajuit op my SAA vlug van IAD na JNB en, die waterbotteljies nie. Qatar loop baie minder rond met water en koeldrank in die donker ure van die kajuit. Die ontbyt op die een vlug van Doha na Frankfurt was iets om te beleef, dit was die lekkerste ontbyt op 'n vlug wat ek nog gehad het. My lyf begin nou al die lekker eet lelik wys, ai dit is 'n swaar ding vir my, ek sal iets moet doen, maar daaroor gaan ek my eers bekommer in die nuwe jaar. Ek weet darem dat ek nie die enigste persoon is met daardie probleem nie.
Met ons wag vir die vliegtuig vanaf Kaapstad om by Johannesburg na Doha te vlieg het ons 'n vrou ontmoet wat ook met 'n Duitser getroud was, sy was baie vriendelik en het ons gewaarsku dat baie duitsers maar nors voorkom maar nie eintlik in hulle geaardheid nors is nie. Haar stelling was konstant sover verkeerd bewys. Amper al die Duitsers waarmee ons gesels het was baie vriendelik gewees; van die busbestuurders, die mense op die treinstasie om ons te help op die regte moltreine, die hotelpersoneel asook die pragtige jong dolla wat ons verkeerd gehelp het na de ondergrondse parkade instede van die ondergrondse moltrein. :-)
Die hotel waarin ons bly is ook baie mooi. Die hotel is so 2.1 km van die groot hoof treinstasie af in die dorp. Die publieke vervoerstelsel is soos enige eerstewereld land, prima! Die rigtings van die moltreine by die ondergrondse haltes is egter 'n probleem, die rigting van die moltrein op die platform word nie mooi aangedui nie. So ek moet nog elke keer die regte rigting van die moltrein aanvra.
Gisteraand was ons na een van die kersmarkte in die Romer gedeelte van die dorp, wat 'n belewenis was dit nie, van gebraaide en versuikerde neute, tot marzipein lekkers. (Ai! Waar is mev HGE nou! [dink aan jou!]) Kersfees in duitsland word Weinacht genoem en dit is 'n groot famielie geleentheid in Duitsland! Orals loop ouers met hulle klein kinders rond en kan 'n mens die verwondering op die kinders se gesigte sien. Die Gluwein stalletjies is vol mense, en vir die eerste keer in 'n baie baie lng tyd in my lewe het ek gesien dat mense weer sop uit 'n sop kommetjie drink. Wat 'n gesig! Vandag is ons beplaning om op die rooibustoer deur die dorp te gaan en op en af te "hop". Die son sal seker so 10uur die oggend opkom.

Tuesday, December 8, 2009

Ai tog!

Ek weet nie regtig hoe om hierdie pos te begin nie! Maar dat my gedagtes en my denke en my emosies in 'n tuimeldroër is, is verseker.

Ek en my suster, Mev 'Ph'ourie gaan eerskomende donderdag aand op 'n toer na Europa, ek is opgewonde, maar ek is nog nie so opgewonde soos wat ek graag wil wees nie.

Daar is soveel dinge wat in my kop rondwaal en dwarrel, dit maak my sommer morbied. Dit is so 'n groot geleentheid! En tog weet ek dat ek, dit van harte gaan geniet as ek eers daar is, maar hoekom ek nog nie so opgewonde is daaroor soos ek graag wou wees nie, weet ek nie!!!!

Ek moet soveel draaie nog ry en dinge doen, dat ek skoon naar voel. Die semester wat verby is was vir my een van die ergstes ooit. Die aanpassing op Soshanguve was vir my net een te veel en met rukke het ek gevoel dat ek my kop in 'n emmer wil sit en skree, tot ek nie meer kan nie. Daarna kom lê 'n mens in die aand by die huis net oim opnuut te besef hoe dankbaar 'n mens maar eintlik moet wees om 'n goeie betrekking te kan beklee al is dit in minder ideale omstandighede.

My broer se kinders verjaar vandag, die een is sy eie kind en die ander is een wat hulle grootmaak! Ek raak sommer bewoë, en hartseer as ek aan die omstandighede van die een dink. Dit wil 'n mens sommer laat kwaad word, en dinge se en doen wat glad nie pas nie, en dan kom die skokgolf weer by 'n mens op dat 'n mens dan nie is en optree soos 'n mens moet nie.

Ek moet 'n verslagbrief vir die Departement van onderwys ook skryf, en om eerlik te wees het ek my lus daarvoor verloor. Ek het eenkeer my hart en siel in 'n aanbieding gesit, net om na die tyd on-verskoning te vra vir presies hoe ek voel, en waarby my passie lê. Ek gaan eerlik wees as ek stel dat ek voel dat die hele papier oefening, baie krag en inspanning gaan gebruik, en op die ou einde van die dag, was dit maar net nog 'n papier oefening vir een of ander lêer êrens. Sug! Maar ek het belowe dat ek dit sal doen, en ek sal.

Van die beste nuus wat ek kon kry is dat Andre Rieu na SA toe kom aanstaande jaar in April! Wat 'n belewenis gaan dit nie wees nie, en ons as 'n klomp vriende kan nie wag om te bespreek nie, die kaartjie verkope maak eers môre oop. Ek wonder wat die kaartjies gaan kos....... eish. Maar dit is een lewenservaring wat ek nie sal wil misloop nie. :-)

Ek kannie wag om te sien wat Tannie Helen (my stiefma) gaan doen as ek vir haar vir kersfees so 'n kaartjie gaan gee nie. Sy is soos ek 'n GROOT Andre Rieu aanhanger! Wat die man vir die musiekwêreld is finominaal!

Ek voel sommer al klaar beter nou dat ek iets getik het..... om te blog het regtig terapeutiese waarde!

Man, ek is sommer opgewonde, en die lewe is 'n lied!

Sing Albertus Abraham Kruger Buitendag! Sing!

Friday, December 4, 2009

'n Dankbaarheids-inskrywing


Wat vriende en kennisse betref, het ek as mens werklik baie om voor dankbaar te wees.

En met hierdie pos wil ek vandag oor so 'n merkwaardige mens skryf. Uit die staanspoor sal dit werklik nie gestalte doen aan die persoon as ek ook nie iets skryf oor sy familie en sy eggenoot nie, maar die aard van die pos, gaan nie oor die beskrywing van die mens as persoon aangaande sy verhouding met ander nie, dit kom van nature! Die pos gaan eerder oor die diepe innerlike mens en vaderlike-leermeester outoriteits posisie wat die persoon in my lewe het.

Dit is amper iets soos 'n Paulus en Timoteus vriendskaps waarderingsband, en op die oogaf sal die mense wat al êrens 'n lesing oor ware vriendskap gekry het, beter weet wat ek met hierdie sinsnede bedoel.

Ek sien die persoon konstant met 'n lig in sy oë, soms is dit 'n lig van trane, 'n lig van vreugde, maar meerendeels 'n lig van liefde vir sy Skepper asook sy medemens.
Die hulpkrete van sy medegelowiges en kort-ongelowige medemens val nie op dowe ore nie!

Hierdie persoon wys gedurig aan my wat dit is om: geduldig te wees, vriendelik op te tree, nie afgunstig of grootpraterig te wees nie en is glad nie, verwaand nie. Meer as alles leer ek by hom 'n vreugde oor die waarheid, die waarheid wat alle verstand te bowe gaan, en enige sonde bedek.

Daar het sedert ek die persoon ken, nog nie 'n dag verby gegaan dat ek hom nie met sy Bybel oop gesien het nie. En sy kennis van die Skrif is vir my en ek is seker ook ander 'n aanmoedigning om ook verder te verdiep. Hy leef dit, getuig dit en dra dit in sy hart rond, soos die drie klippies in sy baadjie of broeksak.

Hy het my geleer om te lag oor die alledaagse dinge; die klein affêretjies, en meggêftertjies in ons bestaan, en om ook soms met humor na die lewe terug te kyk. Sy skeppende kreatiwiteit, gaan ver verby kontras houtsneewerk, skryf, lesing-aanbieding, kortafstand-handgeweerskiet, woordsketse, en die maak van harpuis haarsproei.

Sy kreatiwiteit het in gehoorsaamheid 'n walviskyk beweging begin! En wat 'n beweging is dit nie! Amper soos 'n motor bestuurskool, wat jou leer om vroegtydig te reageer op die aankomende verkeer en padtekens, met een doel voor oë, om die regte bestemming te bereik! Soms ook om van die snelweg af te klim en in die teenoorgestelde rigting op die provinsiale pad te ry. Jaarliks leer duisende mense van walviskyk, en verander hulle motorbestuur tegnieke, om met afwagting te ry na die bestemming van die walvis.

Dankie Here dat ek so 'n persoon kan ken, en meer as dit, dat ek hom my vriend mag noem.